Saturday, May 26, 2012

Daars 'n skiereiland in die hooimied!

M-a-g-i-s-t-r-a-a-t-s-k-a-n-t-o-r-e ! Dis wat my Oumie sou gese het as sy hier was vandag!

En ek het gedink gister se landskappe was pragtig! Vandag sien ons die een mooiste ding op die ander. Aanhoudend! Ons ry van Lincoln City noord langs die Oregon weskus tot by Astoria.


Die rooi roset is 'Rand McNally' (die uitgewers van die kaartboek) se manier om te se die kus is iets besonders!

Baie dankie vir die mense wat gereageer het op die raaisel. Julle is baie slim. Vir die wat gister se pos gemis het: Ons het in 'n restaurant in Newport geeet en die volgende inskrywing teen die muur gesien:Yisdersomenimororsisasisdenderisorsis?! Ek het gese die een wat vir my eerste kan se wat presies daar staan, sal 'n geskenk van Amerika af kry. Vir party antwoorde het ek lekker gelag en die res was reg of sommiges amper reg. Die regte antwoord is: Why is there so many more horses asses than there is horses?! Die een wat die vinnigste die regte antwoord terug laat weet het, was my sussie Elna Horn, met Tannie Jean van Zyl tweede en my ander sussie Christa Schreuder in 'n kortkop derde plek. Ek sal vir al drie van julle iets bring! Baie geluk. Julle is slimmer as wat ons in die restaurant was. Ons moes die kelner vra vir leidrade.

Vandag was ons by die Three Capes. Dis drie pragtige skiereilandjies lands die weskus van Oregon tussen Pacific City en Tillamook. Mens ry op 'n kleiner paadjie wes van die 101 Noord en sien die mooiste goed. Ek het ook vandag baie voels gesien wat ek nog nooit gesien het nie, soos die Acorn Woodpecker en die hummingbird. Ons sien ook baie seevoels. Ons soek nog die Puffin. Die 'hummingbird' is van die kleinste voeltjies wat mens kry en hy gaan sit nooit nerens nie, maar hang voor die blom en klap sy vlerkies so vinnig dat dit soos 'n waaiertjie lyk. Hy is blou kleurig.

Hierdie is die Acorn Woodpecker. Pragtig!


Ek was net na 05:00 wakker en het twee grys ryers in die water voor ons kamervenster gesien. Toe ek die skuifdeur probeer oopstoot om 'n foto te neem, het hulle gevlieg. Maar die oggendstont was steeds blou-goud in die mond.


Ons ry vanaf Lincoln City noord en die eerste strand waar ons stop is Cape Kiwanda. Ek en my ma stap teen die strand af terwyl my pa die motor omvat en ons by die hoofstrand kry. Dis pragtig hier. Omtrent al die strande het sulke groot klippe wat uit die water verrys. Hulle noem dit 'haystacks'. Hier is my ma tussen 'n stompe-monument wat iemand gebou het. Dit lyk soos 'survivor'.


Die haystack by Pacific City. Dit is die enigste strand waar die platboom skuite (hulle praat van die dory fleet) maklik op die sand kan uitkom en opgelaai word na hul visvangs-eksidisie. Daar is ook baie surfers, swemmers, stappers en sandduin-klimmers. Daar is 'n baie hoe duin wat mense gebruik om af te gly en om die uitsigte van bo af te gaan bewonder.


Die sandduin.


Van halfpad teen die sandduin af geneem.



Die Earl Grey tee by die klein restaurantjie oor die straat was baie besonders. Dis 'n sterker Earl Grey wat nog meer met Bergamot gegeur is as die wat ons ken.

Anna-Louise! Ons was baie trots op jou dorp vandag en baie verras om Clanwillian Rooibos tee hier te kry. Hulle drink dit met heuning en suurlemoen.


Interessante fietsrak buite die koffiewinkeltjie.


Cape Lookout State Park. Kyk die baie kleure en skakerings van groen! Dit is pragtig! Ek en my Pa stap 'n baie ver end om uitsigte oor die see te kry. Ons sien baie voels.


Die 'lookout' (een van baie) van die state park!


Die seevoel by Oceanside het presies in die foto ingevlieg asof hy geroep is!


Hierdie boom is besonders! Hulle noem dit die Octopus Boom. Dit staan by Cape Meares.


Die uitsig vanaf Cape Meares. Hulle noem die klippe regs in die see die three archers.



Ons eet vanmiddag by die Rondevouz Restaurant in Tillamook.


Die grootste attraksie in Tillamook is die kaasfabriek. Dit is ongelooflik. Ons gaan op 'n toer deur die fabriek. Hulle maak net Chedder kaas en daar is baie verskillende geure ook (peper, knoffel en ander). Die fabriek lewer 167 000 pond se kaas per dag en 78 000 000 pond kaas per jaar!! Hulle lewer reg oor die wereld. Hulle maak ook roomys en ander melk produkte. Ons sien orals beesplase langs die pad wat die kaasfabriek van melk voorsien.




Kyk al die verskillende soorte roomys! Ek het Grandma's Cookie dough probeer.


Herken julle die koei en die plaasjapie?


Ek en my ma in die Tillamook Kaasfabriek se afleweringswaentjie.
Kaas vir iemand?


Astoria is 'n baie mooi dorp met pragtige ou huise. Dit lyk soos San Francisco (se die boeke). Hierdie is die brug wat Astoria verbind met Washington State oor die magtige Columbia Rivier. Die pienk blomme in die voorgrond is nog van die Rhodadendrons wat hier so vollop is. Die brug is die Astoria-Megler brug en is meer as 6,5 km lank. Dit is reeds in 1962 gebou en word tans geverf. Daar word geen voetgangers op die brug toegelaat nie, maar fietse wel. Dit is behalwe die een keer per jaar in die somer wat hulle 'n 'bridge walk' het en die brug gesluit word vir voertuie so lank as wat die stap aan die gang is.



Toe ek vanaand stort en my hare was geniet ek die hotel shampoo baie. Dis goeie shampoo en nie soos die onskuimbare gemorsies wat ons in China in die gastehuise gekry het op die fietstoer nie. Net toe ek wonder wat Amerika anders doen om goeie shampoo in hul hotelle te sit, lees ek agter op die pakkie: Made in China! Nou vra ek vir julle met trane in my oe! Dis seker die water wat die verskil maak.

Ons het ver gestap vandag. Ek het meer as 16 km op die klok gesit. Maar ons moes stap om al die mooi te kan sien en bewonder.



No comments:

Post a Comment