Sunday, May 27, 2012

Disappointment, destruction, deception...

Vandag is anders...

Anti-depressante is onlangs eers uitgevind in Amerika, want toe die ontdekkers in die vroee 18de en 19de eeu hierdie deel ontdek en benoem het, was die gemoedere maar laag. Ons sien die mooiste plekke met die lelikste name denkbaar!

Ons eerste stop vanoggend is by Cape Disappointment. Die arme plek. Sal nooit weer nie 'n teleurstelling wees nie. Dis aan die noordelike oewer van die uitmonding van die groot Columbia Rivier in die Stille Oseaan. Dis ongelooflik mooi, maar vir Mnr Meares was dit 'n groot teleurstelling, want hy en sy ekspidisie het 'n noordelike waterweg gesoek om van die Stille Oseaan direk in die Atlantiese Oseaan te kom sonder om onder om Suid-Amerika te vaar. Hy het kuslangs gehou en gesien dat die Columbia rivier nie diep genoeg was vir 'n groot boot nie. Dit was vir hulle 'n massiewe teleurstelling en net daar noem hy die mooiste plek denkbaar: Cape Disappointment.

Die Columbia Black Tail Dear. Ons sien hom sommer vroegoggend wei net buite die dorp.


Die museum wat ons besoek het.


Cape Disappointment!



Ons kyk 'n 16 minute video by die museum. Dis ongelooflik om te sien deur watse wedervaringe die ondekkingsreisigers gegaan het. Die video gaan veral oor Lewis en Clark se tog vanaf 1803 - 1805 toe President Jefferson hulle gestuur het om die land na die weste te gaan verken en inligting, kaarte en voorbeelde saam te bring. Jefferson het self 'n paar verkenningsveldtogte gedoen, maar toe hy president word wou hulle nie vir hom 3 jaar verlof gee nie. Toe stuur hy ander mense. Hierdie manne het eers met groot bote gevaar tot waar hulle nie meer kon nie en het toe bome gevel en kano's gemaak wat 5 man elk kon vat. Daar was 5 kano's. Daarmee is hulle die wildernis in. Hulle het perde en kos by die indiane gekoop/geruil. Op 'n stadium het hulle 6 dae vasgevries gesit sonder enige kos langs die Columbia rivier. Die indiane het hulle gered deur vir hulle vars salmon te bring. Hulle was nie sissies nie. En dit alles sonder winddigte baadjies, klim skoene, GPS, selfone ens. Wil gedoen wees!

Ons kry Mount Deception noord-oos van ons oppad boontoe en Destruction Island sien ons uitsteek in die see.  Shame, was seker nie 'n goeie dag vir die ontdekkers nie.

Mount Deception is die tweede hoogste piek in die Olympia Bergreeks en meer as 2300 meter hoog. Hy het tans sneeu op soos baie van die ander pieke hierrond. Hy word Deception Mountain genoem omdat bergklimmers dit moeilik vind om die bergklimroetes te vind en omdat hy bykans altyd onder wolke toe is. Sy naam was altyd Groenberg.

Destruction Eiland is maar 12 hektaar groot en 6 km van die weskus van Washington af. Die Spaanse het in 1775 daar anker gegooi en 'n ekspidisie land toe gestuur om vir hulle hout en water te gaan haal. Die ekspidisie is uitgemoor deur die plaaslike Indiane. 12 jaar later land nog 'n Spaanse skip en stuur hulle nog 'n ekspidisie met dieselfde eindresultaat (en ons dog net 'n donkie stamp sy kop twee keer...).  En daar kry die eiland die skuld en word verdoem om lewenslank bekend te staan as destruction island. What is in a name?


Die Rhodadendrons is orals nog steeds baie mooi. Kyk net die verskillende kleure!


Natuurlik het Amerika ook die grootste 'Spruce' Boom ter wereld! Ek moet se hy is massief! Hier is my ma by sy stam. Hy staan 191 voet in die lug (dis twee keer die hoogte van 'n kerktoring!)



'n Nuwe manier om jou motor te sluit: 'n Kombinasie-slot. Sal seker binnekort by ons wees.

 Lake Crecent: pragtig!

Ons huurmotor is 'n Chev Impala. Hy het net 1800 myl opgehad toe my Pa hom gaan haal het. Ons ry in luxury.


Ek was nog nie op hierdie toer by 'n Wendy's nie. En dis my gunsteling! Vanaand is Wendy's stapafstand van ons hotel af.

'n Gebakte patat met kaneelbotter en 'n bakkie chilli. Dis die lekkerste boontjie stew!

Ons wil so graag more na Hurrican Ridge ry in die Olympic Berge. Op die oomblik se die weerberig dit gaan daar sneeu. Ons het mooi vir die Here gevra om asb so gaaf te wees, om die weer te verander sodat ons dit kan sien. Dit sal groot genade wees.

No comments:

Post a Comment