Tuesday, May 29, 2012

Olympic National Park, Port Angeles en vele meer

Gisteraand eet ons saam met mense van Sequim in Washington State. Hulle skiet ons vir ete. My ouers het hulle ontmoet in Kaapstad 'n paar weke voor hulle begin toer het. Hulle het langs mekaar gestaan in die ry van die Joodse Museum in Kaapstad en begin gesels. Toe nooi hulle ons om hulle te kontak as ons hier kom en whalla! Ons ontmoet hulle en kuier net te heerlik.

Aan tafel vra ons vir die Oom (Dr Richard Sherman) of hy 'n idee het wat die weer gaan doen vandag. Hy het net so 'n oomblik geaarsel en gese: 'Yes, there will be weather!' Dit is hoe dit is hier in Washington State. Hulle noem dit 'The Evergreen State' vir 'n rede. Als is groener as groen. Ons beleef omtrent elke dag vier seisoene in een. Die weer verander van uur na uur.

Kyk net hierdie fantastiese boom oppad na die Marymere Waterval naby Port Angeles. Dis nou lente in Amerika. Vir die eerste keer weet ek ook hoekom 'n mens 'n 'Mayflower' so noem. By ons blom hy in September, maar hier blom hy in Mei. Ons sien hulle orals vol in blom.


Hierdie is deel van die reenwoud. Die Olympic National Park is in 1938 deur President Franklin Rooseveldt as 'n bewaringsgebied verklaar en is ook 'n World Heritage Site. Die reenwoud kry 3,8 meter (380 cm) reen in 'n jaar. Dit is die natste plek op die VSA vasteland met net gedeeltes van Hawaii wat dit oortref in Amerika.


Ons moes 'n entjie stap na die waterval, maar dit was elke tree die moeite werd. Wel, sover was elke tree op my hele toer die moeite werd. En van tree gepraat... Ek is nou op: 792 825 tree in totaal vir my hele toer! Ek is amper daar! Moet nog 207 175 doen! En daar is 33 dae oor!  Dit is maar 6 278 per dag. Tans toer ek teen so 12 000 tree per dag (vandat ons die motor gehuur het, is ek af van 20 000 per dag na 12 000). Ek kan nie glo ek is al 60 dae oppad nie. En elke dag was baie geseend en 'n belewenis. Ek moet myself nog elke dag knyp om te sien of dit regtig besig is om te gebeur. Wat 'n voorreg!

Hierdie is die red ceder bome. Hulle is aangrypend mooi!


Marymere waterval!




Mount Olympic is die hoogste punt in die Olympic National Park en staan op 2428 meter. Nie baie hoog nie, maar toe onder sneeu en die tuiste van twee groot glaciers naamlik die Blue Glacier en die Hoh Glacier. Ons wou baie graag die punt van Mt Olympus sien en het twee keer opgery na die boonste Visitors Center om dit te gaan kyk. Gisteroggend was die lug oop vir so 30 minute en toe trek alles toe en begin dit sneeu terwyl ons daarbo is. Mens moet eintlik 'n voertuig met kettings om sy wiele he om daar te kan ry in die sneeu en ons het maar vinnig afgekom voordat dit sou nodig word. Maar dit was heerlik om die sneeu te sien en beleef.

Toe ons opstaan vanoggend is die wolke baie ligter en hoer en sit ons weer af Hurricane Ridge toe. 'n Mens ry 17 myl uit Port Angeles, maar die pad is pragtig en ons sien heelwat Black Tail Dear en ander diere. Vanoggend word ons beloen met baie mooi uitsigte en ons is opreg dankbaar dat die Here ons gebed verhoor het en ons goeie weer gegee het.

Die piekniek tafel bo-op Hurrican Ridge: Ons het maar besluit om nie piekniek te maak nie!


Kyk hoe moet hulle die pad oopskraap. Daar is tonne ys.


Die black tail dear.

Ons ete saam met die Shermans. Richard en Chrystal. Hulle is baie gaaf en vat ons na 'n grand restaurant toe. Ek eet Wild Salmon met aspersies en ravioli. Baie lekker! Die 'wild' beteken maar net die salmon is vars gevang uit die see uit en nie op 'n plaas geteel nie. In Amerika mag hulle geen wilde diere in 'n restaurant voorsit nie, behalwe seekos. Al die wildsvleis wat hulle eet, word op plase geteel.


Ons saam met die Shermans. Dit was 'n heerlike aand vol interessante stories. Ek is seker daar is 'n doel hoekom ons moes ontmoet het. Net die toekoms sal leer.


Mount Olympus! Wow, dis mooi.




Ek neem my ouers af by die Black Bear omdat ons nie dink ons sal sommer een in die regte lewe sien nie. Min het ons geweet... Dit was voor ons die Olympic Game Farm ontdek het. Die plaas is net 'n paar myl van Port Angeles af en dit is waar Disney Company al hul diere aanhou wat hulle in flieks gebruik. Ek wou die graagste 'n grizzly sien, maar hulle het nie grizzlys nie. Maar die ander diere het opgemaak daarvoor. Ons het alles gesien!


Oppad na die Game Farm gaan ons eers aan by 'n Wynkeller en proe Amerikaanse wyne. Nou nie eintlik Stellenbosch gehalte nie, maar erg interessant.

Die wynkeller word bedryf deur vrouens en hierdie is hulle reeks wyn wat hulle 'Working Girls' noem. Kyk net die oulike plakkers.


Hierdie is die Fallow Dear. Hy is so 'cute'.


Die Yak het gekrap waar dit jeuk en die hele tyd om die boom paradeer en homself gekrap. Hulle is baie maerder as die Yaks wat ons op Everest gesien het, maar die hare is ewe lank.


'n Pragtige pou besig om te pronk.


Kyk net hier! Dis die Kodiak Alaska Brown Bear. Is hy nie te pragtig nie!! En GROOT!


By die ingang kan jy brood koop om vir die diere te voer. Hulle weet al hulle word gevoer en kom sommer kar toe. Ons het vir die vrou gese ons kom van Afrika en voer nie wilde diere nie, maar die diere het steeds almal nader gekom omdat hulle dink ons het kos.


Ek sal nou altyd aan die plek dink as ek ooit weer 'n beer in 'n fliek sien speel.


Die 'elk' het baie funny horings.

Kyk hoe groot word hulle. Dit moet moeilik wees om te balanseer.

Hierdie een het die oulikste kapsel. Dis 'n Europese Fallow Dear. Hulle kom in verskillende kleure.


Die Bisons was maar bietjie befoeterd en ons moes stadig verby die trop ry en eers 'n slag omdraai, want hulle het die hek toegestaan. Dis die "Beast" waarop Beauty en die Beast se gedierte gegrond is. Hy vervel nou vir die somer wat oppad is.


Ons sien ook 'n Cougar, 'n Bobcat, die Siberiese Tier en Bengaalse Tier, Llamas, 'n Raccoon en die Arctic Fox (hy is ongelooflik mooi). Ek het nie 'n mooi foto van hom kon kry nie, maar hier is een met komplimente van google:


Ons eet 'n Chicago Hot Dog. En dit is hot!



Port Townsend is 'n pragtige Victoriaanse hawe-dorp met baie mooi ou geboue en 'n pragtige lighuis. Hierdie is die County se Landdros kantoor.



De ferry laai motors en mense op en vat hulle na nabygelee eilande. Hierdie een is waarskynlik oppad na Widbey Island. Dis 'n baie goedkoop manier van vervoer. Ons gaan by Port Townsend verby vaar oppad na Alaska toe.

Ons kamer in Silverdale waar ons vanaand slaap. Dis die Oxford Inn.


Ons sien vandag die snaakste voelgedrag. Die Sooty Grouse het sy hofmakersklere aan en was besig om te pronk. Kyk net hoe mooi is hy:


Die afgelope twee dae was ongelooflik lekker met so baie om te sien. Ek kan amper nie voor bly om vir julle daarvan te vertel nie. Vat maar eers 'n Earl Grey teetjie en rus 'n bietjie. Ek vertel later verder.

My been is bietjie van 'n probleem op die oomblik. Ek stap baie lekker as ek die 'fit flop' skoene aanhet, maar die oomblik as ek my tekkies dra, is my voete so seer dat ek sukkel om te loop. Dis nog alles nagevolge van die bloedklont wat ek gehad het nadat ek my been gebreek het. Nou loop ek met die fit flops, maar dit is plakkies en my voete is yskoud in die sneeu. Toe kry ek vandag by die wynkeller (nogal!) twee swart Japanese sokkies met die aparte toon (soos die wat ek aangehad het die dag van die kimono dressing in Kyoto, Japan), so nou dra ek hulle by my plakkies! Probleem opgelos!

No comments:

Post a Comment