Friday, May 25, 2012

Die weskus van Oregon is pragtig!

105 fotos later is ons 80 myl verder van Florence na Lincoln City. Hierdie weskus van Oregon is regtig pragtig! Dis groen en boomryk en waterryk met baie gawe mense tussendeur.

Laat die fotos vir hulself praat:

Ontbyt in die Old Town Inn is tipies aan baie Amerikaanse hotelle: vrugte en soet gebak saam met koffie of tee. Ons gaan haal dit by die kantoor en eet in ons kamer. Ons skype lekker met Braam, Elna en die kinders en begin pak om te ry. Vandag gaan ons net 80 myl verder, maar die kus beloof om baie mooi te wees en ons wil orals stop, so ons moet wikkel.


Die dorpie, Florence, waar ons geslaap het is teen die weskus van Oregon. Dis 'n pragtige klein see-dorpie met 'n groot rivier ook. Dis die Siuslaw (word baie snaaks uitegspreek soos die first nation Indiana dit uitgespreek het as Sa-oes-la) rivier wat hier in die see uitmond. Daar is 'n redelike groot hawe en 'n baie mooi brug oor die rivier.






Ons vind vanoggend uit dat die kombersies om die bome wat ons gister gesien het, deel is van hul Rhody fees in Florence. Dit is hulle lente-fees en hulle vier al die Rhododendrons wat in blom is. Dit is pragtig. Hierdie vlieer het ek afgeneem voor 'n vlieer-winkeltjie.


Oregon is veral bekend vir sy sandduine. Ons ry eers suid vanaf Florence om die duine te gaan kyk. Ons het Oom Bob se GPS geleen vir die toer en die arme man op die masjientjie het al sy dae om ons op die regte pad te hou, want ons stop orals en ry ompaaitjies. Die "turn around when you can" het gou bekend geraak.


Amerika het die grootste en beste van alles en al is dit nie so nie, verklaar hulle dit om elke hoek en draai. Vandag besoek ons die Sea Lion Caves wat die grootste seewater grotte in die wereld is. Onthou julle dat ek julle gister vertel het dat hulle van enige natuurbesoek 'n belewenis maak. Vandag vat hulle ons 200 voet af in 'n hysbak tot net langs die grot met die see leeus in. Ons vind uit wat nou eintlik die verskil is tussen 'n 'seal and a sea lion'. Die grot het ook 'n 'web cam' in so julle kan dit op google volg.


Die uitsig in die grot in.


Die see leeus op die klip in die grot. Hier is ook al orkas, california walvisse gesien (maar ongelukkig nie vandag nie) en verskeie voels wat goed is om te sien.


Die kus!






Newport is 'n pragtige dorp! Ons het by Mo's geeet. Hulle is bekend vir hulle seekos en veral clam chouder. Vandag (25 Mei) is nasionale 'fish and chips day' in Ierland. Mo's vier dit ook en ons kry 'n ekstra stuk kabeljou saam met mash, clam chouder, brood en slaai. Die bier smaak ook vorentoe.
Hierdie brug verdeel Newport en vat mens oor die Big Elk River wat by Newport in die see uitmond. Oregan se weskus het 17 binnelandse mere. Hier is water galore!


Mo's:

Daar is allerhande snaakse goed in die restaurant opgeplak.


Die eerste een wat vir my kan laat weet wat hier geskryf staan, kry 'n persent uit Amerika. Die letters is:
Yisdersomenimororsisasisdenderisorsis?! Ek hoor graag van die slimmes onder julle!


Ons slaap vanaand in Stiletz Bay Lodge in Lincoln City. Hierdie is die uitsig uit ons kamervenster. Toe ons vanmiddag hier inboek, se die ou by die voordeur hulle het vandag 'n nuwe fliek sisteem begin en ons kry 15 $ op ons kamerrekening om 'n fliek te kyk. Al wat ons moet doen is om more vir hulle te se hoe die sisteem werk. Ons kyk New Year's Eve. 'n Baie voorspelbare romantiese komedie, maar dis nou nie die sisteem se skuld nie. Die sisteem werk goed.

More ry ons tot by Astoria. Dis so 95 myl ver. Daar is baie om te sien en ek moet nog vanaand 'n bietjie navorsing doen oor Cannon Beach en ander besienswaardighede.


Mag al die uitsigte in julle lewens ook so mooi wees soos hierdie!

No comments:

Post a Comment