Tuesday, May 8, 2012

Osaka, Japan! Vrye toegang tot my blog!

Viva Japan Viva! Ek het 20:10 geland op Osaka lughawe en sommer dadelik van Japan gehou. En nie net omdat hulle regering internet vriendelik is nie. Die mense is soft spoken, gaaf, kan engels praat, glimlag vir 'n mens! Selfs die oom wat my hele tas uitgepak het by doeane was so gaaf en geintereseerd in my toer dat ek hom amper my blog adres gegee het!

Nee kyk! Teen vanoggend was ek redelik op-gechinees! Jinne, dis 'n vreemde land met baie vreemde mense. Ek het net 13 dae in China spandeer en kan glad nie 'n wetenskaplike indruk gee nie, maar hier kom my eie persoonlike indruk na my ervarings:

Ek vertel dit graag aan die hand van 'n paar fotos:

Ons het heerlik gekuier by Henko en Vivian in Beijing! Henko is 'n vriend van my wat in Desember 2011 getroud is met 'n chinese vrou, Vivian en hulle bly in Beijing sedert Januarie 2012. Dit was baie goed en lekker om met Henko te gesels oor sy aanpassings hierdie kant. Ek haal my hoed vir hom af!


Vivian het ons leer sushi maak en in ruil het ek en Lean vir haar gewys hoe om Kerrie pot en lasagna te maak. Twee van Henko se gunstelinge wat sy nou kan maak.

Ons besoek die 2008 Beijing Olimpiese Spele gronde. Dis verlate, behalwe vir 'n paar toeriste. Die bekende Bird's Nest en die "Fish Bowl" soos ek dit noem. Ek kan nou nie onthou wat mens eintlik die blou ding noem nie. Dis pragtig verlig in die aand en definitief 'n beter attraksie in die aand as deur die dag.




Ons besoek die Beijing Dieretuin sodat ek, Lean en Henko 'n panda in lewende lywe kan sien! Behalwe die 'Great Wall', was die Panda definitief 'n hoogtepunt vir my!


En toe is ons na die Great Wall of China! Iets wat ek so baie lankal wou sien met my eie oe en in lewende lywe. Wow! Dis ongelooflik! Ons klim die muur en gee meer as 3000 tree op die muur. Die muur is meer as 8000 km lank, maar ons doen die stuk naaste aan Beijing. Dis so twee ure se ry van Beijing af. Dit was 'n heerlike daguitstappie. My swaer, Braam, se broer Johan Horn was ook by en dit was baie lekker om familie in Beijing te kon sien!



Dit is hoe dit lyk as dit met jou broekskeur gaan! Nou moet ek hierdie 'broekskeur' in meer detail verduidelik: Geen baba in China dra doeke nie. Dit bestaan nie hier nie. Maar elke baba en peuter dra broeke met 'n spleet in. Wanneer daar 'n vuil doek sou wees, val al die vuil dood eenvoudig op die straat. Vivian wys ons dit en ek neem die foto. Wie maak agter hulle skoon, vra ek (ek was nie verniet verantwoordelik vir die netheid van Stellenbosch nie!). Niemand nie! Se Vivian opgewonde. Dis die wonder daarvan!! Nou sal julle verstaan hoekom ek na dag 1 in China my plakkies verruil het vir tekkies. Die strate is net te vuil om met oop skoene te loop.


Ons besoek ook die Summer Palace in Beijing en geniet dit baie. Pragtige groot gronde wat een van die ou Emperors vir sy Ma as verjaarsdaggeskenk gegee het. Hy was of baie lief vir haar, of baie bang!


Op 30 April 2012 besoek ons Tianamen Square saam met 100 000 ander chinese. Dis hul Golden Week van 1 - 7 Mei 2012 en dis baie besig hier. Ons wou die Lost City besoek, maar vorder net tot by die ingang. Daar is net te veel mense en ons sal ure in 'n ry staan.

Die aand van 30 April 2012 vlieg ek en Lean Heunes ('n vriendin van my van Stellenbosch) na Guilin om die Mountains and Minorities Fietstoer te gaan doen. Ons ry 220 km in 4 dae en besoek Pingan, Hudie Du, Guilin, Xing Ping en Yangshuo.
Hier is ek by een van die minderheidsgroepe wat hulle Zangshuo mense noem. China se grootste deel van hulle bevolking (92 persent) is Han. Die res bestaan uit 6 minderheidsgroepe.
 Jip! Dit is gedroogde akkedisse wat hulle te koop aanbied langs die trappe in Pingan!


Die eerste middag vat die gids, Farmer Tang, my vir 'n twee ure stappie na twee uitkykpunte in Pingan. Lean se maag is deurmekaar en sy het pille gevat en in die bed geklim. Gelukkig was sy gou beter.


Oeps! Die volgende twee fotos is uit plek uit. Dis ons groep wat na die Great Wall 'n chinese hotpot gaan eet het in die waterfront in Beijing! (Seker eerder 'n river front)

Vivian het vir ons vier 'n voetmassering geboek. Hier modelleer Henko die ontspanningspakkie wat ons moes aantrek as deel van die ervaring.

In China is engels nie groot nie! Kyk die spelling op ons hotel se bord in Pingan. Goeie genugtig!


Een van die minderheidsgroepe sny nooit hulle hare nie. Mens betaal hulle om saam met hulle fotos te neem. My mond staan op 'n skrefie, want ek skree vir Lean wat die foto neem: Maak gou! Haar hare is baie vuil!

Toe ons vir Farmer Tang vra of ons hierdie oom kan afneem, verduidelik hy dat die oom baie arm is en sal geld vra. Ons betaal met graagte 5 kuaui. Die oom se hy wil graag 5 kuaui he om sigarette mee te koop. 10 uit 10 vir eerlikheid!

Nog 'n broekskeur kind! Die storie van die one-child-policy in China is baie groot en orals waar ons met Chinese praat vra hulle vir ons hoeveel kinders mag ons he in SA. Die 'social engineering' wat China doen sedert 1979 gaan hulle nog baie sosiale probleme op die hals haal. Vandag in hul koerant lees ek dat die mense in opstand kom omdat hulle nie weet wat die regering doen met die boetes wat hulle insamel nie. 'n Couple wat per ongeluk of bepland meer as een kind het betaal die som van hul jaarlikse salaris aan die plaaslike regering as 'n Social Maintenance Fund. In die platteland mag jy na 10 jaar nog 'n baba he as jou eerste een 'n seun was en na 4 jaar as jou eerste een 'n dogter was.


Na 'n lang dag van stap deur die villages is ons hoofgids uitgeput! Dis Farmer Tang.

Ons het op 'n bamboo boot gevaar vir twee ure na Xing Ping. Dit was pragtig!

 Die karst berge waarvoor Guilin so bekend is. Daar is 2600 van hulle in hierdie omgewing waar ons gefiets het.

'n Groepie chinese mans sit en dobbel en rook. Dit sien mens orals.
 Die Yulong rivier is die skoonste een in China.

'n Bamboo boot kom vernuftig deur 'n stroomversnelling.



Nou gaan ek eers slaap! Dis reeds half elf in Osaka. Ons is 7 ure voor SA. More vertrek ek per bus of trein na Kyoto.

Heerlike dag vir elkeen van julle. As iets in SA jou pla, wees verseker die toestande in China is erger!

No comments:

Post a Comment