Ek sit in die besigheids-sitkamer van Star Alliance (Swiss Air) op Zurich Lughawe of Flughafen soos hulle hier se. Dis ongelooflik hoeveel meer ek verstaan van die Swiss-Duits na net 10 dae. Ek dink ek sal dit maklik kan aanleer. So baie woorde het presies dieselfde Germaanse oorsprong en mens vang maklik die spreker se intensie. Al vang jy nie alles nie.
Gisteraand was so 'n 'lost in translation' geleentheid. Ek was genooi vir ete deur 'n Arabier uit Thunesie wat al 20 jaar in Switserland bly en werk by die Franse Ambassade. Ek het hom ontmoet tydens ons twee konserte in Bern verlede Woensdag en Vrydag. Natuurlik was ek ongemaklik om aan huis van 'n wildvreemde man te gaan kuier en het ingestem indien Roger (die seun van Charles en Rosemarie - die gasouers van Sherlock) ook saamkom. Hy en die Arabier (Sadok) is groot vriende oor baie jare en hy is maar te bly om genooi te wees as my 'bodyguard'. Ek is vooraf verseker dat Sadok 'n man van statuur is en geen slegte bedoelings sal he nie. Ek het seker 20 keer met Sherlock gecheck of dit regtig okay sal wees en net weer besef in hoe 'n mate ons in SA geindoktroneer is om altyd die heel slegste te verwag. Sherlock het my verseker dit sal goed wees en hy was reg. Dit was 'n lieflike rustige, baie gesellige aand met klomp nuwe smake en tale. Ek het dit baie geniet. (Selfs aan 'n Arabiese pyp gepuff ook!)
Roger het my kom oplaai. Nou moet ek darem eers bietjie oor hom vertel: hy is 'n regsgeleerde en 'n predikant en doen tans die regsake van die kerk in Switserland. Hy is in Switserland gebore en getoe, maar het al die hele wereld gesien en ken al wat 'n kultuur is. Hy is 41 met 'n baie stoute seunsgesig en het 'n baie goeie sin vir humor wat hy op alle maniere uitdeel en nie bang is om terug te ontvang nie. Hy trek sy hele gesig in kneukels as hy praat en is 'n groot teddiebeer met baie goeie maniere. Sadok is 'n Thunesier met twee seuns. Sy oe lag lank voordat dit by sy mond uitkom. En hy kan baie lekker kos maak. Hy praat verskeie tale vlot (onder andere Arabies, Swiss Duits en Frans) en Engels bietjie swakker. Roger se Engels is effens beter. En daar kuier ons drie. Oor vier gange vir 'n uitstekende maaltyd en met 'n mengelmoes van klomp verskillende tale en baie verskillende humorsinne. Wat 'n leerskool en heerlike affere. Ek hou van nuwe opwindende dinge en hierdie was beslis een.
Sadok is 'n Moslem en drink geen alkohol nie. Ons drink Schimp Schamp (ek dink dis wat hulle dit noem). Dit is 'n produk van Coca Cola wat jy in Switserland kry. 'n Mengsel van Coke en Lemoensap en verbasend lekker. Hy bring voorgereggies van tarentaal eiertjies met shrimps op soutkoekies. Daarna skuif ons eetkamer toe na 'n pragtige gedekte tafel vir die volgende drie gange. Die fotos sal meer se as wat ek kan, maar ek kry dit nou nie van my iphone af hier opgelaai nie. Die eerste was 'n baie geurige, effens branderige sop met wortels en vars koljander en 'n tamatiebasis, maar nie soos tamatiesop nie, want dit is my fiemie. Daarna Bregg - dit is aartappel, tuna en kruie in filodeeg wat in 'n driehoek gevou is en in olie gebak is. Met slaai. Daar is granaat slaaisous wat hy wraggies self gemaak het. Ek moet se, sover was ek erg beindruk en was alles heerlik. En toe kom die hoofgereg. Ek tel mos nou! Daar was wraggies vyf geregte al te saam! Vis en gestoomde groente met gegeurde rys. Ek was teen die tyd al so versadig, maar wou nie aanstoot gee nie en het aan alles geproe. Die nagereg was by verre die beste: 'n gebakte vrugte poeding met rooswater, appel, bonjour koekies, granaatpitte enpiesang. Ja, ek weet, dit klink nou baie slegter as wat dit was. Dit was die hoogtepunt van die feesmaal, maar alles was lekker. Die geselskap ook. Dit is altyd die moeite werd om nuwe situasies te trotseer en nuwe vriende te ontmoet. Ons kuier tot ek nie meer my oe kan oophou nie. Ek het nog nie gepak nie en moes vanoggend 06:00 reeds vertrek lughawe toe. Ons sluit die aand af deurdat Sadok vir my en Roger wys hoe 'n arabiese suigpyp werk. Hulle noem dit chicha en al wat ek daarvan weet is dat ek altyd gril in Stellenbosch as die studente dit sit en rook by die restaurant langs die poskantoor. Almal suig aan dieselfde pyp. Siesa! Miskien is dit presies wat die naam beteken! Wie weet! Chicha!
Sadok het 'n versameling van tee-koppies in 'n uitstalkas in sy huis en
ek word genooi om vir my enige een van die versameling te kies. Dis
moeilik om te weet of weier aanstoot sal gee en ek kies 'n mooi een. Op
die oomblik is dit in my rugsak. Ek hoop van harte dit oorleef die twee
vlugte.
Die rede hoekom ek vandag so vroeg moes lughawe toe kom, is sodat ek die Rheinvalle kan gaan kyk by Schaffhausen. Dit is 45 minute se trein vanaf Zurich Internasionaal en ek gee my tas en rugsakkie in op die lughawe. Verbasend goedkoop (slegs 9 CHF vir meer as 5 ure) en ek is weg. Schaffhausen is 'n wonderlike verrassing. Baie mooi outydse dorpie met die mooiste geboue en mooi markplein. Ek vat 'n bus na die Rheinvalle en stap van die bushalte deur 'n bos na die valle. Heerlik! Dis regtig pragtig. Vandag is die lug grou en grys en ek besef net weer hoe geseend ek gister was in Zermatt.
Nou wag ek vir my vlug. Laat ek eers ietsie eet in hierdie ruskamer.
Dankie vir almal wat saamgetoer het. Mag julle ook elke geleentheid in julle lewens gebruik om eerder ervarings na te jaag as goed. Dit is 'n besluit wat ek reeds baie jare gelede geneem het vir my eie lewe en sover was ek nog nooit spyt nie. Ek hou van toer! Mag daar nog vele nuwe mense en nuwe plekke in my toekoms wees.
Mis julle
Hanlie
Thursday, December 12, 2013
Wednesday, December 11, 2013
Matterhorn
Ek was vandag Matterhorn en Zermatt toe! Dit is weer die mooiste prentjie blou helder sonskyndag. Baie genade!
Ek gee eers net 'n paar fotos, want ek het pas teruggekom en dit is net te groots om dit in een dag alles in te neem en weer hier uit te spoeg.
Ek gee eers net 'n paar fotos, want ek het pas teruggekom en dit is net te groots om dit in een dag alles in te neem en weer hier uit te spoeg.
Ek is vroeg uit Bern (06:07). Roger en Sherlock het my kom oplaai by die huis. Hy is ook oppad stasie toe en ons groet maar weer. Hy en Florence ry met die trein na Berlyn en daarvandaan na Pole. Hy moet 'n praatjie gaan gee by hulle universiteit. Ek vat die trein na Visp en daar klim ek oor na Zermatt en kry daar die trein na die Gornergrat. Ek skryf later meer. Op die oomblik verwerk ek nog aan al die mooi!
Die spaggethi bolognais kos 'n skamele R220. Ek oorweeg twee! Mens betaal sekerlik vir die uitsig en dit is elke sent die moeite werd!
More vertrek ek terug SA toe. Wat 'n fantastiese week was dit nie!
Paul Klee Zentrum
Vanoggend ry ek gou in stad toe voordat ons
mekaar kry by Thun tremstasie. Ek moet iets vir ontbyt kry en wou gou die
internet-kafee besoek om hierdie op te sit, maar dit maak eers 10:00 oop. 09:10
is ek by die trem-stasie want Sherlock kry ons 09:17. Ek was in die weermag en
doen nie laat nie. Dit verskyn nie in my verwysingsboek nie. Dit is -7 grade
vanoggend en dit byt. Soos elke ander dag in hierdie week is die Diva’s laat en
kom rustig 09:34 daar aangesuiker. Daar is min dinge waarvoor ek so min geduld
het soos mense wat ander so min respekteer om laat te kom. Ons stap na die SAse
ambassade twee blokke weg om almal die herinneringsregister te gaan teken vir
Madiba. Dit is ‘n wonderlike ervaring. Ek het ook vanoggend die mooiste protea
gekoop in die stad en kan dit langs die register plaas ter ere van ‘n baie
groot siel wat die kleure van ons reenboognasie heelwat helderder gelaat het.
As ek nou hier skryf wat die protea gekos het, sal ons blomme-tannie in
Piketberg in haar tee stik. Ek koop gereeld by die stalletjie in Piketberg vir
my ‘n hele bos proteas vir my huis. Sy vra R20 ‘n bos. Hier vanoggend betaal ek
30 CHF (R336!!) vir een. Dit is tyd dat ek huistoe gaan. My geld is op.
Vanoggend besoek ons die Paul Klee Zentrum.
Dit is ‘n baie bekende landmerk in Bern wat in 2005 voltooi is. Paul Klee (1879
– 1940) was ‘n bekende kunstenaar, maar ook medikus, filosoof, wiskundige en
musikus. Franciska is die baie vriendelike toergids wat ons by die deur
ontvang. Sy het as kind in SA gebly en twee jaar in SA in ‘n afrikaanse skool
skoolgegaan in Pretoria in 1968 – 1969. Die bekende Italiaanse argitek Renzo
Piano het die indrukwekkende drie golwe gebou ontwerp. Die gebou huisves Paul
Klee se belangrikste werke, maar ook ‘n baie indrukwekkende wereldklas
konsertsaal en konferensie fasiliteite. Ek is mal oor sy werke. Regtig pragtig.
Ons kyk ‘n video oor sy lewe. Daarna verstaan jy sy tekeninge en skilderye veel
beter. Later eet ons almal saam op Franciska se rekening. Die lekkerste
pampoensop met geroosterde pampoenpitte en growwe brood.
Ek stap terug gastehuis toe en val op my
bed neer. Hierdie kultuurkant van my maak my moeg, maar vervul my ook geheel en
al. Dis nogal ‘n kant wat ek baie afskeep ten gunste van sport en werk. Nadat
ons die kunswerke gaan kyk het, wys hulle vir ons die kinder werkswinkels wat
by die Zentrum aangebied word. Ons kyk na tientalle jillende gelukkige kinders
wat met verf op papier kan mors en uitdrukking gee aan als wat hulle beleef het
in die kunswerke van Paul Klee. En dadelik is ek terug in 1982 in my st 4
kunsklas in Hugenote Laerskool op Wellington. Die eerste gang links as jy van
die saal af biblioteek toe geloop het. Mnr Hanekom het kuns gegee. Groot
plastiek swart potte met wit dikseltjies vol helderkleurige poeierverf. Ons
mors op swart papier en kan uiting gee aan ons ontluikende self! Ek onthou dit
so duidelik dat dit my laat skrik vir ‘n oomblik. Skielik weet ek ek wil in
2014 weer kunsklasse neem.
Vanaand groet ek vir Sherlock. Ons het in
so ‘n kort tydjie onafskeidbare kamerade geword. Hy vertrek more-oggend na
Berlyn en dan Pole tot Maandag. Ek het lanklaas iemand ontmoet in wie die Here
soveel verskillende talente so in oorvloed uitgestort het. Finominaal!
Naweek in Switserland
Jammer julle! Ek kon nie by 'n internet kafee uitkom vir dae nie. Dankie vir almal se sms'e en knaende gesoek na meer vertellings. Ek waardeer dit. Dit was net nie moontlik om dit op my blog te kry nie, maar nou is hier sommer 'n paar dae se stories in een:
6, 7 en 8 Desember 2013
Dis nou al 9 Desember 2013 06:34 as ek hier
sit en tik. Die naweek het verbygevlieg en daar was soveel nuwe goed wat gebeur
het dat ek nie kans gesien het om te gaan sit en vertel nie. Switserland is
alles-inslurpend (! Is daar so ‘n woord?). Daar is soveel aanslae voortdurend
op al my sintuie. Telkens is ek seker nou het ek die heel mooiste gesien en dan
kom jy om die volgende draai en daar is die mooiste. Ek dink dit is net die
basiskamp van Everest wat vir my mooier was nog ooit in my lewe. Hierdie plek
is soos ‘n stukkie hemel op aarde.
Toe ek op Stellenbosch was het my Ma
gereeld gevra: Hanlie, kyk jy nog hoe mooi dit is? Hier vra ek dit gister vir
Rosemary en ja hulle besef in watse Godsparadys hulle bly.
Ek gaan nou sommer agter begin en
terugwerk... Gister (Sondag) het ek die oggend vir myself gehad en op aandrang
van Sherlock is ek na Thunersee. Dit is ingesluit by my Swiss Rail. Dit is so
40 minute per trein rigting Interlaken en dan klim jy af in die mooiste dorpie,
Thun. Van Thun loop daar ‘n boot oor die Thunersee na Spiez en terug. Dit is so
‘n 90 minute se vaar saam met ‘n heerlike ontbyt. Met jou Swiss Rail kry jy 25%
af op die ontbyt. As jy ooit in Switserland kom toer, koop ‘n Swiss Rail Pass.
Dit is uit en uit die moeite werd. Ek neem die mooiste fotos en besluit om ook
vir my ‘n fotoraam te maak van Switserland soos die een oor die Kanadese
Rockies van 2004 se toer, wat langs my kaggel hang. Ek soek ook vir my ‘n
legkaart wat ons Januarie by die see kan bou saam met die hele familie van ‘n
plek waar ek hier was.
Ek moet gou loop en terugkom, want ons moet
half vier ry vir vanaand se laaste optrede van die toer. Dit is in ‘n klein
plattelandse dorpie, Würzbrunnen. Dit
is hoog op teen ‘n berg en lê toe onder die
sneeu. Die kerkie is pragtig en die akustiek is om van te droom en almal sing
baie mooi! Zorada het ‘n uitdaging met ‘n baie klein boks orreltjie, maar sy
slaan daai klawers dat hul monde oophang. Jis daai vrou mag maar!
Na die tyd nooi Charles en Rosemary vir my
en Sherlock en hul seun Roger vir aandete by ‘n Chinese Restaurant met die naam
Halong Asia hier naby my gastehuis. Dit is vernoem na Halong Bay in Vietnam
waar ek verlede jaar was. Die spyskaart het die mooiste foto van die baai op. Ons
gesels en lag lekker. Sherlock is besig om siek te word en voel minder wel.
Maar die van julle wat hom ken, soos die Pikebergers wat hier lees, sal weet hy
sal wel weer een of ander resepie van sy ouma se boere rate bymekaar skraap en
more reg wees. (Wat toe wel so was)
Saterdag was vir my die lekkerste dag nog.
Ons het die ongelooflikste geskenk gekry van die organiseerders om geborg te
word vir die trip na Jungfrau. Daar is ‘n treinspoor gebou tot by Jungfraujoch
op 3454 meter. Dit is die hoogste punt in Europa (waar mense kan kom en
uitklim). Die top van Jungfrau is nie die hoogste in Europa nie en le op 4158
meter. Sherlock het gese watter een die hoogste is, maar ek het nou vergeet. Seker
Mont Blanc op 4810 meter. Ek kyk nou op google en natuurlik is Mt Elbrus in Rusland
die hoogste een in die nuwe Europa. Hulle dui Mont Blanc nou aan as die hoogste
in Wes-Europa. Die hoogste piek in Switserland is Dufourspitze by Monte Rosa. Vandag se trippie kos meer as R2000 per
persoon en ons gaan vir mahala! En wat ‘n dag was dit nie! Die mooiste
blou-lug-legkaart-prentjie dag! My mond hang oop en as dit nie -33 grade daarbo
was nie, het ek hom nou nog nie toegemaak nie. Ek gaan probeer om foto’s hierby
te laai, maar julle sal die res moet kom kyk. Ons sien ook baie ski-ers, want
hulle seisoen open 15 Des en daar is nou oefengeleentheid en ski-skole teen al
die hange. My gunsteling dorpie is Eiger en natuurlik Grindelwaldt.
Nou moet ek vir julle se dat almal die
hoogte nie ewe goed hanteer het nie. Party was onmiddellik siek. Die een Diva is net
24 jaar oud en het nog nooit in haar lewe nodig gehad om
haar fisies so bietjie uit te daag nie (ek probeer dit nou so mooi as moontlik
stel), so sy het “inmekaar gesak” en “kon nie verder loop nie” en “moes gedra
word”. Ek is nou al redelik opgelei in hoogtesiekte (iets heel anders as
hoogtevrees) en het ‘n flits gevat en haal pupille bekyk en kon gelukkig
verklaar dat sy nie besig is om dood te gaan nie. Sy ken net nie haar fisiese
vermoens nie. Toe is daar wraggies drie van die groep wat besluit hulle is nou
gedaan en gaan nie na die Sphinx Terras (uitkykpunt heelbo) nie. Ek het amper
beswyk van verbasing! Hoe is jy op ‘n lewensveranderende uitstappie waarvoor
iemand anders vir jou betaal het en jy besluit om eerder in die trein te gaan
skuinsle?! Hygend Hert Der Nacht Ontkomen! Maar nou ja... so verskil ons.
Die Jungfraubahn is ‘n wonderwerk om te
aanskou. Mensehande het die tonnels gegrawe en baie het met hul lewens daarvan
afgekom. Die tonnels en steiltes is indrukwekkend en ek geniet die ystonnel
baie. Wow! Dit is baie mooi! Die bouwerk aan die Jungfraubahn het in 1896 begin
met omtrent 100 Italiaanse arbeiders. In 1898 het hulle die tonnels begin blaas
met plofstof. Die ontwerper en man met die idee agter die grootse werk, was
Adolf Guyer-Zeller. Hy is in 1899 oorlede en sy nageslag het met die projek
voortgegaan. Die een na die ander stasies is geopen van 1899 – 1905. Daarna is
die projek vir twee jaar gestop as gevolg van finansiele probleme. In 1912 word
die finale afrondings gedoen en open die hele baan op 1 Augustus 1912 na 16
jaar se konstruksie. Die bou van die baan het ongeveer 16 miljoen CHF gekos.
Dit is R179,2 miljoen rand. Maar mens kan dit nie so bereken nie, want 16
miljoen CHF in 1912 was baie meer werd. Ek weet nie wat die rieele waarde
daarvan vandag is nie, maar ek is dankbaar dat iemand dit wou uitgee om soveel
mense die kans te bied om een van die mooiste plekke te wereld te sien.
10 Desember 2013
Ek het lekker geslaap en is uitgerus.
Gister was ons Sion toe en Geneve. Sion is ‘n kleiner dorp met ‘n baie mooi
kasteel op die hoogste punt. Ons moes dit klim want in daardie kasteel is die
oudste orrel wat steeds in gebruik is in die wereld en ons wou Zorada soontoe
vat as ‘n verrassing. Dit was baie aangrypend. Ek het haar gevra om dogters van
Sion te speel in Sion. Dit is een van my gunstelinge! Die orrel is in 1435
gebou. Die huidige orrelis is ons toergids en het spesiaal die gebou kom
oopsluit, want hulle is toe op ‘n Maandag. Die hele dorpie se winkels was ook
toe en Sherlock verduidelik dit is omdat hulle Katoliek is. Maandae is alles
toe. Sion is gelee in die Walliese Kanton en die mense praat Walliese Duits.
Die toergids verduidelik vir ons hoogs tegniese goed in Wallies, dan vertaal
Charles dit in Swiss Duits en Sherlock vir ons in Engels en Afrikaans. ‘n 30
minute toer het veel langer gevat, maar dit was so mooi om te sien en te
beleef.
Daarna ry ons met die trein na Geneve en
Roger, Charles en Rosemary se predikant seun, het spesiaal die dag afgevat om
vir ons rond te wys. Geneve is wereldbekend en huisves baie internasionale
mense, banke, organisasies. Maar dit het nie dieselfde bekoring vir my as bv
Berne of Zurich nie. Ons besoek die kantore van die Verenigde Nasies en dit is
baie interessant om te sien dat hulle nie hul vlae halfmas gehang het vir
Madiba se dood nie. Nee, die koerante hier se halfmas was nie goed genoeg nie.
Hulle het elke liewe vlag voor die VN heeltemal afgehaal. Honderde kaal
paaltjies bevestig ons leegheid en verlies.
Ons loop bietjie in die middestad rond, kyk
die muur van reformasie en die groot spuitfontein. Die meer oppad soontoe en
oppad terug is prentjie-mooi. Ek sal weer moet kom om meer tyd hier te
spandeer.
Ons kom laat terug met die trein en het net
een behoefte: My eie bed, ‘n warm stort en om bietjie rus vir my siel te kry.
Weg van die Divas. Julle! Ek het nooit besef hoe uitputtend dit kan wees om
saam met iemand te toer wat verslaaf is aan aandag en dit elke oomblik van elke
dag by die mense rondom haar moet kry nie. Erg! Maar Sherlock vat nie nonsens
nie en daar is van afskakel geen sprake nie. Ons is genooi deur Stephan en
Barbara om by hulle te kom eet. Dit is mense wat verlede Vrydag by die
opvoering en huldeblyk aan Mandela was wat ons gehou het en hulle het ons
genooi. Nou kyk, laat ek eerlik wees: Daar was nie ‘n spier in my lyf wat die
trippie wou maak nie. Glad nie. Maar hoflikheid kos niks en ‘n halfuur later
staan ons reg.
En was ek nie bly ek het gegaan nie! Dit
word een van die lekkerste aande in my lewe. Die spanning van optredes is verby
en almal ontspan heerlik en lag en gesels en selfs die Diva is meer
aanvaarbaar. Ons gasouers is wonderlike mense. Charles en Rosemary en Roger is
ook hier en ‘n paar ander vriende wat ons oor die week gemaak het ook. Sadok,
Maurits en Andries Cloete, die opera sanger van La Traviata. Ek het in een week
meer gekultiveerd geraak as in my 43 jaar tot hier! Dit is ons laaste aand saam
voordat die meeste more vertrek. Jonette gaan al more-oggend vyfuur. Daar is
nou ‘n afgeronde wonderlike sanger. As julle ooit na ‘n opvoering van Jo-Nette
La Kay kan gaan kyk, moet nie huiwer nie. Dit geld eintlik vir al hierdie
mense. Hulle het stemme uit die boonste gestoeltes.
Ek vertel verder onder 'n volgende opskrif...
Friday, December 6, 2013
Die dood van 'n grootte...
5 Desember 2013
00:00 (SAse tyd)
Die nuus trek soos ‘n stormwind. Van reg
oor die wereld. Dis Sherlock wat my sms toe sy tram die stasie verlaat voor my gastehuis. En toe ‘n klomp ander. Dis een van
daardie oomblikke wat jy later presies gaan onthou waar jy was toe dit gebeur
het: soos Lady Di se troue, 9/11 en Japan se thunami.
Nelson Mandela is dood.
Dit wat ons sedert 8 Junie 2013 elke dag verwag het en dae lank voor voorberei
het, het ons nou onverhoeds betrap. In SA skarrel die mensdom. By ons
Munisipaliteit en elke ander Munisipaliteit in die land is daar ‘n tien dag rou
proses wat ek moet koordineer. Moet ek vroeer terugvlieg? Als hardloop deur my
kop soos wilde honde. Ons land is op sy kop gekeer. Youtube wys hoe hardloop
mense in die strate en bring hulde aan ons ikoon. En ek sit in Bern. In
Luissenstrasse. Alleen in ‘n vreemde, te stil, te warm kamer. Ek huil sonder trane; my hartseer
is stom...
Sherlock het teen pouse al geweet daarvan,
maar wou ons nie ontstel nie. Ek voel vreemd leeg. Verwese. Bang dat ons
reenboognasie van sy kleur kan verloor. Daars ‘n sinis in my wat vra: wat nou?
Sal ons kan koers hou? Is daar genoeg goeie mense wat Nelson se rigting kan bly
hou?
Die afgelope drie dae sing ons ons volkslied
by elke optree-geleentheid in Bern. Die gehore is mal daaroor. Nkosi Sikelele
iAfrika. God seen Suid-Afrika. “Sounds the call to come together”... “and
united we shall stand”... “let us live and strive for freedom”... “In SA our
land!!”
Madiba se dood is so ‘n oproep om bymekaar
te staan en as ‘n eenheid saam te staan en aan te hou veg vir die vryheid
waarvoor hy sy lewe gegee het. Dit is SA... ons land! My land!
Hierdie is die berig op die voorblad van een van die Swiss Duitse koerante vanoggend. Jammer, maar ek ken net nie genoeg Swiss Duits om hierdie foto gedraai te kry op die rekenaar nie.
Rest in peace Tata!
Voor hierdie slegte nuus kon ek vanaand nie
wag om by my rekenaar uit te kom om julle te vertel van ons aand nie. Sherlock
loop nou al drie dae met ‘n geheimsinnige glimlag op sy bakkies oor vanaand.
Nee hy wil nie se wat hy vir ons beplan nie, maar ons moet ‘n swart nommertjie
aanhe en hom 18:30 kry. Ek moet myself nog die hele aand knyp om te onthou dat
dit regtig aan die gebeur is. Toe hy ons
kry by Zytglogge (die bekende kloktoring in die hart van die ou Bern), stap ons agter hom aan in die rigting van die brug. By die
Stadsteater gaan hy staan en haal vir ons elkeen ‘n kaartjie uit vir La
Traviata van Verdi! Wat?! Kan dit waar wees? Wat ‘n voorreg! Sherlock ken die
SAner wat in die produksie speel, Andries Cloete, en hy het die hele geselskap
gevra om van hul gaste kaartjies af te staan. Wow! Dit is aangrypend. Die
musiek is natuurlik in Italiaans en die bo-skrifte is in Swiss Duits, maar ek
verstaan elke beweging en bedoeling. So sterk is die musiek en die
rolverdeling. Maar die persoon wat my die meeste beindruk die hele aand, is
Mirga Grazinyte-Tyla. Van haar gaan die wereld nog baie hoor. Watch this space!
Sy is die enigste persoon wat geen geluid gemaak het of voortgebring het die
hele aand nie, maar die een waar alles begin en geeindig het. Sy is ‘n skamele
25 jaar oud en die dirigent! Ek sit in die voorste ry en kyk meer vir haar en
die orkes as vir die sangers. Sy’s briljant!
Vrydagoggend 6 Desember 2013
08:00 (Switserse tyd)
My gemoed is nou baie vol. Ek voel
uitgesluit. Die grootste gebeurtenis in SA speel homself af en ek sit buite ons
grense. Sonder TV, sonder radio, sonder genoeg wifi om op youtube sinvol iets
te sien. Afgesny. Is dit hoe die mense in exile gevoel het oor soveel jare?
Binne die regering beplan ons nou al sedert
8 Junie 2013 aan roudienste vir ingeval Madiba sou sterf. Ek het alle talle
vergaderings hieroor bygewoon en alles is gereel. Elke Munisipaliteit in ons
land gaan vir die volgende 10 dae publieke rougeleenthede skep sodat elkeen wat
wil in SA hul naam kan teken in ‘n rou-register. Ons het selfs “roaming”
registers om na die ouetehuise te neem. ‘n Idee wat ek gekry het by ons
plaaslike dominee, Martin Goosen. Ek het dit opgeneem met Provinsie en siedaar!
Alle Munisipaliteite wil dit doen. Dankie Martin!
Volledigheidshalwe vertel ek ook hier wat
gister en die aand van eergister gebeur het hier by ons. Woensdagaand 4 Des
(voel nou baie ver terug) het ons ‘n konsert gehou by die Bern Konsi. Dit is
hul konservatorium. Daar was baie mense. Ons Ambassadeur van SA in Switserland,
George Johannes, was daar en die hoof van die Konsi was ons gasheer. Hy is Gerhard Muller. Dit was ‘n
groot sukses. Ek het die programme uitgedeel, almal verwelkom by die deur en ‘n
pamflet uitgegee oor Bergrivier en ons koor. Sherlock het alles in Swiss Duits
vertaal. Die hele program, al die woorde van die liedere wat gesing word. Moes
hom ‘n ewigheid besig gehou het. Na die tyd is ons saam by ‘n privaat onthaal
vir die kunstenaars en die Konsi mense. Charles en Rosemari, die mense by wie Sherlock in die huis bly, doen die catering. Natuurlik, julle het reggeraai: kaas en brood en wyn. Ek ontmoet ook vir Erika, die hoof van
hul musiek afdeling en ek en sy en die Rektor van die Konsi sit vleis aan ons
idee vir ‘n uitruilprogram tussen SA en Switserland om kuns en kultuur na ons
platteland te bring. Ons sing ook vir hulle ons volkslied.
Na die tyd kom groet Johanna Boldt my. Sy
is ‘n Afrikaanse vrou uit Port Elizabeth en het vier kinders (regtig
orrelpypies tussen 5 en 0) en ‘n Duitse man. Ek en sy gesels ou stukke en ek
sien haar kinders gaap my aan asof ek van die maan afkomstig is. Skielik besef
sy die situasie en se sy vir hulle: Sien julle, daar is nog mense in die wereld wat
afrikaans praat! Duidelik was ek die tweede een wat hulle ooit hoor.
Gister, 5 Desember 2013, was ‘n heerlike,
maar uitputtende dag. Ons is vroeg al oppad na die Freies Gymnasium Berne, waar
hulle ‘n Suid-Afrikaanse dag hou. Die ambassade het dit gereel. Daar word al
die studente als vertel van SA en blootgestel aan SAse literatuur, kleredrag,
musiek, inligting en vertellings. Nou moet ek tot my skaamte erken dat ek ook
een van daai SAners is wat nie hul eie profete ken nie. Tot vier dae terug het
ek nie geweet wie Diana Ferrus is nie. Ek het definitief al van haar goed
gehoor en gesien, maar nie te veel notisie geneem nie. Julle! Die vrou is
briljant. Gaan google haar bietjie. Sy skryf haar eie goed en lewer gedigte uit
haar hart. Sy is van Worcester en is 60 jaar oud. Aangrypend. Sy is veral
bekend vir haar stuk wat sy geskryf het vir Saartjie Baartman. Sherlock het
haar voor ons toer gevra om ‘n tribute te skryf aan Nelson Mandela. Hy het ‘n
droom gehad oor ons optrede vanaand, maar meer daaroor later. Ek hardloop die
storie nou heeltemal vooruit! En my hare is nog papnat en ek sit en tik op my
rekenaar in my pajamas en hy en Charles gaan binne enkele oomblikke voor my
gastehuis se deur stop. Ons is oppad na Bern Stadt se Munisipaliteit om daar
verhoudings en vennootskappe te gaan bou. Blykbaar nogal ‘n moeilike oom wat ek
vanoggend moet ontmoet. Maar die wat saam met my werk sal weet: ons ken van
moeilike ou ooms. Laat ek eers spring...
Sterkte vir almal in SA wat gemoeid is met
die reelings vir die rou-periode vir oud-President Nelson Mandela. Ek dink aan
julle. My innigste simpatie aan almal wat ook soos ek voel dat ons ‘n groot
Vader en Vriend verloor het.
Nou sit ek gou in die internet kafee en wil hierdie vir julle stuur so gou as wat ek kan. Zorada tree vanmiddag op in die kerk so 'n blok van hier af en ek moet al weer hardloop. My afspraak by die Stadt het baie goed gegaan en ons is baie tevrede. Hulle het 'n hele kultuur afdeling in die kantoor van die Munisipale Bestuurder (noem hom die President!). Hulle gee 33 miljoen CHF per jaar vir die ontwikkeling van kuns en kultuur in die stadt. Dit is R369 miljoen per jaar! Daarvan word omtrent R33 miljoen gegee aan opkomende kunstenaars vir allerhande projekte. Ons wil he hulle moet ^n aansoek oorweeg vanaf Gerhard Muller van die Konzi om klaar gestudeerde jong kunstenaars te borg om 'n jaar se internskap/prakties te doen in Bergrivier area. Daarvoor moes ek vanoggend hul Mun Bestuurder ontmoet en sy arm draai en als vertel van ons dat hy weet as die aansoek kom, hoekom hy dit moet steun. 90 minute se groveling! Maar dit het goed gegaan. Ek is voor die tyd gewaarsku oor hoe moeilik hy is, maar hy was dit glad nie. Ek het al geleer dat geen mens moeilik bly as jy hom opreg uitvra en geinteresseerd is in wat hulle vir die wereld beteken nie.
Hulle stadshuis is pragtig en baie oud! (Ja dit is sneeu!)
Vandag verjaar my jongste sussie se oudste dogtertjie. Dit is haar eerste verjaarsdag wat ek mis in tien jaar! Kyk net die oulike prentjie wat my oudste sussie vanoggend via whatsapp aanstuur...
Mag elkeen van julle 'n wonderlike dag en naweek he. Dankie vir elkeen se kommentaar op die blog en sms'e en whatsapps. Dit help om 'n baie koue land warm te maak.
NS: Net vir die wat nog wonder of Switserland regtig so duur is... Ek het pas ontbyt geeet by Starbucks. Nie baie gepas om 'n Amerikaanse plek te soek in Switserland nie (ek weet) maar hul Earl Grey tee is die beste!
Die tee hierbo kos R66. Die muffin is 'n bargain. Kos eintlik R43, maar vir 'n kersfees uitverkoping is dit halfprys. My sussies vra hoe swaar sluk ek daaraan? Die enigste rede hoekom ek swaar sluk is omdat dit R42 kos om te piepie!
Geniet julle gratis tee en draaitjies! Soos my ma se: Viva SA, VIVA!
Wednesday, December 4, 2013
Gurten en ander draaie in Bern
3 Desember 2013
Ek is vanoggend
vroeg op. Daar is plekke om te sien en mense om te ontmoet en ek moet wikkel.
Dit is nog pikdonker buite. Ek drink earl grey tee en eet ‘n heidi broodjie en
toe is ek oppad. Op Sherlock se aandrang gaan ek heel eerste Gurten toe. Dit is
die plaaslike berg in Bern, maar die enigste manier om die top te bereik is met
die Gurten “Funicular”. Dit is gebou in 1899 en was op sy tyd die vinnigste
trein in Switserland. Die top is 864 meter bo seevlak en 332 meter bo Bern en
bied ‘n ongelooflike mooi uitsig oor al die berge rondom Bern. Agter die hotel
bo-op die berg is ‘n uitsig toring wat jy klim net om seker te maak jy sien
alles wat jy kan en wil sien. Ek maak ‘n baie mooi video van bo af. Dit is werklik
asemrowend. ‘n Mens kan ook die Jungfrau baie mooi sien van daar af.
Die fotos hieronder is net die wat met my selfoon geneem is. Ek het baie mooieres met my kamera geneem, maar kry hulle nie tans op my blog gelaai nie. Verskoon asb die kwaliteit.
Ek het die tafels net een kyk gegee en maar besluit om binne te sit.
Geen ontbyt is klaar sonder earl grey tee nie. Die gebak is 'n amandel dingetjie.
Gewapen met die
kaart van Bern begin ek om al die besienswaardighede een vir een na te loop en
te bekyk. In Switserland moet ‘n mens heeltyd op jou hoede wees, want op elke
hoek is ‘n bakkery wat so lekker ruik dat jy sukkel om verby te stap. En as jy
al jou wilskrag gebruik het en jouself weggeskeur het van die bakkery se
ingang, val die chocolatrie langaan jou aan! Gelukkig is alles so dooi duur dat
my beursie my veilig hou.
Sherlock is vandag
Zurich toe. Hy het die kunstenaars gaan haal. Maar wag, ek vergeet baie van
julle ken nie regtig vir Sherlock nie, so laat ek eers bietjie vertel. Hy’s nou
nie Holmes nie, maar Fortuin. In drie dae terug se blog het ek vertel waar hy vandaan
kom en hoe sy storie ontvou het totdat hy vandag in Bern bly. Hy het ‘n passie
vir die ontwikkeling van mense en wil dit doen deur musiek, kuns en kultuur.
Dit was nog altyd ‘n groot droom van hom om ‘n Suid-Afrikaanse fees in
Switserland te hou met die fokus op SAse klassieke musiek en literatuur. Sy
droom kon bewaarheid word met die hulp van ‘n groot borg en siedaar! Hier is
ons! Die kunstenaars wat gaan optree by die fees is Zorada Themming
(wereldbekende orrelis van Stellenbosch), Diana Ferrus, Florence Filton, Niel
Rademan, Arno Jones, Jo-nette Le Kay en Goitsemang Lehobye. Ek ken sover net
vir Zorada, maar dit sal vanaand verander. Die Vriende van SA in Bern hou vir
ons almal ‘n dinee. Sherlock het so pas laat weet dat hy nou al sy kuikens
onder sy vlerk het, maar Niel se tas het weggeraak! Nou val hulle rond om dit
op te los. Die kunstenaars bly in Hotel National. Ek het die pryslys een kyk
gegee en besef ek sal nooit ‘n oog kan toemaak daar nie. Ek bly in ‘n gastehuis
in Luissenstrasse.
Christoffel. Movember se moses.
My gastehuis
Van vanaand af
begin ons werk! Ek moet so vinnig moontlik soveel as moontlik kontakte opbou.
Ons wil ‘n uitruilprogram aan die gang sit tussen Bergrivier en Bern
Universiteit en Bern Stad om kultuur en kuns ontwikkeling op ons platteland in
SA te bevorder. Verder wil ons borge soek vir die Bergrivierkoor wat einde 2014
toer. By een van die funksies hierdie week sal daar donasies gevra word vir die
koor. By daardie geleentheid sal ek iets se oor ons area, die koor en die
ontwikkeling van mense deur kuns en musiek in SA.
Vir die van julle
wat nog nie baie weet oor ons gemeenskapskoor nie, gaan kyk gerus op hul
Facebook bladsy of by Piketberg NG Kerk se blad. Daar is baie inligting en ‘n
paar kort stukkies video ook van die koor se onlangse optredes. Ek is so trots
op hulle. Die koor bestaan uit 86 lede uit alle gemeenskappe in Piketberg,
Porterville en Goedverwacht. Met meer fondse sal ons ander areas ook by die
oefeninge kan kry. Hulle is werklike ambassadeurs vir ons area en doen sommer
gemeenskapsintegrasie en bou verhoudings oor rasse-grense sover as wat hulle
sing! Dis mos wonderlik wat musiek alles kan doen. Dit hef enige mens op!
Ek kry die hele
groep 19:10 op die Bern Bahnhof (Bern se hoof stasie) en vandaar stap ons na
die klein intieme “ladies bar” waar vanaand se ontmoeting plaasvind. Dit is die
“Vriende van SA” in Bern (ja daar is wraggies so ‘n organisasie) wat ons
vanaand onthaal. Ons word oorlaai met hartlikheid en ontmoet vir Markus. Hy is
die voorsitter van die groep en het ‘n gholfhemp aan met hul logo op. ‘n
buitelyn van Tafelberg met ‘n Switserse vlag op. Hulle kom gereeld bymekaar en
braai, bespreek SA en hou almal van toer na SA. Die vise-Ambassadeur by die
SAse ambassade is ook hier vanaand. Haar naam is Annabel en sy is ‘n lieflike
mens. Ons gesels lekker en sy deel ons droom van ‘n vennootskap skep waar ons
afgestudeerde Switserse kultuur en musiek studente na die platteland van SA
stuur om daar ‘n jaar se internskap te doen waar hulle hul vaardighede
terugploeg in die gemeenskappe. Charles en Rosemari is ook weer hier vanaand.
Ek het so vinnig lief geword vir hulle en dit is heerlik om hulle weer te sien.
Rosemari wil my more ‘n paar plekke en mense in die stad gaan wys.
Markus, die voorsitter van die Vriende van SA besig om ons te verwelkom. Regs langs hom staan die vise Ambassadeur Annabel.
Ek en Zorada Themming.
'n Paar van die kunstenaars. Anti kloksgewys: Zorada, Jo-Nette, Sherlock, Annabel, Florence, Diane and Giotsomang. Die een met die wit top langs Florence se naam kan ek nou nie onthou nie. Sy is ook van die ambassade.
Ek geniet hierdie
kunstenaars terdee. Niel is ‘n fasinerende jong SAner met ‘n lewendige humorsin
en ‘n buitengewone mooi stem. (Sy tas is steeds soek en hy het ‘n moderne
kombinasie van klere aan wat hy geleen het). Giotsomang is ‘n briljante sopraan
en Jo-nette verras met haar pragtige stem. Arno is eintlik ‘n begaafde orrelis,
maar kan net so mooi sing. En van Zorada Themmingh hoef ek julle niks te vertel
nie. Sy is vanaand die video-vrou en sing ‘n inleiding vir elke lied. Begaafd
verby! Ons sing Nkosi Sikele vir die gehoor en dit raak stil in die kroeg en in
my hart. Almal luister aandagtig. Ons gaan haal hom diep en trots. Die vise
ambassadeur is in trane! Dit is ‘n “hit”! Daarna trek ons los met alles van
Sarie Marais tot Shosoloza tot Kersliedere. Ek is so trots om hier te wees en
om Suid-Afrikaans te wees. Ons het wonderlike talent wat vir niemand in die
wereld hoef terug te staan nie. En ons is almal hier omdat ‘n uiters begaafde
kind van Piketberg ‘n groot droom gehad het... En nie opgegee het nie.
Sherlock, ek salueer jou!
4 Desember 2013
Ek word wakker van
heerlike whatsapp gesprekke met my familie. Ons het ‘n whatsapp groep waarby al
vyf sussies en ouers ingesluit is en dit klets voordurend. Wat ‘n voorreg.
Vanoggend is daar groot opgewondenheid want my Pretoria-sussie se jongste is
klaar met laerskool. My sussie in Kuilsrivier se seuntjie is in die top tien
van sy klas en die klomp in Stellenbosch wag nog vir rapporte. Ek si soos altyd weer opreg dankbaar vir my
wonderlike gesin.
Vanoggend gaan
Zorada en Sherlock Basel toe vir ‘n oefening en ‘n optrede saam met ‘n
plaaslike kunstenaar genaamd Michael Pelzel. Diana en Florence gaan ook Basel
toe om deel te neem aan ‘n voordrag by die Universiteit van Basel. Beide van
hulle is literatuur ghoeroes.
Vanaand is daar ‘n
SAse konsert in die konservatorium van Bern. Die konsert vind in vier gedeeltes
plaas. Niel sal begin met ‘n Kabaret, dan sal Jo-Nette, Goitsemang en Arno
Suid-Afrikaanse klassieke musiek sing, gevolg deur studente van Konzi Bern met
‘n uitvoering. Daarna sluit ons af met SAse Kersliedere. Vanaand ontmoet ek die
rektor van Bern Universiteit. Ons moet
ons idee van ‘n kultuur uitruil program met hom toets en sy inkoop kry. Dit is
ook by vanaand se geleentheid dat ek ons pamflette oor Bergrivier kan uitgee en
iets kan se oor ons area. Die spesiale kollekte vanaand gaan vir die Bergrivier
Gemeenskapskoor. Mag die Here die saal volpak en hul harte en beursies oopmaak,
sodat ons elke liewe lid van die koor sal kan help om volgende jaar die toer
mee te maak. Baie van hulle was nog nooit buite die Wes-Kaap nie en het nog
nooit gevlieg nie.
En ek en Rosemari
is vanoggend op ‘n geheime sending wat met ‘n “s” begin... Julle ken my mos.
Kan by geen winkel verbyloop nie. Hier is ‘n kettingwinkel genaamd Leob. Dis
soos Garlicks op steroids. Ek sal ‘n hele week daar kan deurbring. Die een in
Bern se middestad het ses verdiepings. Gister was ek vinnig daar in net om ‘n
draaitjie te gaan loop, maar my mond het oopgehang. Meestal vir hul
kersversierings. Ek het so skelmpies hier en daar ‘n foto geneem. Wil darem ook
nou nie lyk soos Sannie Niksgewoonds van die plaas af nie!
Hierdie is Sprungli! Wow! Wow! en Wow! Oorspronklik 'n heerlikheid van Zurich.
Hier word selfs winkelpoppe met hul broek op hul kniee gevang...
Gedagtig aan my
gesprek met die Ambassadeur en Rektor vandag, bewapen ek my met die feite van
Switzerland. Ek deel graag ‘n paar daarvan met julle:
Ek het gedog
Zurich is die hoofstad, maar dit is nie waar nie. Bern is. Zurich is wel die
grootste stad. Hulle leuse is: Unus pro omnibus, omnes pro uno – One for all,
all for one. Dit laat my aan die drie muskutiers dink. Hierdie land is oud! De
geboue is sandsteen en toe ek sien hul federale republiek is reeds in Augustus
1291 gestig, verstaan ek baie. Niks is onseker nie. Niks word vir die eerste
keer uitgevind of verander nie. Staties. Ek kan natuurlik nie help om ook die stad en
land uit ‘n Munisipale oog te kyk nie. Van skoon kan jy hierdie mense niks leer
nie. Maar dit help natuurlik as jou bevolking almal geletterd, opgevoed en nie
dronk op straat is nie.
Hier bly 8 miljoen
mense. En mag ek se: baie min jongmense. Miskien was ek nog net nie op die
regte plekke om hulle te sien nie. Vandag gaan ons universiteit toe. Miskien
verander ek dan van mening. Baie interessant is dat hul motors aan die
regterkant van die pad ry, maar hul treine links. Nogal verwarrend as jy soos
Daantjie Kat wil rondkyk voordat jy die pad kruis. Switserland is ‘n federasie
van 26 cantons. Switserland is bekend in die wereld as ‘n land wat baie lank op
‘n draad kan sit. Hulle is neutraal. Al vir 190 jaar. Daarom is baie
internasionale organisasies se hoofkantore hier gelee. Bv die Verenigde Nasies.
Ons gaan hul geboue besoek later die week in Geneva.
Dit was nog altyd
een van my kinder-drome: om vir die VN te werk. Een van die redes hoekom ek
Internasionale Politiek Honneurs gedoen het jare terug. Miskien soek ek sommer
‘n werkie ook hier vir later in my lewe. (net ‘n kantopmerking: my familie sal
weet hoe ek in 1993 se einde getreur het omdat ek gekeur was vir buitelandse
sake en al die poste toe gevries is in afwagting van die verkiesing in 1994.
Gedink my lewensdroom is op ‘n einde. En hier ontmoet ek gisteraand vir Annabel
en vra haar uit oor haar werk en hoor al die politiek wat daarmee saamgaan en
glimlag ek al die pad omdat die Here al weer – soos altyd – die heel beste
geweet het.)
As ons familie by Stilbaai
is, se my ma altyd na ‘n paar dae sy is so lus vir groente. Dan moet ons eers
weer ‘n slag potjiekos maak met goeie gesonde groente in. Wel, ek kan vir julle
een ding se: Ek eet nou al vir drie dae net brood en kaas en koue vleise. Dit
is natuurlik van hoogstaande gehalte. Jis, hierdie mense kan kaas maak. Flip.
Op elke mark en in elke restaurant. Gisteraand se onthaal het net bestaan uit
brood, kaas, koue vleis en sjokolade! Hoe gaan die liedjie: “Brood en kaas eet
die baas!” g’n wonder hierdie mense is aan die bopunt van die wereld se
voedselketting nie! Maar vandag gaan ek ‘n slaai soek. Vanoggend se ontbyt was
Earl Grey Tee (wat anders) met ‘n croussant en ‘n gruyere kaasplakkie. Die
Migros reg oorkant my gastehuis het rakke en rakke en rakke vol verskillende
kase. Dis ‘n belewenis en laat Nataniel se advertensie oor Checkers se
wonderkase na ‘n grap lyk.
Heerlike dag vir elkeen. Elizna, ek wens ek kon by jou partytjie wees. Julle moet die BAIE geniet. Mis julle.
Hanlie
Tuesday, December 3, 2013
Bern dag 2
Vanoggend is ek vroeg op, want ek het die dag vir myself en daar is plekke om te sien en mense om te ontmoet. Vandag gaan ek heel eerste na Gurten. Dit is die hoogste punt in Bern en mens gaan met 'n trein na bo-op die berg vanwaar mens 'n baie mooi uitsig het. Dit is nou as die weer saamspeel. Onder in die stad is alles toe en bewolk en ek het amper die fout gemaak om nie te gaan nie. Maar bo-op die berg is alles oop en PRAGTIG! Mens sien reg rondom Bern en elke berg in die Alpe. Sjoe, dit is mooi. Daar is 'n toring om uit te klim en dan sien mens nog verder. Daarna doen ek die stad. Ek vat die kaart en stap na elke besienswaardigheid denkbaar. Elizan, jy sal nie glo nie, maar dit voel soos gister dat ek en jy 20 jaar terug langs die bere put gestaan het. En weet jy: dit was weer vir my 'n teleurstelling. Net een beer in sig! Dit is darem 100% meer as verlede keer!
Ek bekyk die parlementsgebou, die kerke, die plazas en stap deur elke winkel. Sherlock is vandag Zurich toe om die kunstenaars te gaan haal en ek maak tyd op. Julle dit is 'n pragtige stad!
Ek skryf weer sodra ek kan. Die fotos sal moet wag vir later.
Groete aan almal.

Istanbul en Bern
2 Desember 2013
05:40
Ek dink nie ek het
al ooit voorheen ‘n Turk in lewende lywe ontmoet nie. Al wat ek omtrent van
Turkye weet is dat hulle Turkish Delight maak. Nou Turkish Airlines is deel van
die Star Alliance en vriende van my het gese hulle is goed en daarom het ek met
hulle gevlieg. Dit bring my vanoggend by ‘n nuwe land en nuwe stad wat ek nog
nooit voorheen gesien het nie. Istanbul le op die water en dit was baie mooi om
al die hawe liggies te sien uit die vliegtuig uit. Die vlug was goed. Die
lugwaardinne kan veel vriendeliker wees, maar miskien is dit maar hulle ding.
Ons het geland op
Atatürk
Havalimani Lughawe. 45 miljoen passasiers is hier deur gedurende 2012. Net om dit in konteks te plaas: Johannesburg
het 18,6 miljoen gedoen in dieselfde tydperk. Nie die grootste in die wereld
nie, maar groot genoeg.
Interessant vir my
is dat Istanbul nie die hoofstad van Turkye is nie, maar wel Ankara. Hulle
geldeenheid is die Turkse Lier. Hulle is ‘n demokrasie met President Abdullah Gül aan die roer van
sake. Hier woon 75,6 miljoen mense. Die meeste van hulle is Moslems. In hierdie deel van Wes-Asie is Turkye van
groot geografiese belang en word omring deur agt lande naamlik Bulgarye,
Griekeland, Georgia, Armenia, Iran, Irak, Sirie en Nakhchivan. Istanbul le oor die grens tussen Europa en Asie. Die Swart See loop in die middel deur en skei die stad in twee.
Ons vlieg weer
08:20 na Zurich. Die vlug is twee ure. Dan sal dit al lig wees dat ek lekker
mooi kan sien.
Nou eers vir nog
‘n snaakse teetjie.
Ek wou nou vir julle 'n paar fotos hier opgelaai het, maar die internet kafee se rekenaar wil nie my foto leser lees nie. Dis 'n baie snaakse ervaring om op 'n Switserse keyboard te tik. Die letters is nie almal waar ons s'n is nie en dit gaan baie stadiger. Gelukkig kos dit net 3CHF vir 30 minute en kan ek maar sukkel.
2 Des 08:20
Die vlug na Zurich
is eintlik langer as wat ek gedink het, want mens verloor wel ‘n uur
Switserland toe. Ons vliegtuig is geskeduleer vir 08:20 en kom 10:20 aan in
Zurich, maar dan is dit 11:20 in Istanbul en SA. Maar die Turke is baie rustig
en bietjie minder presies en ons drentel so deur na ons vliegtuig toe. Daar is
letterlik nie eers iemand wat jou instapkaartjie kyk nie. Die man leun teen die
muur en waai net sy handjie dat ons maar kan deurstap. Ons styg eers 08:45 op,
maar die vlieenier is nie ‘n Turk nie en hy gee gas. Ons land tien minute voor
geskedule. Ek slaap amper die meeste van die vlug (die slaappil werk nog), maar
is darem betyds wakker vir ontbyt en die mooiste fotos van die sneeubedekte
Duitse pieke.
Sherlock is die
eerste gesig wat ek sien toe ek uitstap nadat ek my bagasie gekry het. Die ses
bottels wyn is toe glad nie ‘n probleem nie, want daar is niemand by Doeane nie
en mens stap net deur. Lyk my die groot skrik na 9/11 is nou weer vergete en
almal is bietjie slap.
Ons gaan koop vir
my ‘n Swiss Pass vir 15 dae. Dit is duur, maar die moeite werd want alle vorme
van vervoer wat ek die volgende 12 dae gaan gebruik, is hierby ingesluit. Dit
kos my 476 Swiss Frank. Daar is tans 11,2 rand in elek CHF. Dit is R5331. Net my treinrit
van Zurich na Bern sou al die helfde daarvan gewees het, so ek is tevrede en
reg om hom baie te gebruik. Sherlock praat vlot Swiss Duits en dit gaan maklik.
Hy gradeer ons op na eerste klas op die trein en ons sit bo vanwaar ek die
landskap bae mooi kan sien. Die interessante is hoe die regering hier bele in
die platteland en deur middel van wetgewing alle industriee uitskuif na die
platteland om daar werk te skep. Dit sou by ons ook kan werk.
90 minute later is
ons in Bern. Dit het so vinnig verbygegaan, want ons gesels ‘n hond uit ‘n bos
uit. By Bern-stasie wys Sherlock my eers die stasie en die ou bewaarde mure van
die ou stad. Daar is ‘n restaurant in die ou mure gebou en ek vergaap my. Hier trek
ek geld en kry ons die trem na my Luissestrasse waar my gastehuis is. Dit is
die tweede huis langs die tremstasie en reg oorkant ‘n supermark (Migros). Baie
gerieflik en lekker. Na ‘n besoek aan die supermark vir iets om te eet vir
middagete (vra my oor die Heidi-broodjies), klim ek in die bed om verlore slaap
in te haal. En het ek nie geslaap nie?! "Heigen herts der naght ontkomen", sou my
Oumie gese het. Ek slaap tot die dood intree en skrik baie later eers wakker.
Daar is wifi in my kamer en ek hoef nie die R128/MB wat Vodacom se Orange
Netwerk hier vra, te gebruik nie.
Sherlock kry my
net na half ses en ons sit af kersmark toe vir Gluwein. Dit is heerlik! Daar is
twee groot kersmarkte in Bern. Die een waar ons vanaand is, is die
Weihnachtsmarkt. More sal ek die ander een ook probeer. Daarna ry ons met die
trem om vriende van hom by ‘n restaurant te ontmoet. Die restaurant is Strada
en baie gewild vir hul pizzas. Charles en Rosemary ken Sherlock al meer as tien
jaar. Hulle is dierbaar en ons kuier baie lekker. Na ete verras die sjef ons
met ‘n glasie lemonchello vir elkeen. Wat ‘n dag! As ek dink waar dit vanoggend
drie-uur in ‘n Turkse vliegtuig begin het met olywe vir ontbyt, tot waar ek nou
al soveel van Switserland beleef het. Ongelooflik!
Sunday, December 1, 2013
Ready, steady, ....
Deur doeane en klaar gepiepie. Nou wag ek vir die aankondiging om te kom. Ons kan maar "board". Ek is reg. Ons vlieg Kaapstad, Johannesburg (ons klim nie af nie, net nuwe passasiers klim op), Istanbul en dan Zurich. Ons sal 06:00 in Istanbul land in Turkey. Dis 'n nuwe land en stad vir my. Ek sit by die venster en hoop dit is oopgetrek van Istanbul na Zurich. My ouers en Corne het my kom afsien op die lughawe en ons het heerlik geeet in die SPUR. "Feels like home!" Dis mos al restaurant wat Piketberg eintlik het. Dit is darem maar wonderlik om familie te he wat bereid is om op 'n Sondag ure en km's af te le om my te kom afsien. Ek is voorwaar geseend.
Vlieg is nie meer so eenvoudig na my bloedklont drie jaar terug nie. Wanneer ek nou vlieg moet ek myself inspuit net voor ons vlieg met iets wat my bloed verdun en voorkom dat ek weer 'n bloedklont kry. Ek het dit 'n hele paar keer op my wereldtoer ook gedoen. Dis nie seer nie, net roetine. Om een of ander rede sien ek nog nie so uit na hierdie trippie as wat ek gedink het ek sal nie. Miskien as ons eers in die lug is. Miskien is dit omdat ek nou eintlik twee weke voor die einde van die jaar begin afskaal en al die ander mense nog volstoom aanhardloop einde van die jaar toe. Ek weet nie. Ek is net nog nie in die "grove" nie.
Maar kom sal ek daar kom!

Saturday, November 30, 2013
Die eerste afrikaanse fees in Bern, Switserland
Nou kyk, ek het hierdie jaar al baie aangrypende mense ontmoet op die platteland! Die meeste 'n groot inspirasie. Een so 'n persoon is Sherlock Fortuin. Hy kom van Piketberg af. Sy Ma en stiefpa bly steeds hier. Maar Sherlock bly in Switserland. Hy is baie musikaal en het na skool by Stellenbosch Universiteit gaan studeer en in die Univ Koor en Libertas Koor gesing en daar 'n groot liefde vir koor en kultuur opgebou.
En toe begin hy 'n gemeenskapskoor in Bergrivier. Hulle is al 86 lede sterk uit alle dele van ons gemeenskap. Hulle bevorder die afrikaanse en KhoiSan kultuur. Hulle is genooi om einde 2014 in Amerika en Europa te gaan toer, maar wag nou loop ek die storie vooruit...
Sherlock werk by Bern Universiteit en hou 'n Suid-Afrikaanse fees van 2 - 12 Desember 2013 in Bern. En ek is oppad soontoe! My tas is gepak en ek is op die punt om te mag opgewonde raak. Die afgelope week moes ek eers 'n paar berge versit voordat ek kon dink aan gaan. Ons strategiese sessie met ons raad moes afkom, ek moes die laaste Raadsvergadering vir die jaar oorleef en Bergrivier Munisipaliteit het vir die eerste keer in hul geskiedenis 'n Prysuitdelingsfunksie gehou waar al 382 werknemers en alle raadslede bymekaar was vir 'n aansit ete. Ons het al die opleidingsertifikate wat in 2013 verwerf is uitgedeel (197 van hulle!) en langdienssertifikate oorhandig. Die moeilikste was om skeptiese mense te oortuig dat so iets kan en sal werk! Die doel was om almal trots te maak om hier te werk en ek dink ons het geslaag. Dit was 'n groot sukses. Toe alles opgeruim is na die tyd en net voordat ek in my motor klim, kom een van ons werkers. Dis die eerste eer dat ek hom sien en hy vat my hand en kyk diep in my oe en se: Mevrou, jy kom DUIDELIK uit! Wat 'n kompliment! Ek is so gelukkig in my werk en kry die geleentheid om my 100% uit te leef. Werklik 'n groot dankbaarheid in my lewe!
Terug by die Bergrivier Koor: My trip na Switserland is werk en plesier. Net vir enige belastingbetaler van Bergrivier wat hierdie lees - ek het my eie vliegtuigkaartjie en verblyf betaal. Die Mun gee net vir my spesiale verlof vir die tien dae. Ek gaan om langtermyn volhoubare vennootskappe te bou met Bern Universiteit om kuns en kultuur in ons gemeenskappe te bevorder. Verder is een van die aandprogramme by die fees ten bate van die koor en ek gaan iets se by die geleentheid oor ons area en pamflette uitdeel dat die gehoor ons area in hul geestesoog kan oproep. Daar is 12 kunstenaars uit SA wat by die fees gaan optree. Onder andere Zorada Themming! Ek sien baie uit daarna om hulle almal weer te sien en saam met hulle ons mooi land te adverteer.
Ek sal probeer om julle op hoogte te hou sover ek gaan. Dis winter in Switserland nou en die sneeu val. Dit was nogal moeilik om te pak vir hierdie een. Ek het ses bottels geborgde wyn wat Org du Rac in Piketberg vir Sherlock stuur vir 'n kaas en wyn op die fees. Dis als in my tas! 7,8kg se wyn! Verder moes ek aandklere by my Ma leen en my swaar stapskoene saamvat om oor die geysde strate te kan kom. Ons sal maar sien hoe dit gaan...
Tot ek kans kry om weer van my te laat hoor... Geniet elke oomblik!

Friday, October 4, 2013
Just checking in
Vanoggend kuier ek gou vir 5 minute by my vorige PA in Stellenbosch. Eintlik het ek haar gaan verras met 'n kopie van die boek wat ek geskryf en laat uitle en druk het oor my wereldtoer in 2012. Ja, daar is genoeg foto's in. 'n Hele 772! Ek het net 30 kopiee laat druk en daar is min oor. Die boek se naam is: "Een miljoen tree..."
Hier is 'n foto van die voorblad: (ek sien nou eers die agtergrond is my pajamas en my breiwerk! maar so ken julle my mos)
Dis vir my so lekker om Madeleine weer te sien en ons gesels 'n hond uit 'n bos uit. Sy het vir 7 jaar tussen 2005 en 2012 elke dag skouer aan skouer saam met my gewerk en ken my seker beter as die meeste mense. Skielik vra sy: Hanlie, hoekom skryf jy nie meer blog nie? Die waarheid is: ek weet nie eintlik nie. Het net lanklaas die tyd gemaak om vir julle te vertel wat in my lewe aangaan. En daar gaan duisende goed aan, so eintlik het ek baie om te vertel.
Laat ek begin deur te se: Ek is baie gelukkig in my werk en in Piketberg. Verlede naweek was van die lede van my professionele vrouegroep in Stellenbosch by my en Christa Domesle het dit so mooi opgesom: Sy se sy het gehoor ek se vir hulle dat ek regtig gelukkig is op die platteland, maar sy wou vir haarself kom kyk. Nou weet sy: Ek is regtig gelukkig. Minder stress, meer satisfaksie, meer erkenning en meer geleentheid om 'n groot impak te he op die omgewing. Heerlik!
Die kuier met my vroue-groep was uit die boeke uit. Ek het oor die afgelope 12 jaar so lief geraak vir hierdie mense. Ek gee eers 'n paar fotos en verduidelik dan.
Lizette Botha en Christa Domesle geniet die son en rustigheid van die platteland by die mark. Ons het mekaar OP-gekuier die naweek.
Johann is Irmi Hoffmann se man en hy het die vroue naweek trotseer en so lekker saam gekuier. Op sy skoot is hulle jongste, Cara.
Die Piket Boberg is wereldbekend vir die blomme wat hulle uitvoer. By hierdie mark kry jy uitvoergehalte blomme vir next to nothing! Die mandjie het Lizette my persent gegee. Pragtig!
Ons ken mekaar al so goed dat Lizette 'n hoed gebring het vir Christa wat haar kleurskema en persoonlikheid 100% gepas het.
Die aand het ons 'n "gestewel en gehoed" geleentheid gehou by die Bio-Cafe in Piketberg. Sir Cobis Wilson was ons gasheer en het ons bederf met 'n viergang maaltyd uit die boonste gestoeltes. Ons het sy fleurklavier goed gebruik en onder die begeleiding van die plaaslike orrelis, Alison, ons longe uitgesing op Laurika Rauch Classics en natuurlik ABBA se bestes! Girls, julle mag maar!
Sondagoggend het ons gaan piekniek maak. Ek mag nie se waar nie, want dit is privaatgrond en ons het onwettig betree. Maar die uitsig en die geselskap het ons gewetes gesus.
Een van die lekkerste dinge van my huidige status van op die platteland bly is die kuiertjies van so baie van my familie en pelle oor naweke. Ek is eintlik angstig dat die tyd te min is, want die jaar hardloop uit en ek is nog nie eens deur die eerste rondte van kuiers nie. Daar is altyd genoeg plek vir almal, so laat weet net as jy in die geweste is!
Hierdie naweek kom pelle uit Thailand en Vredendal. Boek vroegtydig!
Hier is 'n foto van die voorblad: (ek sien nou eers die agtergrond is my pajamas en my breiwerk! maar so ken julle my mos)
Dis vir my so lekker om Madeleine weer te sien en ons gesels 'n hond uit 'n bos uit. Sy het vir 7 jaar tussen 2005 en 2012 elke dag skouer aan skouer saam met my gewerk en ken my seker beter as die meeste mense. Skielik vra sy: Hanlie, hoekom skryf jy nie meer blog nie? Die waarheid is: ek weet nie eintlik nie. Het net lanklaas die tyd gemaak om vir julle te vertel wat in my lewe aangaan. En daar gaan duisende goed aan, so eintlik het ek baie om te vertel.
Laat ek begin deur te se: Ek is baie gelukkig in my werk en in Piketberg. Verlede naweek was van die lede van my professionele vrouegroep in Stellenbosch by my en Christa Domesle het dit so mooi opgesom: Sy se sy het gehoor ek se vir hulle dat ek regtig gelukkig is op die platteland, maar sy wou vir haarself kom kyk. Nou weet sy: Ek is regtig gelukkig. Minder stress, meer satisfaksie, meer erkenning en meer geleentheid om 'n groot impak te he op die omgewing. Heerlik!
Die kuier met my vroue-groep was uit die boeke uit. Ek het oor die afgelope 12 jaar so lief geraak vir hierdie mense. Ek gee eers 'n paar fotos en verduidelik dan.
By die mark op Kruistement-vlei op Piketberg Boberg kan jy enigiets koop van 'n heksie-besem (vir net R20 elk) tot heuning, blomme, vleis, groente, vetkoek en noem maar op. As jy nog nie daar was nie, maak 'n plan! Dit is so die moeite werd. Hier is Christa besig om te vlieg op haar nuut aangeskafde besem. Ek kan nie onthou of sy besig was om op te styg of besig was om te land nie.
Johann is Irmi Hoffmann se man en hy het die vroue naweek trotseer en so lekker saam gekuier. Op sy skoot is hulle jongste, Cara.
Ons ken mekaar al so goed dat Lizette 'n hoed gebring het vir Christa wat haar kleurskema en persoonlikheid 100% gepas het.
Die aand het ons 'n "gestewel en gehoed" geleentheid gehou by die Bio-Cafe in Piketberg. Sir Cobis Wilson was ons gasheer en het ons bederf met 'n viergang maaltyd uit die boonste gestoeltes. Ons het sy fleurklavier goed gebruik en onder die begeleiding van die plaaslike orrelis, Alison, ons longe uitgesing op Laurika Rauch Classics en natuurlik ABBA se bestes! Girls, julle mag maar!
Sondagoggend het ons gaan piekniek maak. Ek mag nie se waar nie, want dit is privaatgrond en ons het onwettig betree. Maar die uitsig en die geselskap het ons gewetes gesus.
Een van die lekkerste dinge van my huidige status van op die platteland bly is die kuiertjies van so baie van my familie en pelle oor naweke. Ek is eintlik angstig dat die tyd te min is, want die jaar hardloop uit en ek is nog nie eens deur die eerste rondte van kuiers nie. Daar is altyd genoeg plek vir almal, so laat weet net as jy in die geweste is!
Hierdie naweek kom pelle uit Thailand en Vredendal. Boek vroegtydig!
Friday, June 28, 2013
Die engel langs my
Tannie Joan.
Dit voel soos gister toe ek haar 17 jaar terug ontmoet het. Sy was die verversings-assistent op ons 2de vloer in die Munisipaliteit van Stellenbosch. Tot haar aftrede klomp jare later was my kantoor drie deure van haar kombuis af. Daar was altyd lewe, heerlike reuke, baie lag, baie mense en altyd 'n innige mens wat reg gestaan het om na hartelus mense te bedien. Enige een vir enige rede. Dis Joan.
Dis eintlik onmoontlik om nie vir haar lief te wees nie. Sy is die naaste aan ons Here Jesus Christus wat ek nog ontmoet het. Sy is nederig, altyd dankbaar, altyd vergenoegd, altyd tevrede. Sy het 'n goeie woord en goeie gedagte oor elkeen wat sy ken en ook die wat sy nog nie ken nie.
Ons het deur al die jare vriende gebly. Hierdie naweek kuier sy by my op Piketberg. Ek het haar vanmiddag gaan haal. Sy was nog nooit verder langs die N7 as Malmesbury nie, maar het al van Moorreesburg en Hopefield gehoor. Piketberg is vir haar 'n verrassing en dis so lekker om ons mooi dorp deur haar vars oe te sien. Sy babbel vandag onophoudelik. 'n Paar jaar terug het sy 'n beroerte gehad en het die gebruik van haar linkerhand verloor. Sy is al bietjie doof ook. Die tye wat sy so helder is soos vandag, spits ek my ore en wens ek ek kan elke woord wat sy vertel opneem en dit woord vir woord neerskryf. Dit is Afrikana. Vandag onthou sy baie van haar tienerjare. Sy is die oudste dogter in die familie en moes op 12 uit die skool uit om te gaan werk in Soutrivier by Mr Lord se Cape Underwear klerefabriek. Hy en sy vrou was Jode en skatryk. Hul seun is later vir dwelms gevang. Sy onthou snaakse en hartseer stories.
12! Dis hoe oud my jongste sussie se oudste dogtertjie nou is. Ons laat haar nie eens alleen die drie blokke skool toe stap nie. Joanie moes die 5 km stasie toe donkervroeg winter en somer stap en dan 'n derde-klas trein klim Soutrivier toe. Sy het daar gewerk vir 27 jaar en R500 pensioen gekry toe sy weg is. Hulle moes onderklere en nagklere maak en sy onthou hoe die teikens per uur net elke jaar meer en meer geword het. En die straf as hulle dit nie maak nie, meer en meer. Dan weer laatmiddag hardloop trein toe, lang ure treinry tot op Stellenbosch om donker laat aand tuis te kom om more-oggend dou voor dag terug te hardloop trein toe. Niks in Joan se stem is verwytend of bitter nie. Sy lag lekker as sy dit vertel, maar ek wonder telkens wie en wat sy vandag sou wees as sy die helfte van die geleenthede gehad het wat ek het.
Soms vat ek haar om te gaan inkopies doen. Ek doen dit meer vir my as vir haar. Sy skryf die 11 of 12 goedjies wat sy nodig het onder mekaar op 'n herwinde advertensie. Sy is 'n diabeet en moet gesond eet. Dit is duur. Specko rys, ontvelde hoender, slaai. Langs die goedjies is kolomme van wat elke item by verskillende winkels kos. As iets 13 sent goedkoper is by Shoprite as by SPAR, koop sy dit by Shoprite. Ek is meestal haastig (julle ken my mos) en betaal graag duurder as ek net een winkel kan besoek. Dis vir haar onverstaanbaar, ondenkbaar. En as ons by die kasregister kom en ek betaal haar maand se goedjies, is ek elke keer skaam as my mandjie maklik vier keer meer kos as hare. Sy meet en pas en dink en dink weer oor elke ding wat sy vat. Verlede week probeer ek 'n bietjie haar-kleursel in haar mandjie smokkel. Sy vang my uit. Dit is nog nie tyd nie, se sy. Nog vier maande. Dan koop sy weer kleur. Ek teken 'n kredietkaartstrokie sonder om selfs een keer na die bedrag te kyk.
Ek vat laat vanaand vir haar 'n warmwatersak om onder die donsduvet te druk. Dis vrek koud hier. Sy is skaam oor ek haar so bederf. Sy gaan badkamer toe en haal haar vals tande uit. Dan kniel sy langs haar bed. Ek is al klaar in die badkamer en deur die huis om alles te sluit toe sy stywerig opstaan van haar kniee af. Sy het die lang ligpienk nagrok aan wat sy by haar ma geerf het toe die tannie dertien jaar terug oorlede is.
Sy lyk vanaand presies soos die engel wat ek weet sy is.
Thursday, June 20, 2013
Wolf skaapwagter
As ek vier dae terug geweet het wat ek nou weet, het ek dit nooit gedoen nie. Hoe kan 'n goeie bedoeling so skeef uitdraai? Ek is nou al 96 uur lank besig om die gebeure oor en oor in my kop te laat afspeel en elke keer wens ek 'n ander einde. Maar die werklikheid ruk my telkens na die hede terug.
Dit het so gebeur: Ek het nuwe vriende op Piketberg gemaak. Vir ons almal se beterskap noem ek hulle Inge en M. Inge het na my op die dorp aangekom en ons het dadelik gekliek en is heerlike vriende. Sy het 'n pleegkind wat sy al het vandat hy 2 is. M het verlede week 9 geword. Ek is baie lief vir beide van hulle. Ek het ook vriende geword met 'n boer in die omgewing. Hier noem ek hom Gawie. Gawie boer met skape, koring en beeste, maar nie in daardie volgorde nie. Hy is eerstens 'n saaier en dan 'n beesboer wat skape ook het. Hierdie jaar is 'n besonderse goeie jaar vir skape. Wat ek nooit geweet het nie, is dat saaiboere hul skape se lamtyd manipuleer om later in die jaar te val sodat hulle eers kan klaar saai voordat lamtyd begin. Met vandag se genetika en mediese wonders kry baie skape twee en drielinge en het gereeld hulp nodig met die geboorteproses. So die twee hoofaktiwiteite kan nie saamval nie. Dan is dit chaos. Gawie is 'n baie goeie boer en was erg verras dat hierdie jaar amper 165% lammers opgelewer het. Wel, dit was voordat ek vir M plaas toe geneem het.
Die afgelope twee weke het Gawie ook twee hanslammers wat hy grootmaak. Die mooiste goed! Ek het die voorreg gehad om ook 'n handjie te kon bysit en het die ervaring baie geniet. Toe dink ek dit sal wonderlik wees om ook vir M en Inge die hanslammers te wys dat hulle ook in die ervaring kan deel. Na lang beplanning en tye koordineer wat almal pas, is ons toe op Jeugdag se vakansiedag plaas toe. Gawie was skepties oor die besoek, maar het ingewillig.
Die eerste deel van die middag het baie goed verloop. Ons was rivier toe (die Bergrivier loop tussen die plase deur), het ons verkyk aan die flaminke op die dam, M het quadbike gery saam met Gawie en ons kon die beeste en hoenders van naby bekyk. Selfs die besoek aan die hanslammers was uit die boonste rakke. Later steek Gawie vuur op en ons kuier heerlik. Maar die vrede sou nie lank hou nie...
Nou moet ek myself onderbreek en verduidelik wat ek die afgelope tyd oor skape geleer het. Ek het altyd geweet om iemand 'n skaap te noem is 'n redelike belediging, maar nou weet ek: 'n skaap is vrek dom. Hulle word in klein kampies gehou vir die kraamproses en elke lammertjie word gemerk vir die eerste paar dae, want 'n skaap kan nie tel nie en weet nie self sy het 'n drieling nie en gooi sommer haar lammertjies weg. Daarom beweeg hulle glad nie. Solank as wat die lammertjie langs sy ma bly, lewe hy. As hy haar verloor, vrek hulle maklik. Na 'n week of wat word hulle uitgeplaas na die veldkamp met groot sorg en versigtigheid sodat die skape naby hul lammers kan bly en heeltyd weet wie is wie se lammers. Gawie en sy werkers is erg versigtig om nie die trop te versteur nie, want dit kan grootskaalse lamvrektes tot gevolg he.
In retrospek kan ek nie presies onthou hoe dit gebeur het nie. Ek en Inge het nog by die vuur gesit en gesels en M was by ons. Die volgende oomblik kom Gawie om die hoek en skree dat ons asb dadelik die kind uit sy ooie kamp moet kom verwyder, want hy is besig om groot probleme te veroorsaak. (die taal het definitief meer kruie bygehad!) Ek en Inge het voorhek toe gehardloop en net gesien hoe M tussen die skape deur hardloop en hulle aanjaag dam se kant toe. Selfs 'n paar klippe optel en agter hulle aangooi. Ek kan nie vir julle die skrik in my lyf verduidelik nie! Hoe het hy daar gekom? Hoekom doen hy dit? Wie het gese hy kan deur twee hekke op sy eie op die plaas wees?! Ek en Inge hardloop agterna en skree ons longe uit op M, maar sonder enige sukses. Ek gaan haal later my kar en ry nader. Toe ons by M kom is hy baie trots op sy prestasie en vra net of ons gesien het hoe vinnig hy is? Ek was stom van woede en skok.
Gawie was onheilspellend stil en op die oog af kalm. M het huilend omverskoning kom vra. Die res van die aand was styf en ongemaklik.
Baie lammers sal vrek. Dit was vir baie van hulle die eerste dag in die veldkamp en skape en lammers ken nog nie mekaar nie. Iemand sal hiervoor moet betaal.
In 'n whatsapp later die aand skryf Gawie: "Ek is jammer oor jou ervaring vanaand. M het baie plaashekke vir hom en ander vandag toegemaak."
Ek is nog besig om te dink wat ek alles hieruit geleer het. Onvoorsiene gevolge van 'n goeie bedoeling...
Hier is ek die vorige week met die grootste van die hanslamme. Sy naam is Soetraak en hy sukkel maar daarmee. Die tweede hanslam is heelwat kleiner. Sy naam is Kastig.

Tuesday, May 7, 2013
Saaityd...
Nou weet ek wat julle dink. Wat weet Hanlie van boerdery af? Die antwoord is maklik. Niks!
Maar ek leef nou al vir vyf maande in 'n area waar boerdery die hoof aktiwiteit is en ek leer elke dag soveel nuwe dinge deur die kennisse en vriende wat ek die afgelope tyd gemaak het.
Die ding wat ek die hardste moes leer is die risiko's, tydsberekening en wetenskaplikheid wat met boerdery gepaard gaan. Iets wat ek nog nooit bedink of bereken het nie. Ek koop vleis, vrugte en groente, graanprodukte en melk maklik van 'n rak af sonder om verder te dink as wat ek daarvoor moet betaal en wat ek daarmee gaan maak.
In Piketberg en omgewing is dit die enigste gespreksonderwerp vir die afgelope twee maande: Wanneer gaan dit reen? Hoeveel gaan dit reen? Is my implemente reg? Is my mense gereed? Wanneer kom die volgende staking? Hoeveel moet ek hulle betaal? Hoe lank gaan die winter wees? Het ek genoeg voorbereiding gedoen? Watse skuiwe moet ek maak op die skaakbord en sal dit werk? Hoeveel kan ek waag? Die hele boerdery bedryf is 'n waagstuk met enorme risiko's vir die spelers. Elke skuif kan jou laaste skuif wees.
Gisteraand ry ek en 'n mede munisipale bestuurder van 'n ander dorp terug van 'n vergadering af in Worcester. Ons ry verby Porterville oppad Piketberg toe en op elke land is daar ligte. Elke boer is in die veld besig om te saai. Na deeglike oorweging en met volle hoop en vertroue dat hierdie week die regte tyd is om klein saadjies in die grond te sit met die hoop dat die omstandighede reg sal wees om 'n oes te lewer.
Ek is nie 'n boer nie, maar ek besef die afgelope tyd ek is ook 'n saaier. Ek saai tyd, energie en dienste in 'n gemeenskap waar die omstandighede 100% reg moet wees vir die saad om te groei en 'n oes te lewer. As die tydsberekening verkeerd is of die saad op verkeerde grond val, sal die oes misluk en die onkruid lustig groei.
Ek lees in my bybel dat almal van ons wat kinders van God is saaiers is wat elke dag saad saai in grond wat vrugbaar of onvrugbaar is. Soms raak ons moedeloos as ons niks sien opkom nie. Ander kere is ons verbaas oor die goeie vrug wat die Here bewerkstellig.
Vir al my vriende wat tans besig is om te saai... dankie dat julle my horison verbreed het. Dankie dat julle volhard met die skaakspel, al is dit hoe moeilik! Dankie dat ek kan leer dat die brood wat ek eet 'n hoogs gereguleerde en moeilike pad gevolg het om op my bord te beland. En dat ek minder onnadenkend verby saailande moet ry en moet sien en inneem dat 'n groot sektor in ons land uiters moeilike omstandighede daagliks trotseer om produkte te lewer wat die meeste verbruikers as absoluut vanselfsprekend aanvaar. Mag julle rekord-oeste lewer hierdie jaar!

Subscribe to:
Posts (Atom)