Hierdie Dordogne area waarin ons nou is, is baie bekend vir hul eend-geregte. En deesdae sonder die geforseerde eetgewoontes. Gisteroggend is ons in Le Bugue. Dis omtrent 20 minute se ry verder suid. Daar is ‘n mark met als wat eend is. Ook die uiters spesiale fois gras. My word Johanna! Nou het ek dit ook geproe. Te ryk, maar delikaat verby. My gunsteling is die gedroogte eendborsie. Iets tussen biltong en salami. Uiters heerlik.
Hier is ons by die Le Bugue mark en die fransman wat die spesialis eendgeregte maak kon net Frans praat. Eric het alles vertaal. Dit is nie verniet dat almal so aangaan oor Franse cuisine nie.Le Bugue is ‘n pragtige dorpie langs ‘n rivier.
Gedroogte eendborsie met foir gras in die middel.
Die een links was my gunsteling.
Selariac
Truffle produkte is ook orals te sien.
In die supermark kry ons rooibostee van SA.
Dit reën vanmiddag en ons hou onsself besig met lekker kuier.
Eric is ook opgelei as ‘n shef en maak tipiese franse mossels vir ons.
Ons besoek ‘n franse bakkery en kies elkeen een om later te deel. Hierdie is geëet oor drie dae.
Nou weet ek ook waar die gesegte vandaan kom van jou kastaiings uit die vuur krap. Kastaiings is chest nuts en hulle word in die vuur gebraai. Hulle stekels maak seer!!
Ons eendgereg vanaand was een van die heerlikste borde kos wat ek ooit in my lewe geëet het.
Ons besoek nog ‘n mooi dorp Les Eyzies nadat ons nog ‘n grot gaan besoek het. Hierdie keer Gouffre De Proumeyssac.
Die uitsig uit Christa se kombuis.
Deel van my ‘boarding en lodging’ is dat ek ‘n paar egte wolsokkies brei oor 5 naalde vir Christa op Elna se Ma se geheime patroon. Dis uiters hoërgraad, maar nou het ek ‘n nuwe vaardigheid bygeleer!
Vandag is ons oppad na Perigueux! Ek vertel later.
No comments:
Post a Comment