Omtrent ‘n uur se ry suidoos van Mauzens-et-Miremont lê die pragtige dorp van Domme. Dit is in 1207 gestig. Ons kon net nie genoeg fotos neem vandag nie. Elke gesig is onthoubaar. Ons ry eers tot by ons Gite (Jeet - gastehuis) en los ons gehuurde motor daar. Dan vaar ons die dorpie in. Nie baie groot nie, maar baie skuins. Ons vergaap ons aan die uitsig oor die Dordogne-riviervallei en die Domme-grotte.
Ons kry middagete by ‘n plaaslike restaurant en probeer ‘n plaaslike bier.
Kaart van die dorp. Alles in Frans.
Vandag ry ons verby die afdraaipad na Lalinde. Dis ‘n dorpie tussen Bourdeaux en Perigueux. Ook ‘n toerisme-dorpie met ‘n mooi kerk.
Soos ek hier sit en skryf, speel Elna en Christa monopoly in frans. Google translate speel saam.
No comments:
Post a Comment