Monday, April 2, 2018

Tango in Buenos Aires

Dis die laaste aand op ons toer (wat ons nie op ‘n vlug oor die Atlantiese Oseaan gaan rondhang nie).  Ons land halfvier in Buenos Aires en word opgelaai en gevat na Rochester Concept Hotel in Maipu straat naby die middestad. Dit is dieselfde hotel as waar ons twee weke terug ingeboek het oppad Patagonia toe. Dit voel maande terug.

Buenos Aires is die stad van tango.  Daar is twee voorstede wat bekend is vir tango danse in die aande, La Boca en San Telmo.  Ons kies laasgenoemde.  In my kop hoofsaaklik oor twee redes: La Boca is veel verder. In 2016 het ek en Lean dit op die BA bikes fietstoer besoek.  En ook dat ek al daar was. San Telmo het ek al in die dag gesien en hul mark besoek, maar was ek nog nie in die aand op die Plaza Dorrego vir aandete by ‘n straatkafee en ‘n tangovertoning nie.

Tangovertoning op Plaza Dorrego







Ons loop vir Charlie Chaplin raak by die mark.


Hierdie poppe is alles uit spons gekerf.


Zoom gerus in en kyk tot waar strek hierdie mark. En dit is nadat ons al ‘n uur lank in die mark geloop het. Defensa avenue het ‘n ‘cobble stone’ oppervlakte en is vir voetgangerverkeer alleenlik. Dit is hier waar daar elke Sondag ‘n mark plaasvind. Dit hou aan vir 13 blokke.

En so eindig ‘n onbeskryflike vakansie in een van my gunsteling plekke in die wêreld. Patagonia sal my weer sien.  My fitbit se binneste glas het gekraak. Vermoedelik as gevolg van die koue op Base Torres, maar al die res werk nog. Volgens hom het ek en Sonja nou al 261303 treë gegee vandat ons weg is in Piketberg op 19 Maart 2018 of 172,44 kilometer. Ons is tevrede, dankbaar en reg vir die terugvlug.

No comments:

Post a Comment