Sunday, April 1, 2018

Opstandingssondag tussen hase en eiers

Dit lyk op die oog af of min mense in Bariloche weet waaroor Paasfees regtig gaan. Dit is net hase, eiers en sjokolade waar jy kyk.  Ons wou ‘n kerkdiens gaan bywoon, maar die enigste Christelike diens wat ons kon kry, begin eers 11:00 en dan vertrek ons shuttle na die lughawe al. Ons vlieg vandag terug na Buenos Aires. Dit is ‘n twee ure vlug.  Wel, toe hou ons maar ons eie diensie in ons kamer.

Vanoggend is die strate stiller en kry ons meer tyd om rond te kyk. Gistermiddag was omtrent ‘n gedruis.
  










Die hoofstraat, Mitre, is oortrek met paaseiers.

  
Hierdie St Bernard honde (daar was drie) word gebruik as foto-geleenthede.




 

Elke winkelvenster is kunstig versier. Bariloche is bekend vir hul sjokolade.



 
Die meer vanoggend.

 









No comments:

Post a Comment