Ek kon nie slaap laasnag nie! Na 21 jaar gaan ek weer Parys sien. Ek was laas hier saam met my hartsvriendin Elizan Strauss (nee Van Zyl) in 1993. Welliswaar weer in die winter. Ek het al vroeer die week in Antwerpen vir my n kaart gekoop en alles in Parys bekyk en omkring wat ek wou sien. Dit sou groot beplanning verg, want my groep vertrek eers 10:31 met die trein vanaf Brussels na Parys se lughawe. Daar moet ek 30 mense help inboek en dan is ek weg!! My geld was getrek, my planne agtermekaar, die groep uitgedun tot n hanteerbare min wat vinnig kan stap en maklik kan snap!
EN daar steel hulle vyf van ons groep se tasse op die trein. Net weg. En my dag verander in n malle gehardloop tussen treinpolisie en 'lost and found'. Ek moes selfs n verklaring afle in Frans. Ek wonder nou nog wat ek verklaar het. Soos ek nou hier sit is ek verslae, kwaad, bitter jammer vir die vyf pragtige tannies wat al hul aandenkings, inkopies en geskenke verloor het en ook vrek vies omdat ek my dag in Parys verloor het. As ek eerlik is voel ek ingedoen! Kon ek nie maar net ook vir een dag in my lewe my verantwoordelikheidsaanval verloor het en ook doodluiters 07:10 op die trein klim en Parys in wandel nie. Maar nee!
Ek het nou nog 7 euro en 50 sent in munte om te spandeer in die volgende uur, maar ek kry myself nie sover om n aandenking te koop van vandag nie.
Wednesday, December 17, 2014
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment