Dit is net na half agt in die oggend Amerikaanse tyd. By julle in SA is dit na half drie in die middag. Ek sit in die plek met die beste earl grey tee in die wereld. Starbucks! Ek was vroeg wakker. Natuurlik omdat my interne klok nog op SA tyd is, maar ook omdat ek wil ry voor spitsverkeer. Ek het ook n paar persoonlike nuwe ervarings beleef sedert gister. Ek moes vir die eerste keer self n motor huur oorsee en aan die verkeerde kant van die pad bestuur in baie besige verkeer. Wel, so far so good! Met goeie raad van my Christa-sussie wat vyf jaar in die VSA gebly het en iMaps vorder ek goed. Vandag het ons n baie lekker dag om na uit te sien. Ons kry mekaar 09:30 by die Fresh Pond Mall. Dit is regoor die straat van waar ek nou sit. Dit is in Cambridge, Boston. Pragtige plek! Die vinnigste sal wees om die itenary vir julle op te sit. Maar my foon laat my nou nie toe om dit te doen nie.
Ons doen eers n Boston stadstoer, daarna gaan ons na die Boston Science Museum en gaan n uitbeelding kyk in die Omni Theatre. Vanaand tree ons op in Arlington by hulle Luggiesfees. Hulle sit vanaand hulle liggies aan en sing kersliedere. Die Bergrivierkoor sing kersliedere en ook saam met Sharing a New Song se koor. Ek sien baie uit daarna.
Maggies die tee is heerlik!!
Ek was al n paar keer vantevore in Amerika. My Ouma aan Pa se kant is n Amerikaner en dit voel vir my elke keer of ek die mense verstaan. N paar goed val my altyd op en gister het veral twee goed my opnuut getref: 1. Alles werk in Amerika! En meer nog as die infrastruktuur, goeie aanwysings orals en eerste wereldse diens, is dit veral die uitstekende klientediens en gesindheid van die mense wat altyd my voete onder my uitslaan. Alles is moontlik! Gisteraand kry ek nie my rekenaar om te konnekteer aan die gratis wifi in my hotel nie. Ek bel ontvangs en verduidelik wat ek dink die probleem is. Die vrou bied sonder enige huiwering haar rekenaar vir my aan om te gebruik. Ek gaan af en bedank haar hartlik en wonder hoe dit moontlik is dat hulle beleid dit toelaat. Na n uur se saamkuier vra ek haar sommer. Sy se hulle het net een beleid en dit is dat sy alles in haar vermoe moet doen om die kliente gelukkig en tevrede te maak. So eenvoudig! Ek dink aan die 168 wette en regulasies waaraan ek daagliks moet voldoen en hoeveel keer op n dag ons vir kliente moet nee se omdat ons dit nie mag doen nie! Jinne my lewe sou soveel makliker gewees het as my enigste beleid soos die Red Roof Inn in Woburn Boston kon wees.
2. Wat my altyd hard in my gesig slaan as ek hier is, is die grootte van hul porsies as dit by kos kom. Almal weet Amerika is bekend vir 'obesity' en dat hulle upsize etes al wereldwyd bekend is. Gisteraand stap ek oor die straat vir aandete na n mexikaanse plek. Ek bestel hul 'dinner for one'. Tien minute later stap ek uit met genoeg kos om n gesin van vier vir drie dae besig te hou. Ek het geeet wat ek wou en die res in yskassie in my kamer gesit vir more, oormore en die dag daarna!
Vanoggend toe ek in my huurmotor klim om te ry, staan daar orals lee motors in die parkeerarea en luier. Ek vervies my eers vir die vermorsing van brandstof en toe sien ek my voorruit is vasgevries. Toe vat dit 15 min se sit en wag dat die ruit ontvries. Moreogg sal ek ook my kar laat luier met die venster ontwasemlaar vol oop terwyl ek ontbyt eet. So leer mens vinnig!
Lekker dag vir almal. Ek vertel later verder.
Aan my familie: lekker kamp die naweek by Montagu. En Elizma baie geluk met jou verjaarsdag. Ek wens ek kon daar ook wees. Lief vir julle.
Friday, December 5, 2014
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment