Saturday, September 28, 2024

Frankryk 2024!

Ek was lanklaas met vakansie oorsee! Hierdie keer welliswaar nie ‘n nuwe land om by die 61 te voeg nie, maar nuwe dorpies en stede in Frankryk. Goeie vriende, rus en min wifi… ‘n onverbeterlike kombinasie!








Iewers vannag was daar ‘n weerlig skouspel onder en regs van ons. 

Dit het alles begin tydens die langnaweek in Junie op ‘n karooplaas rigting Calvinia. Ons het polaris gery, baie gestap, franse kos gemaak en baie gesels. Die karoolug was vars en die springbokke uitbundig in hul vroegoggend baljaar. Halfpad teen ‘n berg uit, vertel Christa en Elna dat hulle in Oktober Frankryk toe. Hoekom kom jy nie saam nie?

Hoekom nie? Van my beste reiservarings het al impulsief begin. My beste studie-rigtings ook 😁. 

Die uitsien, cerfa kry en visum reël is amper so opwindend soos die reis self. Lekker saamtoer! Hier gaan ons…


1 comment:

  1. Kan nie wag! Dankie dat ons kan saam toer!

    ReplyDelete