Sunday, September 29, 2024

Die plaaslike mark by Rouffignac

Ek, Elna en Eric deel ‘n gastehuis by La Chapelle. Dis 1 km van Pine en Christa se huis af. 

Vanoggend sit ons af na hul naaste dorp 5 km weg. Rouffignac. Daar is ‘n pragtige kerk en plein voor hul stadshuis. Ons besoek die varsproduktemark en slaghuis en koop vrugte, groente, brood, kaas en proe alles wat snaaks is. 



Die stadshuis in Rouffignac. 



Hierdie sampioene kon ons nie bekostig nie. 




Kaas wat soos pampoenskywe lyk.


Ons ete gisteraand met vars vye uit hul tuin hier. 

Die kerk in Rouffignac.  Ons was presies 11:00 binne en ek kon die klokkespel op video kry. 

Die kase in Frankryk is ongelooflik. Hierdie is Emmentahl wat hier gemaak word. 

Vanmiddag se broodjie met kaas het my stoutste verwagtings oortref.

Hierdie chest nuts groei in die 1 km stap tussen ons gastehuis en die Pienaars se huis. Vanmiddag pluk ons toe ‘n klompie en kom braai hulle op Pine se braaivleisvuur.  Ek het vanoggend lekker gelag in die slaghuis. Christa vra wors vir 5 mense en die vrou beduie na 15 cm! Christa moes mooi verduidelik dat hierdie ‘n SA braai is. 15 cm elk asb!
Chest nuts op die vuur.








2 comments: