Saturday, December 8, 2012

Nuwe horisonne

Ja ek het baie lanklaas van my laat hoor! Ek is jammer, maar ek was nog net nie reg om dit wat ek die afgelope paar maande beleef het, in woorde om te sit nie. In Julie het ek teruggekom SA toe en begin werk soek. Moenie dat iemand jou anders oortuig nie: werksoek is nie vir sussies nie! In Feb toe ek weg is by Stellenbosch Munisipaliteit het n goeie vriend, Johan Gerber, vir my 'n baie waardevolle sms gestuur wat my nog baie sou help in die maande vorentoe. Hy het gese: "onthou jy het jou werk verloor, nie jou vermoe om te werk nie." Dit klink eenvoudig maar glo my...

Toe ek oorsee is het ek gese ek sien uit daarna om te sien wie ek is as ek nie "Hanlie-van-die-Munisipaliteit" is nie. Ek moes die afgelope tyd met n skok besef hoeveel van my identiteit uit my werk kom. Dit was vrek moeilik om nie te werk nie! Om 'sane' te bly moet mens hardnekkig bly glo dat die Here weet wat Hy doen en sal handel op Sy beloftes. Nou omdat ons die uitkoms reeds weet, is dit maklik om terug te kyk en van groot geloof te praat, maar as jy daar in is, is dit nie vanselfsprekend nie. Ek het dag na dag in my kar gesit en oor en oor gesing: Dit is wel met my siel. Dit is wel dit is wel met my siel!! Al voel my siel nie wel nie.

Nou is dinge anders. Vir die van julle wat nog nie die goeie nuus gehoor het nie... Ek is aangestel as Munisipale Bestuurder van Bergrivier Munisipaliteit! Ek het reeds 1 Desember daar begin en geniet elke oomblik! Die hoofkantoor is in Piketberg, maar die Munisipaliteit sluit ook Porterville, Velddrif, Laaiplek, Port Owen, Dwarskersbos en 4400 vierkante kilometer se landelike areas in. Dis fantasties om weer op my volle potensiaal aangewend te word!

Intussen het ek uitgevind waar die storie van "Swak Piketberg swak" vandaan kom. Die dorpenaars vertel van n ou wat terug huistoe gestap het deur die begraafplaas na 'n aand in die kroeg. Hy was onvas op sy voete en het in 'n oop lee graf geval. Die volgende oggend toe hy wakker word en halflyf by die oop graf uitstaan, dog hy dis die wederkoms en dat net hy alleen 'opgestaan' het. Toe se hy: net een regverdige is gevind... Swak Piketberg swak!!

5 comments:

  1. Hanlie,

    Baie geluk met jou aanstelling.

    Jy sal beslis die vrugte daarvan pluk!

    Sterkte

    Gabriel

    PS: Hoe kontak ek jou of waar kan ek n boodskap los?

    ReplyDelete
  2. Jou vars benadering en pragvoorstelle met ideale van vennootskap tussen belastingbetaler en die Mun van die Berg sal baie vriende lok. Jou voorganger het egter ‘n naletenskap van wantroue en ongeloof in haar pad agtergelaat wat harde werk gaan verg om te oorbrug.

    Maar jy het my steun.

    Oom Wennie
    Vredelinhuyser

    ReplyDelete
  3. Hi

    Was jy dalk in Zurich Swland ook? Ek soek iets en sal jou laat weet sodra ek weet of jy daar was want dis ‘n lang storie.

    ReplyDelete
  4. The original actual character who gave rise to this legend is one Meindert Dommisse. Meindert, it seems, had a weakness for alcohol (he was charged several times for breaking and entering the local pub to obtain alcohol). The story goes that in the nineteenth century the mail coach used to arrive very early in the morning in Piketberg. The coachman would then blow a bugle to let the townsfolk know that the mail had arrived. Now it happened one night that Meindert Dommisse had drunk a bit much and making his way home had fallen asleep in the graveyard – this beside a freshly dug and open grave. When the coachman blew his horn the next morning Meindert awoke with a start and looking around him, saw the tomstones and the open grave. Believing that he had died and been awoken on Judgement Day he exclaimed: “Swak Picketberg, slegs een regverdige – en hy’s dronk!” [Poor show Picketberg, only one righteous person – and he’s drunk!]

    ReplyDelete
  5. The original actual character who gave rise to this legend is one Meindert Dommisse. Meindert, it seems, had a weakness for alcohol (he was charged several times for breaking and entering the local pub to obtain alcohol). The story goes that in the nineteenth century the mail coach used to arrive very early in the morning in Piketberg. The coachman would then blow a bugle to let the townsfolk know that the mail had arrived. Now it happened one night that Meindert Dommisse had drunk a bit much and making his way home had fallen asleep in the graveyard – this beside a freshly dug and open grave. When the coachman blew his horn the next morning Meindert awoke with a start and looking around him, saw the tomstones and the open grave. Believing that he had died and been awoken on Judgement Day he exclaimed: “Swak Picketberg, slegs een regverdige – en hy’s dronk!” [Poor show Picketberg, only one righteous person – and he’s drunk!]

    ReplyDelete