Thursday, December 31, 2009

Karoo Nasionale Park: 26 - 29 Desember 2009











Ek weet wat julle dink... Wie wil in Desember in Beaufort Wes vakansie hou as mens eerder by die see kan wees. Wel, ek het ook so gedink totdat ek die goudgeel blomme op die karoo soetdoringbome gesien het en die pragtige veld in die Karoo Nasionale Park (KNP). My Pa, Ma, my ousus Corne en ek is net na 'n heerlike familiekersfees op Stellenbosch Wellington toe om finaal te pak en het die 26ste Des 2009 vroeg vertrek na die KNP. Ons het drie nagte gekamp en baie voëls gekyk. Ek is 'n totale novis as dit by voëlskyk kom en het my voëlboek in November hierdie jaar deur leserskring aangeskaf. Na die KNP staan my lys op 95 nuwe soorte. Dit was absoluut pragtig en 'n heerlike ondervinding. Dit help om saam met drie baie ervare voëlkykers te ry, want hulle mis niks.


Op ons laaste dag vat Japie ons om voëls te kyk. Hy is 'n groot kenner op voëls en spesifiek karoo voëls en ken elkeen se geluid en vliegpatrone. Dit was baie interessant. Ons kon ook sien hoe hy 'n baba grootrooivalk ring. (foto)
Nou is ons in Pretoria by my ander sussie, Christa en haar familie. Ons ry die 4de na Mpungupwe op die Botswana grens en daarna na die Kruger Wildtuin.

Friday, November 27, 2009

As ek hulle weer moes kies...



Daar is nie baie van my vriende wat mal is oor hulle familie nie. Hulle sal eerder grond eet as om 'n naweek saam met familie te kuier...

My familie is anders... Ons "like" mekaar kwaai. Natuurlik is te veel van 'n goeie ding nooit goed nie en dis juis hoe ons resep werk. Ons hou ons genoeg uit mekaar se sake om mekaar se geselskap ten volle te geniet as ons saam kuier.

Verlede naweek was dit weer so. My Pa het by Goudini Spa (met moeite) vir ons ingekry met tente en ons het die beste staanplekke in Goudini gehad. Ek hou maar die nommers geheim, sodat dit weer beskikbaar sal wees in die toekoms. Ons was almal daar behalwe Christa en haar familie in Pretoria en Braam wat 'n begrafnis van sy Ouma bygewoon het in Kimberley.

Daar is baie om te doen in Goudini en ons het hoofsaaklik tussen die verskillende swembaddens roteer. Die kinders het dit veral gate uit geniet. Handre en Lounet was braaf genoeg vir die water-wurm en die res het die koudste warm bad die meeste geniet. Veral die wat "goggles" het. Melindie het leer spring van die rand af en ons moes net keer want sy is baie braaf en onverskrokke. Die drie H's het die berg geklim na die Goudini Spa letters toe. Dis nou Hans, Handre en Hanlie. Ons het mooi voels, 'n bokkie en 'n skilpad gesien.

As ons saam kamp is elkeen verantwoordelik vir een ete vir die naweek en dit werk baie goed. Pa en Ma het afgeskop Vrydagaand met 'n pastapot uit die boonste rakke, met Elna en Santie wat Saterdag se etes verskaf het. Die middag met heerlike kouevleis broodjies en slaai en die aand met braaivleis en slaaie. Ek en Corne het Sondag se brunch gemaak.

Ek is lief vir my familie en as ek hulle weer moet kies, kies ek hulle enige dag! Die beste!

Sunday, November 15, 2009

To Hell and Back: 7 en 8 Nov 2009







Dis my sewende keer dat ek die bergfiets "extreme challenge" in die Gamkaskloof gedoen het. Dis 60 km in en die volgende dag 60 km uit. Nou 60 km is nie baie ver vir 'n fietsryer nie, maar hierdie is 'n perd van 'n ander kleur. Mens begin by De Hoek net buite Oudtshoorn en klim die eerste 20 km tot bo-op Swartbergpas. Dis pragtig, maar die laaste twee draaie is regtig steil. Na skelmdraai begin die pret en stap ek maar te heerlik langs my fiets op die stukke wat my bene nie meer wil trap nie. Die agterkant van Swartbergpas is kort en dan draai mens links op die witpad. Van daar af is dit nog 40 km se op en af tot in die Hel. Dis 'n pragtige natuurreservaat en die veld is regtig mooi. Hulle het baie reen gehad en ons kruis die rivier minstens drie keer. "Heart break hill" is weer 'n "bogger" en na 5 en 'n half ure se harde ry is ek onder in die hel.

Coos en Johann Diener het saam met my gegaan (of ek saam met hulle). Coos was na net drie ure onder en het vir ons 'n baie gesogte kampplek uitgesoek. Ek het 'n fisio sessie bespreek by die registrasie tafels en nou is ek bly. Vandag kyk mens die hele tyd terug na die pas wat ons more-oggend eerste ding moet uit. Dis 5 km se baie steil opdraend. Dit vat my 'n uur en ek stoot die meeste van die pad.

Wat 'n voorreg om gesond genoeg te wees om hierdie te kan ry. Ek is deel van 'n klein groepie mense wat al met hul fietse tot in die hel en terug was. Dankie Here, vir gesondheid! Dankie vir 'n sterk wil wat net nie wil ophou as ek swaar kry nie. (Dit help dat ek in die weermag was!)

Dis hard maar lekker!

Thursday, October 29, 2009

Watsonias in Jonkershoek


Ek bly in die mooiste dorp in die land! Jonkershoekvallei is altyd baie mooi, maar hierdie tyd van die jaar is dit net asemrowend. Die pienk Watsonias staan in volle blom en laat die hele vallei na 'n opgemaakte matriekafskeid saal lyk. Ons moes net gaan kyk... Die Here het sy beste kwaste uitgehaal en ons geseen met kleure en geure wat jou laat besef dat Hy in beheer is. Dankie, Monica dat jy saam gestap het.

Agt goeie vriende in Driehoek: Cederberge


Vier van ons het saam Kilimanjaro geklim in 2005. Sedertdien het baie water in die see geloop en het ons mekaar min gesien. Toe besluit ons... dit is tyd. Ons nooi aangetroudes, amper aangetroudes en vriende saam en is reg vir 'n baie goeie naweek van kuier, lag, fietsry en lekker eet. Baie dankie vir elkeen wat saam gekuier het. Dit was heerlik.

Sunday, October 18, 2009

Seweweekspoort Bergfiets Uitdaging 17 Oktober 2009




Die Aspros is 'n wonderlike groep vriende van Stellenbosch wat graag fietsry. Ek was die naweek saam met hulle Ladismith toe om Seweweekspoort se 80km bergfiets marathon aan te durf. Dit was 'n heerlike naweek met baie goeie geselskap, heerlike kos (dankie Cornelie!) en lekker oefening. Ons het baie gelag, swaar gekry op die roete en veral baie lekker saam gekuier. Dankie julle. Ons maak weer so...

Monday, September 28, 2009

Die lewe gaan ook oor dit wat ons nie doen nie

Ek is vanoggend diep geraak deur opleiding oor die hantering van "Human Trafficking" slagoffers. Ons is opgelei deur Marge Ballin van Inter Outreach Ministries. Sy werk al dekades met slagoffers van seksuele geweld. Daar het so baie dinge so gelyk deur my kop gehardloop dat ek steeds besig is om daaraan te verwerk. Ek wonder deurentyds waarheen die Here hiermee oppad is in my lewe.

Ek dink tans gereeld aan die aanhaling van Vader Lapsley, naamlik: "Those who think of themselves as victims, give themselve permission to do horroble things to others because of what happened to them." Dit laat my wonder oor ons mooi land met sy wonderlike mense. Hoeveel van ons beskou ons self as slagoffers? Van apartheid, van verkragting, van geweld en misdaad, van gesinsgeweld, plaasmoorde, motor kapings? As al hierdie slagoffers onuitspreekbaar aaklige dinge doen aan ander omdat hulle self benadeel is, waar sal ons wees in die toekoms?

Die oplossing het soos 'n wolk mis oor my kom le en ek weet net die Here moet ons help om slagoffers te bevry van die leuen dat hulle slagoffers is en daarom die reg het om seer te maak soos wat hulle seergemaak is. En die genade om te kan vergewe.

Sunday, September 27, 2009

Ken jy die spore wat loop deur die droe Karoo?


Hoe beskryf mens een van die lekkerste naweke in jou lewe? Klipbanksfontein is presies waar dit klink om te wees... In die middel van nerens. Mens ry vanaf Ceres in die rigting van Sutherland en draai regs af as Isak se verduideliking so se. Dan maak mens twaalf of meer hekke oop en weer toe en kom uiteindelik by Bettie se beskeie huisie, waar sy en Kammies die plaas onder beheer het. Wat 'n verrassing is die spoeltoilette en die warm water nie? Net genoeg gadgets om baie gerieflik te wees, maar ook min genoeg om simplisties en BAIE lekker te wees. Geen selfoon ontvangs, geen krag. Net tente en kilometers se Karoo bossies en pragtige veld. Baie goeie geselskap, fietsry, kampvure met kitaarsang en ure se rus en rus en nogmaals rus.
Isak en Blyda het ons saamgenooi en Jan, Petrus en Surette het saamgekom. Ook Mike en Suretha met klein David. Ons elkeen doen net soos wat jou gees en siel jou lei. Party slaap laat, ander stap, party ry en ander sit en staar die vertes in. Hier is iets vir almal. Ek wonder opnuut hoekom ek toelaat dat die lewe my so jaag. Hoekom raak ons so gou vasgevang in die rotte resies? Weet ons nie dat die wenner van die resies nog maar 'n rot is nie? Hier is suurstof, wonderlike uitsigte, skape wat naby jou verby wei, voels wat jou wakker kwetter, die wind wat sy eie musiek verskaf en 'n kruis op die horison wat jou heeltyd herinner dat jy op heilige grond is.
Ons is terug. Verfris, verkwik, uitgerus en reg vir die week wat voorle.

Karoo 2 Coast


Om van Uniondale af Knysna toe te ry is vet pret... met 'n motor! Met 'n bergfiets is dit steeds pret, maar ook harde werk. Hierdie jaar het ons perfekte weer gehad en het die uitsigte opgemaak vir die harde werk wat jou bene moet doen.
Sewe van ons is Saterdagoggend 19 Sept 2009 in Stellenbosch weg met twee Diener-bakkies van Pa-Pieter en Johann. Ons moes eers by Flandria stop want George het tot 2 uur laas nag gedans en was effe onvoorbereid. Op Barrydale het ons perongeluk die sleutel van die een bakkie binne-in toegesluit. Gelukkig het dieselfde brein hom weer daaruit gekry. Ek en Pieter het ons hele fietstoer van twee jaar terug weer beleef op Route 62.
By Uniondale aangekom wag 'n groot skare fietsryers en ondersteuners ons in. Meer mense as wat ek verwag het en minstens 6 keer meer as toe ek dit gery het in 2004. Meer as 3000 ryers. Wow! Ons soek kampplek op die sportterrein en verken die wereld. Ons registreer en kry ons pasta en maak alles reg vir more. Om halfagt spring die eerste groep weg. Ek, Johann en Coos is in groep 5. Ek geniet die ryery terdee. Bult af is my kos en bult op moet jy net jou mond hou, moed hou en TRAP.
Pieter en Dorette ry die voertuie om. 7 km van die einde af kry ek 'n papwiel en baie tyd gaan verlore. Ek sal moet leer om 'n wiel om te ry. Wat 'n heerlike dag en heerlike reis. Louis Botha van Stellenbosch ry saam met ons terug. Hy het nou 1400 km met sy fiets gery tot op Uniondale (met 'n detour via Plett) en toe lekker fiks gewees vir die K2C.
Nou moet ons verder oefen vir To Hell and Back op 7 en 8 November 2009.

Sunday, September 6, 2009

Train hard, fight easy!


Oor net twee weke is dit ek en die Karoo to Coast. Dit is 'n bergfiets uitstappie van 100 km op rowwe paaie vanaf Uniondale na Knysna. Ek het nou al drie weke gespin in die oggende en op Sondag 6 September was dit tyd vir langer in die saal sit. Ek en Elmarie is net voor 13:00 by my huis weg, oor Helshoogte, deur die padwerke by Pniel en met die wind van agter Franschhoek toe. Daar het ons 'n GU breuk gevat op die gras voor die Vrouemonument en is ons met dapper en stapper die Franschhoek Pas uit. Daar was twee groot bobbejane langs die pad. Amper bo neem ons foto's van 'n honeymoon couple van Mpumalanga en stoom voort. Daar kom 'n CV mercedez verby en toet, draai toe om en wraggies hou Willem, Alida en die kinders langs my stil. Dit was so lekker om hulle te sien. Ons was saam Kilimanjaro uit in 2005. Die afdraend was baie makliker en ons het 'n knoffel pizza geeet in Franschhoek. Toe tref ons die wind oppad terug! Wow, dit was nie maklik nie, maar soos hulle se in die fliek Karate Kid: Train hard, fight easy. Ons het na 18:00 eers tuis gekom. 'n Lang en lekker dag.

'Cause somewhere in the crowd there's you...



Wie onthou nog ABBA se lekker musiek? Met die Mamma Mia fliek nog vars in ons geheues, is dit makliker. Ek kon nog nooit stilstaan as ABBA speel nie. Wil altyd net dans. Wel, nou was dit ons beurt om te dans op ABBA en dit nogal op 'n verhoog met mikrofone en alles. Dit het so begin... Birgit Andrag is 'n vriendin van my. Sy is iemand wat groot dink oor die lewe en soms goed uitdink wat net nie doenbaar lyk nie. Sy word hierdie jaar vyftig en het haar vriendinne genooi om saam met haar te sing. Ons is afgerig deur Koba Wicomb en haar dogter Saskia het die koriografie en klere gedoen. Wat 'n fees! Dit was skreeu-snaaks, maar baie pret. Ons het Woensdagaand 2 September 2009 opgetree by Paul Roos se ouer en onderwyser konsert. Ons het Super Trouper gesing en gedans vir 'n vale. Ons was so bang dat hulle ons sal "ancore", want op ons ouderdom kan mens net nie daai passies twee keer na mekaar doen nie. Dis lekker om mens te wees.

Saturday, August 15, 2009

If you can dream it...

Ek het die wonderlike voorreg gehad om vanoggend met 120 matrieks en ouers van Weltevrede Sekondere Skool in Wellington te praat by 'n matriek tee wat die Dameskring op Wellington gereel het. Dit was 'n heerlike geleentheid en ek het dit baie geniet. Dreamteam het ook opgetree. Hulle is 'n christelike dansgroep wat Hester van Velden begin het in Paarl-Oos. Die groep bestaan uit pragtige energieke jongmense wat 'n jaar of meer van hul lewe spandeer om die Evangelie uit te dra.

Toe Philippa my vra of ek by die geleentheid sal praat het ek dadelik ja gese, maar ek het ook dadelik vir die Here gese dat ek, Hanlie, regtig niks het om vir hierdie matrieks en hul ma's te se nie, want ek was baie lanklaas matriek en ek het nie eens kinders nie, maar as Hy 'n boodskap het wat Hy vir hulle het, sal ek graag die boodskap gaan lewer. En so was ek vanoggend die spreker by die tee. Die Here het 'n spesiale boodskap vir Wellington gehad en het alles weer so presies uitgewerk, dat elke spreker, van Lettie wat die oggend geopen het, tot die danse van die Dreamteam, saam met my praatjie almal net een boodskap gehad het. God het 'n droom vir jou lewe. Ons moet bereid wees om dit te droom en om hard te werk om die droom te laat realiseer. Ek het saam met wonderlike mense aan die tafel gesit en ook van my oud-onderwysers daar gesien. Dit was omtrent 'n trip-down-memory-lane. Ook het ek die geleentheid gehad om weer lekker by my ouers op Wellington te kuier. Heerlik!

Sunday, July 26, 2009

Stilbaai: siele rus en vriendskap




Daar kom 'n tyd dat mens net weet jy het 'n vriendin soos wat jy nooit weer sal he nie. Ek het die naweek weereens besef dat ek en Elizan altyd goeie vriende sal wees. Maak nie saak dat ons op twee verskillende halfrondtes van die aarde leef nie. Maak nie saak dat ons mekaar een keer elke drie jaar sien nie. Maak nie saak dat ons in heeltemal verskillende fases van ons lewens is nie. Sy is 'n voltydse Ma vir Daniel (3) wat nou ook weer voltyds studeer en dan is sy ook voltyds vrou vir Matthys.



Daar is net iets wat ons laat kliek. Sy inspireer my. Ek hou haar dop as sy met hulle seuntjie praat en ek beny haar haar vriendelike geduld en ongelooflike beleefdheid, al vra hy dieselfde ding die tiende keer oor en oor. Ek luister as sy met Matthys oor die telefoon praat en is beindruk met die respek en liefde wat uit haar stem straal, al is dit 'n gewone Saterdagaand gesprek en al praat hulle oor wat hy vanaand gaan eet en wat hy vanoggend in Kanada by 'n supermark gekoop het.



Ons kan ure spandeer om na mekaar te luister. Sy maak soms of sy van my stories nog nie gehoor het nie, want sy geniet dit so om dit weer te hoor (haar eie woorde) en dan lag ons weer van voor af. In Nov 1993 (amper 16 jaar gelede!) het ons twee die Verenigde Koninkryke en Europa plat getoer met rugsakke op. Ons was amper vyf weke alleen in mekaar se geselskap sonder om een skewe woord vir mekaar te se. En nou 16 jaar later is dit steeds so. Intussen het Matthys deel van Elizan se prentjie geword en dit was so goed om te sien dat ek en hy net so goed oor die weg kom. Jare later was Daniel daar en ek het die naweek gesien dat kinders van beste vriende maar eintlik kinders van jouself word. Dis maar die tweede keer in Daniel se lewetjie dat Tannie Hanlie hom sien en beleef, maar ek is reeds so lief vir hom. Omdat hy so 'n unieke mengsel van Elizan en Matthys is.



Elizan, my beste vriendin... Ek is mal oor jou. Ek is dankbaar dat afstand en jare nie ons vriendskap blus nie en ek is intens dankbaar dat ons vir altyd goeie vriende sal wees. Ek het net nog nooit weer 'n vriendin soos jy gehad nie. Mag die lewe vir jou, Matthys en Daniel uiters goed wees en mag die Here julle uitermate seen met alles wat Hy in Sy hemel het.

Thursday, July 23, 2009

Kosresepte vir stap

My stapgenote het gevra dat ek die resepte wat ons hierdie afgelope week in die Visrivier gebruik het, op die blog sit. Hier kom dit:

Agtergrond notas: Ek werk op die prinsiep van 'n stysel, 'n groente/vrug, 'n proteien en 'n poeding per aand per persoon. Ek hou daarvan dat die groep saam kos maak en almal dra ligter as mens saam dra. Ek werk die kos uit dat elkeen iets dra van elke dag sodat almal se sakke daagliks ligter word. Alle kos word dus gemerk met die nommer van die dag op en elke aand by die oorslaapplek haal elke stapper als uit wat hy/sy dra vir daardie dag. Ons maak ook kosspanne. Dis pret en maak dat almal mekaar nog beter leer ken en dat die verpligtinge verdeel word deur almal. Die kosspan maak vuur, maak kos, was skottelgoed en sorg dat die potte vol water is vir die volgende oggend se vroegoggend koffie.

Die spyskaart wissel van stap tot stap, maar hierdie een het ons hierdie week in die Visrivier gebruik. Die resepte is deurentyd genoeg vir 12 mense:
Dag 1:
Kerriemaalvleis, rys, gekookte droe vrugte (perskes), met hot chocolate en marsmallows vir poeding.

Ek maak die kerriemaalvleis klaar by die huis en droog dit in die oond voordat ek dit laat vakuum verpak by die slaghuis. Ek het 1,5 kg maalvleis gebruik met uie, groente, blatjang en kerrie en borrie in. Drie koppies rou rys en 6 droe halwe perskes vir elke persoon. Sodra mens by die slaapplek aankom, moet die perskes en vleis dadelik in koue water gesit word sodat die vleis kan hidreer en die perskes kan uitswel. Ek maak die hot chocolate met melk om dit lekker romerig te maak, maar dra volroom melk (net helfde van die hoeveelheid benodig) wat ek met water meer maak. Dan dra mens ligter.

Dag 2:
Pasta met bacon, kaas, salami, pynappelstukke en pitmielies. Daar was sjokolade mousse vir poeding. Ek koop Moirs of Cadbury se mousse. Dis heerlik. Ons het hierdie keer die peppermint crisp geur probeer en dit was 'n wenner. Die bacon, salami, kaas, pynappelstukke en pitmielies is alles vakuum verpak. Ek gebruik twee pakke noodles vir 12 mense.

Dag 3:
Cusslers met smash en mosterd sous (Ina Paarman) met beet (Verda boksies). Ek koop die ontbeende cusslers wat mens kry by die baconyskas in die supermark. Ek werk op twee cusslers per persoon en drie pakkies smash vir 12 mense. Ek het 'n vakuum pakkie margarien saamgevat vir die smash en mens kan ook bietjie bakpoeier dra om dit veerlig te maak. Dis heerlik. Ons het die cusslers in 'n kastrol gebraai en die mosterdsous oorgegooi en warm gemaak. Dit was baie lekker. Beet is 'n wenner. Vir poeding het ons karamel kits poeding gedoen.

Dag 4:
Pasta met seekos met tuna (drie blikkies) en mossels (2 blikkies) in. Ek gebruik die Gourmet Sop (seekos geur) met melk vir die sous met 250gr kaas (vakuumverpak). Ons het sjokolade kits poeding gemaak. Onthou dat kitspoeding nooit styf raak met poeiermelk nie. Dra boksies melk (mens kry dit in 250ml groottes) van volroom en vul aan met water.

Lekker eet! Ons het.

Groete

Wednesday, July 22, 2009

Visrivier 2009




Juanita du Plessis en Teuns Jordaan sing 'n liedjie: "Ken jy die pad na 'n plek wat 'n merk op jou hart laat?" Ek kan vandag eerlik se dat ek so 'n plek ken: Die Visrivier Skeurvallei in Namibia. (En sommer 'n merk op my hart en my gesig!) Ons is gisteroggend 05:00 (SA tyd) vanaf die Vastrap Gastehuis op Grunau oppad terug na 'n wonderlike week in die Visrivier. Ek het die heel pad terug gewonder wat is dit nou eintlik aan die Visrivier wat maak dat mense dit weer en weer en weer doen. Ek self het dit nou reeds sewe keer gestap. Met ons aankoms by Ai-Ais kry ons 'n oom en tannie wat dit die volgende oggend weer gaan begin doen vir hul 14de keer.




Miskien is dit die ongelooflike stiltes in die aande. Die sterre wat so naby en helder lyk dat jy dink jy kan aanhulle vat as jy net jou hand ver genoeg uitstrek. Miskien is dit die rivierpoele wat om elke draai anders lyk; of miskien is dit die Namibiese gasvryheid en ooptes wat mens aanhoudend trek. Vir my is dit ook die rooi kranse, die kuier om die vuur in die aande, die eenvoud van net jou rugsak by jou he, die wete dat 'n mens tot baie meer fisies in staat is as wat mens dink en die absolute geloof dat ek tot alles in staat is deur Christus.




En ja, ek sal weer gaan...




Hierdie stap was regtig besonders. Die weer was perfek, die watervlak het stap makliker gemaak as gewoonlik, die mense was onverbeterlik en als het net reg uitgewerk. Ek wil sommer hulde bring aan die mense saam met wie ek kon stap. Ons was elf in die groep. Die res was almal familie en vriende en ken mekaar baie goed. Hulle het 'n wonderlike manier om mekaar te motiveer en haal regtig die beste uit mekaar uit. Ek het dit baie geniet om hul dop te hou en hulle was 'n maklike groep om te lei.




Die groep het gevra dat ek die aandkos resepte ook op die blog sit. Ek doen dit graag... (sien volgende posting)

Friday, July 10, 2009

Weer oppad...


Dit het nou 'n jaarlikse gewoonte geword... Om die Visrivier in Namibia te stap. Hierdie keer vertrek ons 15 Julie 2009 en sal die 16de sak in die mooiste skeurvallei in die Suidelike Halfrond. Dis my sewende keer in die Vis en julle dink miskien ek is bietjie kens of dalk net verveeld, maar as jy eers die rooi berghange van die Vis gesien het terwyl die son daaroor sak en die stilte ervaar het wat die aandlig bring, dan sal jy altyd weer wil gaan. Hierdie keer gaan ek saam met nuwe mense wat binnekort my vriende sal wees. Ons is elf. My hele woonstel staan vol pakkies kos. Ek werk die aandetes uit vir die hele groep. Ek het nuwe spyskaarte uitgedink en is heel opgewonde oor die stap.


Nog net 5 slapies, dan vat ons die pad.

Sunday, May 31, 2009

'n Kruin van 'n ander kleur


Dis met 'n baie dankbare hart wat ek hierdie week teruggekyk het oor die afgelope drie jaar se studies. Ek het graad gevang! UNISA se Kaapse gradeplegtigheid is in die Cape Town Convention Centre gehou. Hulle is so goed georganiseerd. My Pa en Ma was saam en soos my Pa se: Hy vermoed dis sy laaste kind se laaste graad, so hy wou dit graag bywoon. Hy se hy dink nie hy gaan sy kleinkinders se grade haal nie.


Ek het my MBL graad verwerf. Dis Masters in Business Leadership. Ek het in totaal 16de geeindig uit ons hele groep van meer as 400. Ek is uiters dankbaar teenoor die Here wat my deur baie eksamens en vele ure se studeer gehelp en gelei het. Aan al my familie en vriende wat gehelp het deur gebede, bemoediging en daar wees: Baie dankie! Dis julle wat die lewe die moeite werd maak. Die Munisipaliteit het ook 'n groot rol gespeel. Die eerste twee jaar het ek van 06:00 - 08:00 elke oggend in my kantoor gaan studeer en hulle het ook terugwerkend 'n gedeelte van my studies betaal. Daarvoor is ek baie dankbaar. My PA, Madeleine du Plessis, verdien 'n spesiale woordjie. Haar ondersteuning was van onskatbare waarde.


Ek weet julle wat my ken sit en wag dat ek die volgende graad begin... Vir eers is ek regtig klaar. Ek sien uit na 'n ander/volgende hoofstuk in my lewe.
Vir almal wat besig is met studies en wonder of dit die moeite werd is om so te swoeg... Go for it! 'n Graad is die een ding wat niemand van jou kan wegvat nie. Dit rek jou siening van die wereld. Ek het nou al by drie verskillende Universiteite studeer en dis werklik die moeite werd om diversiteit in jou studies in te bou. Elkeen se uitkyk op die lewe verskil en elke Universiteit bestudeer dieselfde vak uit heeltemal 'n ander hoek. Ek sal lewenslank 'n student van die lewe wees. Mens is werklik nooit te oud om te leer nie. My leuse is: Dare to know! Ek wil werklik elke dag leef met waagmoed om meer te weet en nader aan die waarheid te kom. Hoe meer mens weet, hoe meer weet mens jy weet nog niks nie en dat jou waarheid maar net 'n kant van die waarheid is. Dis die lewe!

Sunday, May 24, 2009

'n Sirkel is voltooi en 'n baie goeie hoofstuk is afgesluit







Ek het agt klippe in Everest Base Camp opgetel op 5 Mei 2009. Groottes en kleintjies. Een was vir Jan. Een was vir my Pa. Een was om op my kliphoop op Botmaskop te sit en die res wil ek hou as aandenkings. Nou weet ek wat julle dink en ja die arme porter het hom byna doodgedra oppad af. Gesamentlik het die klippe seker meer as 'n kilogram geweeg. Op Kathmandu, met die terugvlieg was ons bagasie ook ver oorgewig. (70 kg tussen 14 mense) Qatar Air was baie streng en wou ons 42US$ vra per kilogram ('n totaal van R26 800!!), maar Sean het gesmeek en die res van ons het gepaslik verwese gelyk en siedaar! Ons kan die goed laai.


Op Saterdagmiddag 23 Mei 2009 het ek en Jan weer Botmaskop uitgestap. Dit was besonder lekker om weer in Botmaskop te stap. Dis nou vyf weke sedert ek laas hier was. Die nuwe groen uitloopsels na die brand is pragtig! Ons het ons kliphoop besoek wat ons met die oefenry gepak het. Elke keer as ek daar was met stapmaats het elkeen van ons 'n klip op die hoop gesit. Die oefenry het uitstekend gewerk en baie gehelp in die Himalayas. Nou was dit tyd om dankie te se en fees te vier. Ek wil veral AL my stapmaats hier vereer: Esme, Yolanda, Azanda, Monica, Jan en Sulize. Ek en Jan het 'n Everest bier geknak nadat ek die Base Camp klip by sy Suid-Afrikaanse klipmaats gaan sit het. En julle sal my nie glo nie, maar terwyl ons daar sit en Everest bier geniet en Jan vir ons 'n gebed doen om dankie te se dat ek veilig terug is en dat die Here my so geseen het, lui my telefoon en daar is dit wraggies Lakpa Tamang, ons hoof gids van Nepal wat wil hallo se. Sy "timing" was perfek!
Dis die einde van iets waarna ek baie lank uitgesien het. Nou is die enigste vraag wat oorbly... Wat is volgende?

Ek dink en beplan en droom nog. Dis deel van die avontuur.

Saturday, May 9, 2009

Lukla: 'n wonderwerk nodig om te kan uitvlieg more

9 Mei 2009: Ons het vanmiddag twaalf uur in Lukla aangekom nadat ons omtrent 8 uur vanoggend in Phakding vertrek het. Vanoggend was die weer baie goed en alles was so groen na gistermiddag se donderweer en heerlike reen. Ons was skaars in Lukla toe begin die donderweer en val die reen kliphard. Nou is ons bietjie op ons senuwees dat die weer asb moet opklaar anders kan ons nie more-oggend uitvlieg Kathmandu toe nie. Dit sal baie sleg wees want hier is bitter min om te doen in Lukla. Die hele dorp is so groot soos die helfte van Brandvlei. Die vertreksaal van die lughawe is 2 meter (letterlik - ek het 'n foto om dit te bewys) van ons lodge se voordeur af. Ons moet sewe uur more-oggend op die lughawe wees sodat ons die eerste vlug kan probeer haal. Hier is 'n baie groot groep Japanese wat ook hier bly, so ons sal hulle moet probeer voorspring.

Die afgelope twee dae was baie lekker. Ons het gestap van Namche Bazar na Phakding en toe van Phakding na Lukla. Elke dag was omtrent vier ure se stap. Dis korter as die res van ons toer (dis immers afdreand in dik lug en ons is fikser) so ons het tyd gehad om die plaaslike gemeenskap dop te hou en te geniet. Namche Bazar le op 'n baie groot berg en vandaar was steil afdraande wat omtrent twee ure geneem het. Ons het skaars begin met die afdraende toe sien ons rook in die bos langs ons en sowaar daar is die porters besig met 'n tipiese SAse braai. Hulle het 'n groot dier net daar afgeslag en gebraai. Ons sherpa/gids 2de in bevel (Dawa) beduie dat dit 'n "water buffalo" is, maar vir my lyk dit meer na 'n lui, ou Yak. Nou het ek julle nog nie baie van 'n Yak vertel nie, en voordat ek hierheen gekom het, het ek nog nooit van 'n Yak gehoor nie. 'n Yak is 'n baie groot trekdier en hoe hoer jy opgaan teen die berg hoe langer is hul hare. Hulle is eintlik pragtig. Hier is die paadjie waarop mens stap ongeveer 1 meter wyd en mens deel dit met enige iets wat kan beweeg en wat kan goedere vervoer. Daarvan is die Yaks die beste en sterkste diere.

Ons is vroeg in die stap al gewaarsku dat Yaks gevaarlik is (hoofsaaklik omdat hulle bietjie klein breintjies het en jou onderste bo sal stap sonder om dit te bedoel) en dus wanneer enige groeplid 'n yak gewaar skreeu ons "yak attack" en dan vlei jy jouself oor die naaste rots aan die berg se kant en laat die yak aan die afgrond se kant by jou verbykom. Die Yaks dra BAIE goed op hulle rug. Alles wat Basecamp toe moet gaan vir al die ekspidisies word deur die Yaks gedra. Alles! Die wyfie/koei van 'n Yak is 'n Nak en mens kry Nak kaas, nak melk en nak botter. Mens kry ook Yak steak, maar ons is ernstig gewaarsku teen vleis eet op die berg, want die afgeslagte vleis word deur die porters gedra en is erg ryp as mens dit eet. So ek is nou twee weke sonder enige vleis (behalwe die 100gram biltong wat ek ingepak het). Ek sal baie gee om een steak met slaai/groente te kan eet.

Op die oomblik is agt van ons in 'n Duitse bakkery in Lukla. Langs my by die tafel sit die ander sewe en bespiegel of hulle hierdie uitstappie weer sal doen. Die oorwegende gevoel is: nee!

Ons moet nou eers gaan, want ons hou ons afskeidseremonie met ons porters. Ons moes elkeen 80 US dollars vir Sean gee vanmiddag wat onder die gidse en porters verdeel word as "tips". Elke porter word 15 US dollars betaal per dag en elke gids kry tussen 40 - 60 US dollars per dag. Nogal goeie geld om saam met aangename mense te toer. Lakpa kry 65US$ per dag. Hy is die hoofgids.

Ek het vanoggend loop en dink wat ek geleer het op hierdie toer. My grootste wens en doel vir die stap was om oorweldig te word deur die grootheid van God. Dit het ek elke liewe dag ervaar. Ek het 'n dvd geneem in Basecamp en is eintlik skaam dat iemand dit sien, want ek was so emosioneel... Hierdie skaal van berge is net ongelooflik en ek kon nie anders as om die grootheid van God en God te sien nie. Ek sou baie graag meer christene rondom my wou he wat weet waaroor die lewe gaan. Ek het swaar gekry in die groep, want 17 van die 19 het geen geloof in enige God nie en dink Christene is uiters naief en "narrow minded".

Ek groet eers! Mag dit met elkeen van julle baie goed gaan. My antwoord verskil van die van die groep. Ek het die Himalayas en die Khumbu Vallei ongelooflik geniet. Ek sal enige tyd terugkom, maar dan met vriende/familie (net 'n grappie julle Lindes) met wie ek graag hierdie sal wil deel.

Baie geluk aan Lizel Kok wat vandag verjaar. Jammer dat ek vanoggend die sms so vroeg gestuur het. Eers toe ek "send" druk het ek onthou ons is 4 ure voor SA. Maar ek hoop die dag was baie spesiaal en geseend en dat die jaar wat voorle baie spesiaal sal wees.

Liefde vir almal

Thursday, May 7, 2009

Terug in redelike beskawing: Namche Bazar 3440m

Vanmiddag net na twee het ons in Namche Bazar aangekom waar ons sewe dae terug ook was. Toe het ons glad nie geweet wat voorle nie, nou wil ons graag elke prentjie perfek onthou van wat agter ons le. Ongelooflike tye: Moeilike tye, baie steil, baie dun lug, baie klim en klim, maar ongelooflike gesigte! Soos wat ek nog nooit gesien het nie. Ek wens so elkeen van julle wat hierdie lees kan sien wat ek kon sien die afgelope tien dae. Dis ongelooflik mooi en net mooi ongelooflik.

Maar ek weet nou waar die ou/vrou wat die bekende liedjie geskryf het "all I need is the air that I breath ..." sy/haar inspirasie vandaan gekry het. Dis so lekker om weer te kan asem haal. Op 5380m bo seevlak is daar net niks om in te neem en vir jou longe te gee nie.

Ek mis drie goed uit die beskawing en kan nie wag om dit weer te he nie: 1) Om te kan sit as jy toilet toe gaan. Verskoon die goary detail, maar hier is alle toilette net 'n gaatjie in die grond met hout oor en jy sit op jou hurke (met seer bene en al) 2) om 'n knoppie te kan druk nadat jy by die toilet was en woeps daar flush dit. Hier moet jy 'n beker water self agterna in die gaatjie gooi. en 3) ek mis dit dat mens 'n kraan kan oopdraai en daar kom water uit. Sjoe! Dis drie goed waaroor ek nooit eers in SA dink nie en hier is miljoene mense wat nooit eers daaraan dink dat daar so iets kan wees nie. Oja! En ek sou baie graag my hande wou was. Net een keer. Hier is drinkwater en warm water so skaars soos hoendertande. Alles word kilometers ver gedra en daarom is daar nie gas/brandstof om water warm te maak nie. Hulle enigste vorm van hitte is die Yak-dung wat hulle brand.

Verder gaan dit baie goed. More stap ons na Phakding en dan na Lukla en dan wag ons om te sien of die weer goed genoeg is om uit te vlieg vanaf Lukla na Kathmandu Sondagoggend. Bid asb saam met my vir mooi weer. So ver was die Here uiters getrou. Ons het vandag vanaf Tengboche die mooiste weer gehad en kon Everest vir oulaas van alle kante bekyk. Dit was voorwaar pragtig! Karma se woordeskat in Afrikaans groei. Hy kan nou al "pragtig" en "bakgat" se en 'n hele paar ander nie sulke mooi woorde nie wat die klomp op die span vir hom leer. Sy beste uitdrukking het hy by my geleer: "Jo! Baie mooi!"

Dis nogal interessant om te hoor hoe die klomp nie-christene na ons kyk. Hulle sien christene as uiters eng denkend en baie konserwatief. Ek bid maar net vir hulle en hou myself uit die argumente uit. Vanoggend vroeg stap Nikki langs my vir 'n hele ent en sy vra of sy vir my iets kan se, maar ek moet dit nie verkeerd opvat nie: Ek se toe: ja, go for it! Sy se sy kan Jesus in my sien! Wow! Ek was baie dankbaar en prys die Here dat Hy slegs mens se lewenswyse as getuienis kan gebruik.

Hoop dit gaan goed met almal. Dankie vir Corne, Jan, Barend en almal wat sms'e stuur. Dit help regtig!

Groete uit Namche Bazar, Nepal.

Tuesday, May 5, 2009

Everest Base Camp 5380m




Op 5 Mei 2009 om 11:15 plaaslike tyd het 18 van ons 19 in die groep Base Camp binnegestoom! Wat 'n belewenis. Ek het regtig nie woorde om dit te beskryf nie. Vandat ek laas geskryf het, het ek 'n ernstige griep opgedoen en my hartklop opgehad na 118 in plaas van 62. Te sleg vir loop. Ons was in Dingboche en moes vir 'n akklimatisasie stap van 4300m tot op 4900m gaan. Ek kon myself net nie die laaste 100m by die berg opkry nie en het omgedraai met een van die sherpas en dadelik in die bed gaan klim met 'n med-lemon. BAIE medisyne later en meer gebed as medikasie, is ek gesond genoeg om vanoggend in Base Camp te kon wees! Prys die Here! Dis 'n ongelooflike gevoel. Daar is 35 ekspidisies wat vanaf 5 Mei 2009 die weer sal dophou en sal poog om op te gaan. Een uit elke vier van die mense wat ek vanoggend ontmoet het, sal dit nie berg-op of berg-af maak nie. En ek bedoel nie hulle sal net omdraai nie, nee, hulle sal met hulle lewe betaal vir die avontuur wat hulle aangepak het. Terwyl ons in Base Camp is hoor ons dat David Tait en 'n paar sherpas die eerste ekspidisie geword het om in 2009 die top van die wereld te haal. Maar daar is ook slegte nuus. Daar is 'n avelanche in die khumbu icefall en drie mense is dood.

Hier is dit soos 'n begraafplaas. Orals is hope klippe gepak vir mense wat hul lewens hier verloor het. My suurstofverbrandingsvermoe is nog op 78%, maar dis werklik moeilik om asem te haal. Shelley moes omdraai vanoggend want haar telling was 50% en Sean wou nie kanse vat nie. Dit was so moeilik om haar te sien omdraai en te groet. Sy wag vir ons by Pheriche. Sy wou so graag saam Base Camp toe gaan.

Die res van ons is fine! Ek het 5 dae laas gebad, maar gaan definitief nou my half liter warm water vir R90 koop om my hare te was en die belangrikste plekkies af te vee. Dit net nadat ek die R45 se Coke gedrink het! Hier is alles peperduur, want alles moet baie ver gedra word. Ons het vanoggend vir Louis Carstens ontmoet. Hy is in die SAse span wat Everest gaan aandurf.

Ek hoop dit gaan goed met elkeen van julle! Ek leef! Ek het gekom, ek het gesien, en ek het oorwin! Dankie vir almal se gebede. Ek twyfel nie vir een oomblik waar my Krag vandaan kom nie.

Baie lief vir julle. Mis julle.

Hanlie

Friday, May 1, 2009

29 April 2009 - 1 Mei 2009

Ek skryf hierdie van 4358m bo seespieel. Dis nog nie te koud nie en ons haal nog asem. Sean het 'n apparaat wat die persentasie toets waarteen jou longe suurstof verwerk en myne is nog 93%. Op 65% moet jy ondertoe gaan, so ek is nog fine.

Toe ek laas geskryf het was ons in Namche Bazar. Intussen het ons in Khumjung geslaap en ook in Duboche en nou is ons in Dingboche. 'n Boche is 'n klein dorpie en elke klein dorpie het net 'n ander variasie vir 'n naam. Khumjung is een van die mooiste klein dorpies. Daar is die eerste Hillary skool gebou in 1961. Die kinders hier gaan skool van 10 - 4 in die middag. Dis 'n hoerskool en daar is baie kinders wat letterlik ure stap om daar uit te kom. Daar is ook 'n baie mooi standbeeld van Edmund Hillary. Hy het baie teruggeploeg in die vallei en is ietwat van 'n hero. Ons besoek ook die monesterie. Wat 'n belewenis. Daar sit ongeveer 100 rooigeklede monikke en prewel van stukke lap af. In die monesterie is ook 'n yeti kopbeen. Gaan kyk bietjie op google wat 'n yeti is. Dis baie funny. In ons groep is net twee christene. Baie dankie vir almal wat gebid het vir 'n geesgenoot vir my. Shelley is great en lid van die Every Nation Kerk in Pretoria. Ons is die enigstes tussen 19 mense wat glo daar is redding in Jesus Christus. Ons vermy tans nog die onderwerp, want dit het twee oggende terug 'n hewige debat uitgelok aan ontbyttafel. Bid asb saam met ons vir die groep. Hulle is almal ontnugterd deur christenskap op die een of ander manier en is so oop vir Boeddhisme, dis net nie snaaks nie. Hulle koop boeddha beelde en gebedstringe en laat die lama by Tengboche hul serpe seen en wat se funny goed nog alles. Ek hou my skaars. Ek gaan geen lama my laat seen nie. By elke monestry loop ek om die plek en bid kliphard en spreek die naam van Jesus Christus oor hulle uit. Bid asb saam met my. Die een baie oulike gids se naam is Dawa en hy is baie hoog op in Boeddhisme.

In Khumjung is ons by die hospitaal begroet deur die nuus dat 'n 29 jarige gids van Nepal oorlede is aan altitude siekte. Hy is dieselfde middag begrawe. Al ons gidse het hom goed geken. Dit was baie "sad". Vanaf Khumjung is ons na Duboche via Tengboche. Dit was baie ver opdraend en ons was baie moeg maar die staproete is prentjiemooi deur hul rhodadendrum woud. Dis hul nasionale blom. Vanaf Tengboche het ek gou vir Pappa kon bel van 'n satelietfoon af wat R20 per minuut vra. Ons het ook pizzas geeet by die bakkery en dit baie waardeer. Ons betaal R25 per aand vir warm water om in te stort. Om jou kamera se battery te herlaai kos R60 en ek het so pas vanmiddag 'n R30 se Coke gedrink, maar verder gaan dit met my baie goed. Hoe hoer mens opgaan in die vallei, hoe duurder word alles.

Ons weer is nog wonderlik. Die Here is regtig goed vir ons. Ons slaap nou twee aande in Dingboche en gaan vandaar na Loboche en dan na Kala Patar (dis die hoogste punt op 5600m) en dan na Base Camp. More is 'n akklimatisasie dag en ons gaan 'n berg hier by Dingboche uitklim en dan 90 minute bo bly en afkom. Ons uitsigte vandag was fantasties. Ek het al 4 gig se foto's geneem. Ek het omtrent die beste kamera in die groep en my bynaam het vandag gig geraak. Ek het al seker 400 foto's geneem, maar alles hier is net te mooi om nie foto's te neem nie.

Ek verlang na julle en sou graag wou hoor hoe dit gaan, maar ons sal eers weer selfoon ontvangs he in Namche Bazar op 8 Mei 2009. Aan Monica wat vandag verjaar: Baie gelukkige jaar word jou toegewens. Mag jy 'n heerlike dag he. Baie liefde

Groete van huis tot huis. Waardeer wat julle het.

NS: Ons het vandag twee van die baie skaars en bedreigde Mask Deers gesien. Dit was pragtig en ek kon 'n mooi foto neem. Ek is besig om vir Karma (die een gids) afrikaans te leer. Hy kom nou al om elke draai en wys na die naaste sneeu bedekte piek en se: Sjoe! Baie mooi!

Tuesday, April 28, 2009

28 April 2009: Namche Bazar na Syangboche


Eerste fantastiese uitsigte op Everest! Ek het geen woorde nie. Die van julle wat my goed ken sal weet ek huil nie maklik nie, maar vanoggend was anders. Die trane het net oor my wange gestroom want ek kon nie glo wat ek sien nie...


Vanoggend het ons 7 uur aangesit vir ontbyt en 8 uur vertrek na 'n hotel 400 meter hoer as wat ons geslaap het. Dis nodig vir akklimatisasie. Ons het baie stadig gestap want die lug is vrek dun. Dit het ons 1 uur en 45 minute gevat om die 400 vertikal meter (en seker maksimum twee tot drie kilometer in afstand) te klim. Dis koud, maar ons was so opgewonde om Everest vir die eerste keer volledig te sien, dat ons nie omgegee het nie. Ek toe is ons daar en sien drie van die agt hoogste pieke in die wereld. Die ander twee is Lotshe en Lotshe Shar. Hulle le regs van Everest van waar ons gestaan en direk Noord gekyk het. Ek het net gese: Here, ek is jammer dat ek soms so klein oor u dink. Die hotel is nog 50 km weg vanaf Everest en die top van Everest le ongeveer 5000 m hoer as die hotel. Dis 5 km! Net om julle wat in Stellenbosch bly in perspektief te bring... dis meer as drie keer die Pieke bo op mekaar!


Wat 'n gesig! Ek het dit laat inbrand in my geheue en hoop om dit nooit weer te vergeet nie. Die Here was ons baie genadig met die weer. Ons moes minstens 90 minute daar bly om ons longe te laat rek (eintlik is dit die rooibloedselle wat moet meer word) en ons het boulle gespeel en lemon tea gedrink. Die groep maak baie grappies en ons geniet nog almal mekaar se geselskap.


Wat ek die meeste geniet van alles is my nuwe kamera! Baie dankie Pappa! En Ilze, die gear wat ek by jou gekoop het werk baie goed. Gisteraand het ek my eerste 300 foto's op 'n CD laat laai by die Cyber Cafe in Namche Bazar en toe die ou my First Ascent baadjie sien is hy baie opgewonde en weet dadelik dit kom van SA af. Daar is 'n groep van SA in basecamp wat poog om te summit. Ons gaan hulle groet as ons daar kom. First Ascent borg hulle glo. Hier is die "gear" verspot goedkoop, maar definitief tuisgemaak. Hulle verstaan glad nie kopiereg nie en elke tweede jas hier is "The North Face", maar kos driehonderd rand en aan die stiksels kan mens sien dis tuisgemaak. Ek het vanmiddag twee langmou "quickwick" hemde gekoop vir R60 elk. Dis darem in Korea gemaak en 100% poliester. My kortmou hemde gaan dit nie maak in hierdie koue nie.

Ek geniet hierdie uitstappie baie meer as wat ek gedink het.

Dit wat ek die meeste bewonder van die Sherpa's is hulle eenvoud. Hier word niks as van selfsprekend aanvaar nie. Ons is op 3440 meter tans en alles wat hulle hier gebruik van 'n eier tot die rekenaar waarop ek tik, word deur porters hier in die vallei opgedra met hul lywe. Ons het gister 'n ou gesien wat 102kg se hout op sy rug, nek en kop dra. Hulle word betaal per kg. Ek het mooi foto's daarvan geneem, want dis ongelooflik. Ek is definitief besig om iets te leer oor eenvoud.

Verder is die kos iets om te aanskou. Dis heerlik. Ons menu bestaan uit veg fried rice, chips en eiers, toasted broodjies, gisteraand was daar hoender stew oor rys wat baie lekker was. Daar was tot groente in.

Sunday, April 26, 2009

Sondag 26 April 2009: Lukla en Phakding

"I am a Lukla airstrip survivor!!!" Ook maar net! Dit was onbeskryflik!. Die kortste aanloopbaan in die wereld en ons het vandag daar geland met 'n Twin Otter Vliegtuig. Die vlug van Kathmandu was ongeveer 45 minute lank en ek het groot stukke daarvan met my dvd kamera afgeneem. Ons was almal lekker senuagtig, maar geseend met die weer. Ons het die berge pragtig gesien uit die vliegtuig, maar dit skud so in die lugstrome dat dit feitlik onmoontlik is om af te neem. Ek was by 'n venster. Die vliegtuig het net 17 sitplekke. Die vlieeniers is 18 en 24 jaar oud en lyk soos vegvlieeniers sonder die "ray bans". Een van die meisies in ons groep het sommer begin huil na ons geland het en Mike het gese hy kon sweer die co-pilot het ook sy bene vas teen die voorkant geskop met die remtrapslag. Die aanloopbaan is net meer as 300 meter lank en dit lyk heeltemal onmoontlik om daar te land as mens op volspoed aankom in 'n vliegtuig. Ons het dit almal oorleef en hardop gejuig toe ons buite gevaar blyk te wees. Wow! Dis erg! Ek het nie foto's daarvan nie, want ek het dvd geneem, maar sal by die ander kry.

Ek sit ook nie foto's by hierdie blog nie. Die internet hier is soooooo stadig dat elke foto 10 minute vat om te laai. Ek hou dit as 'n verrassing. Maar glo my dit is hemels!!!

Lukla het heerlike gemmer suurlemoen tee (dink aan Med Lemon) opgelewer en toe vertrek ons. Ons het twintag porters wat alles dra. Hulle dra tussen 45 - 60 kg op hul nek, kop en skouers. Party so jonk soos 15 jaar. Ongelooflik om te sien. Ons dra ongeveer 6 - 10 kg elk. Vandag het ons net 7 km gestap maar in omtrent 4 ure. Ons moes baie stadig stap. Ons is nou op ongeveer 2600 meter bo seevlak en ons asems jaag.

Die mense van Nepal is great. Baie vriendelik. Ons hoof plaaslike gids is Lakpa. Hy is 'n oupa met 'n konstante glimlag. Dawa is die eerste hulp in bevel. Dan is daar baie ander wie se name ek nie ken nie. Hulle is baie besorg en dink seker ons het nog nooit gestap nie, want hulle gee raad van sokkies, tot om nie te naby aan die afgrond te stap nie. Hulle word meer betaal as ons almal veilig bo kom en hulle gaan dit regkry kom wat wil.

Ons kos is baie interessant. Hier in die Khumbu vallei (ek kan nog nie glo ek is regtig hier nie) is baie groente tuine en graan en rys. Ons het vanmiddag Dalbat gehad. Dis rys met 'n lensie sousie en groente. Baie min sout maar verder heel smaaklik. Vanaand is dit knoffelsop en nan. Dis brood wat gebraai word met 'n sousie.

Ek het nou heerlik warm gestort. Hier is wraggies solar heating. Nou gaan ons met die aandprogram begin. Dis kaartspeel, baie lag en gesels en aandete eet. Tussen-in vat ons 'n everest bier. Mens het nie eintlik 'n eetlus bo 3000m nie en Sean dwing ons om alles te eet wat ons kan afkry. Pas my!

Groete en liefde vir almal. Ek weet nie vir hoe lank ek nog internet toegang sal he nie. Dit raak baie duur soos mens opgaan in die vallei. More stap ons na Namche Bazar. Dis op 3440m. 'n Baie steil klim na middagete, maar ons sal daar kom. "The distance is nothing, it is only the first step that counts."

Dankie, Pappa, vir die verkiesingsuitslae. Ons hoor Angus Buchan het inmekaar gesak na sy praatjie Saterdag by Meighty Men. Laat weet asb of hy alraait is. (Comment op die blog.)

Bid asb vir mooi weer. Die gradient van hierdie berge is ongelooflik. Ek dink vanmiddag terwyl ek stap dat ek kan sien dat die mense wat die bybel geskryf het nie in die himalayas was nie, want dan sou die psalmdigter nie geskryf het : "ek slaan my oe op na die berge nie". As mens hier jou oe opslaan sien jy nog niks nie. Jy moet jou nek agteroor rol na die berge en dan jou oe opslaan. Uit die vallei waar ons nou is, is die eerste ry berge wat mens sien seker op 3500m. Dis hoer as Suidelike Afrika se hoogste Mount Auxsources in die Drakensberge. Ek verkyk my en is so dankbaar dat ek hierdie kan doen. Laat dit met elkeen van julle baie goedgaan. Liefde Hanlie

Friday, April 24, 2009

25 April 2009: Kathmandu


Wat kan ek se oor Kathmandu! Wow! Miljoene mense in baie vuil strate met geen verkeersreels of bouregulasies nie, maar 'n "vibe" wat vir niks skrik nie. Ons ry met 'n taxi na Tahmel. Dis die toeriste mecca van Kathmandu. Nou moet julle asb nie die waterfront voor julle geestesoe oproep nie... Dis iets soos 'n kruising tussen Kayamandi se Suqukulo Straat en die groentemarkplein in Kaapstad. Die mense is arm (60% werkloos) en toerisme is hulle enigste inkomste. Hulle oorval jou met aanbiedinge en almal wil jou vervoer. Die rygoed wissel van fietse, riksas, bromponies, motorfietse, baie ou karre en hier en daar 'n 16 sitplek taxi. Ek het reeds 50% van my lewensversekering opgebruik van na Tahmel en terug ry! Maar wat 'n belewenis. Ons eet in die Rum Doodle Restaurant. Almal wat al Everest tot bo geklim het mag daar verniet eet. Sean vat dus al sy toergroepe soontoe. Yak steak e Tandoori Hoender was op die spyskaart en jou doori was daai hoender sterk!


Vanoggend vroeg is ons na die tempel langs die hotel. (Foto aangeheg) Ek verkyk my aan die Hindu en Boeddhistiese gebruike. Almal is so bygelowig en daar is letterlik duisende mense reeds 06:00 by die tempel. Hulle stap om die tempel, prewel gebede, steek kerse op en gooi mieliepitte vir die duiwe. Maar almal se oe is leeg. Jy sien niemand glimlag nie.


Ons ontbyt was heerlik. Vandag "shop" ons in Kathmandu en kry al ons heel laaste goed. More-oggend baie vroeg vertrek ons na Lukla. Die weer is tans baie goed. Die stad is in mis gehul, maar dis eintlik stof en rook. Dis te snaaks om te sien dat die mense met stofmaskertjies in die strate loop. Ons stadsingenieur sal 'n hartaanval kry oor hierdie paaie en die rommel le orals. Miskien moet ek oorweeg om hier by die Munisipaliteit te werk. Ek sien vanoggend in hulle Kathmandu Post dat hulle 'n pos adverteer vir 'n bouinspekteur. Mens sal nooit aan die geboue se dat hier sulke poste is nie. :-)

Thursday, April 23, 2009

Vanaf Doha lughawe: 24 April 2009

Julle sal my nou nie glo nie, maar die keyboard waarop ek tik is in Arabies en ek moet blind tik. Daarom vat elke sinnetjie baie lank, maar tyd het ons. Ons het heerlik gevlieg. Qatar lugredery is werklik goed. Ek moet nou min skryf en vinnig baai se want die rekenaar gaan dood na tien minute. Gaan baie goed. Heerlike groep. Doha is langs Abu Dabi. Baie sand en sand. Ek het lekker geslaap op die vlug. Ons vlieg nou Kathmandu toe. Die rekenaar skerm werk van regs na links! Baie funny.

Lief vir julle almal. Groete

Hanlie

Nou is dit sulke tyd...

23 April 2009: Maande en maande se uitsien en oefen is skielik hier. Ek is vreemd senuweeagtig. Ek weet nie waarna sien ek die meeste uit nie. Ek moet myself telkens dwing om diep asem te haal en dag vir dag te dink. Ek sien so uit hierna dat ek alles gelyk wil inneem en doen.

Voor in my toerdagboek staan twee goed: 1) "Ek is tot alles in staat deur Christus wat vir my krag gee." Ek bid vanoggend saam met Abraham (ek dink dit was hy) wat gese het dat as die Here nie saam met hom en sy gesin trek nie, wil hy nie eers van daardie plek af begin trek nie.

2) Die tweede ding het ek gekry by die nuwe groenpunt stadium wat in aanbou is:

"Impossible is just a big word thrown around by small people who find it easier to live in a world they have been given than to explore the power they have to change it.

Impossible is not a fact. Its an opinion.

Impossible is not a declaration. It's a dare.

Impossible is potential.

Impossible is temporary.

Impossible is nothing!


Ek is diep onder die indruk van almal by die werk en vriende en familie wat bel om sterkte te se. Wow! Ek vat Stellenbosch se 2010 vlag saam Everest toe en sal dit daar plant en klomp foto's neem. Natuurlik die SAse vlag ook.

Tuesday, April 21, 2009

"Ready or not..."


Twee slapies... eintlik slaap ek nie meer nie. Ek is te opgewonde. My sak staan gepak op my rusbank en ek koop die laaste drie goed. Onder andere 'n pakkie "cable ties" want dit werk vir alles. Ek het ook "ducktape" ingepak. Mens weet nooit... Gisteraand vir oulaas al my 6 lae klere aangepas om te sien of dit werk. Gelukkig was Stellenbosch bietjie koeler, want mens sal beswyk. Vandag verras 'n klomp vriende en familie my met e-pos op e-pos waarin hulle ons toerplan aanvra. Hulle wil saam met my bid. Gisteraand by my bybelstudiegroep is almal dadelik reg om die Here se seen te smeek op hierdie lewensdroom van my. Hoe wonderlik is dit nie om sulke ondersteuningsnetwerke te he nie?




Ons het die naamlys ontvang van wie saamgaan. Ons is 19 in die groep en ek ken niemand nie. Dis nog net name vir my, maar ek weet dat binne drie weke ons lewenspelle sal wees, want as mens eers saam swaargekry het, kan niks mens se waardering vir mekaar keer nie.

Geniet die bergtop in jou eie lewe. Onthou: "The distance is nothing, it is only the first step that counts!"

Die foto is van Lukla Airstrip. Dis die kortste aanloopbaan in die wereld en ons moet Sondagoggend daar land om te begin stap.

Monday, April 20, 2009

18 April 2009: Stellenbosch Berg


Dis bykans ongelooflik dat ek al altesaam 16 jaar op Stellenbosch bly en nog nooit tot heel bo op Stellenboschberg was nie. Veral as jy weet dat ek spesiaal 'n paar jaar terug my kombuisvenster laat vergroot het sodat ek die berg kan sien terwyl ek skottelgoed was. Vandag kan ek die aantal dae voordat ek Nepal toe vertrek op my een hand tel. Ek is baie opgewonde, maar begin ook die senuwees voel wat knaag. My vriende en familie is ongelooflik ondersteunend en almal sal bid vir veiligheid en 'n opwindende trip. My verwagting is om oorweldig te word deur die almag van God. Agt van die tien hoogste pieke in die wereld is in die Himalayas en ek kan nie wag om dit te sien en te ervaar hoe dit my lewe verander nie.


Die stap vandag was besonders. Dit was heerlik koel en die top van Stellenbosch berg was heeltemal in mis gehul. Ons het lank daar bo tjoepstil gesit en net geluister. Ek kon die druppels op die klippe hoor val. Dit het gevoel of die Here self langs ons sit. Jan het maklik die pad op en af gekry en ek was dankbaar dat hy tyd en energie insit om saam met my te oefen. Dit help baie. As mens eers die dorp van bo af gesien het, dink mens anders oor die uitdagings in die elke dagse lewe. Die plantegroei op die berg het my beindruk. Dit het presies 'n maand gelede heeltemal afgebrand in een van die ergste brande wat Stellenbosch in 'n lang tyd beleef het en hier het die meeste protea en ander fynbos reeds weer uitgeloop en aangegaan asof niks fout is nie. Ons kan baie by die natuur leer van "resilience".

Monday, April 13, 2009

Slaap op Botmaskop: Wat 'n voorreg!


Dis my verjaarsdag en ek wou nerens anders wees as op 'n berg naby Stellenbosch nie. Ek het besluit die petrol (Staking in die transport sektor) en ekonomiese krisisse maak dit riskant om vir die Paasnaweek weg te gaan. Stellenbosch is in elk geval heerlik stil met die studente op vakansie en die res van die dorp by die KKNK op Oudtshoorn. Twee van my vriende, Jan Bierman en Monica Kirsten, het my kom help vier en ons is Botmaskop uit. Met rugsakke vol lekkernye vir die groot verjaarsdagpartytjie. En wat 'n aand was dit nie? Wow! Die mooiste weer, die beste uitsigte, wonderlike geselskap, 'n pragtige sonsondergang en sonsopkoms en boonop die mooiste wolkformasies reg deur die nag. Dis net verby volmaan en dis so helder daar bo.


Met sonsopkoms herdenk ons ook opstandings sondag. Hoe heerlik is die wete nie dat God reeds die dood oorwin het nie. Hy is gekruisig, maar het opgestaan. Hy leef! En ons met Hom!

Thursday, April 9, 2009

Stellenboschberg vir 'n verandering


Dis 4 April 2009. Teuns en Lizel is vanoggend getroud en dit was pragtig en baie geseend. Vanmiddag klim ek en Jan vir afwisseling Stellenboschberg. Die weer is pragtig en die uitsig asemrowend. Ons klim nie tot heel bo nie, want ons het laat begin en wil nie 'n onbekende pad in die donker doen nie. Dis goeie oefening vir my. Ek is besig met my heel laaste voorbereiding vir Everest Basecamp. Ek het 19 dae oor. Ek is so dankbaar vir my vriende wat my so ondersteun het en gereeld saamgestap het. Dis great!

Sunday, March 29, 2009

Die klippe sal dit uitroep!


Vanoggend vroeg is ek en Azanda berg op. Dit was die mees perfekste dag in Stellenbosch. Ons het Vrydagaand ook gestap en dit so geniet dat dit net logies gevoel het om weer te gaan. Ek en my vriende wat saamstap is besig om 'n klipstapel te bou bo die "zig-zags" teen Botmaskop. Ek sit 'n klip neer vir elke keer wat ek daarbo kom. Ja, dis Tafelberg in die agtergrond. Ons woon in die mooiste dorp in die mooiste land ter wereld.

Tuesday, March 24, 2009

Nog net 'n maand...


Gister oor 'n maand vertrek ons...




Ek kan amper nie glo dat die tyd so vinnig verbygegaan het nie. My laaste oefening moet nou gedoen word. Op Vrydagaand 20 Maart 2009 is ons weer Botmaskop uit. Ek en Jan. Dit was perfekte weer. Ons was so oorweldig oor die mooi uitsig van die berg af dat Jan eers 'n aangrypende gebed gedoen het toe ons bo kom. Hierdie keer het ons die baken in 'n rekordtyd van 1 uur 42 minute bereik. En dit vanuit Martinsonstraat in Uniepark. Die hele berg lyk kaal en is swart gebrand na die verskriklike vure wat ons gehad het. Al die fynbos is weggebrand. Die foto het ek geneem met my selfoon tydens die opgaan. Met die afkom was dit pikdonker en het net die straaltjies van ons kopliggies ons die pad aangewys. Ons kon 'n uil hoor met die afstap. Wat 'n ongelooflike voorreg is dit nie om in hierdie mooi land te woon en gesond genoeg te wees om Botmaskop uit te klim op 'n doodgewone Vrydagaand nie? En eintlik was daar niks doodgewoon aan nie. Ek is 'n geseende.

Wednesday, March 4, 2009

Visrivier stap met vriende: 9 - 14 Aug 2008




Ek was al baie in die Visrivier in Namibia. Het dit al ses keer gestap, maar elke keer is anders. Hierdie keer was ons 'n klomp vriende wat gaan stap het. Niemand anders in die groep het al die Vis gestap nie en vir baie was dit 'n heel eerste stap in hul staploopbaan. Party is met nuwe skoene, swaar sakke of te groot grondseile die Skeurvallei binne, maar ons is daardeur met baie lag, baie sweet en baie genade. Die hoogtepunte van die stap was die kameradie tussen vriende (veral nadat die een voertuig waarmee ons gery het twee pap wiele gehad het en ons 'n halwe dag laat gesak het in die Canyon in), die pragtige geseende weerstoestande, die veiligheid waarmee ons gestap het, die perde wat ons gehoor het die laaste aand en die baie grappies langs die pad. Daar was genoeg water in die rivier om lekker te swem en genoeg water te kan drink, maar ook min genoeg water om meestal droogvoets te kruis. Dit was 'n fees! Dankie aan elkeen wat saamgestap het.

Saturday, February 28, 2009

Botmaskop beter as baie: 28 Feb 2009




Vanaand se skemerklim van Botmaskop was baie lekker. Ons het 17:00 begin stap vanaf Twee Pieke in Stellenbosch. Teuns en Lizel was lus vir saamstap. Hulle is altyd inspirerende geselskap. Hulle moes egter al 20:15 'n vertoning in Oude Libertas bywoon en het net gestap tot bo die zig-zags. Ek en Jan is verder. Die paadjie is al effens toegegroei, maar ons het dit in net minder as twee ure tot bo gemaak en weer in 90 minute tot onder. Gelukkig het ons kopliggies saamgevat, want met die afkom was dit al donker. Ons kniee kon voel ons het vinnig geklim en vinnig gesak, maar niks wat 'n McDonalds roomys nie kan regmaak nie. Nog 'n heerlike avontuur agter die rug. Dis lekker om mens te wees.

Die foto's vertel die volle verhaal. Daar is steeds digte rookwolke vanaf Helderberg se brand. Hulle kry dit nou maar net nie gestop nie en die wind was baie sterk. Die Pieke troon majestieus uit bo die wolke en die hele Dwarsrivier vallei is asemrowend mooi.

Hanlie se storie oor die berg Kilimanjaro 20 Feb 2005 - 26 Feb 2005









Hanlie se storie oor die berg Kilimanjaro
20 Februarie 2005 tot 26 Februarie 2005

Saterdag 19 Februarie 2005

Na maande se beplanning en weke se inkopies is ons nou hier … op die vooraand! My sakke was Donderdagaand al gepak en die laaste twee dae was bloot frustrerend. Verlangend. Uitsien en nogmaals uitsien. Wonder wat wag! Dis nou al na 23:00 en ek sukkel om te slaap. Jo vat my more lughawe toe. Ulrich, Herman en Kallie gaan saam en Francois sal ons ook daar kry. Die Van der Merwes is reeds in Pretoria by vriende. Louis kom met ’n bietjie later vlug en die res kry ons op Johannesburg Internasionaal. Ons moet 05:40 op die lughawe wees. Ons vlieg 06:40 met 1Time. Iain en Nerine het saam met my gebid vanaand. Wat ’n voorreg om nie hierdie berg alleen hoef aan te durf nie. Mag dit ’n Godservaring wees. ’n Groot fisieke en geestelike ervaring en mylpaal. Here, ek vertrek met ’n verwagting van U. Moet nie dat ons van hierdie plek af weggaan of een tree gee sonder U nie.

Sondag 20 Februarie 2005

Ek het min geslaap. Ons ry met Jo se Uno lughawe toe en Herman en Francois bel my terwyl ons nog op pad is. Kennelik net so opgewonde soos ek! Die T-shirts lyk great. (Behalwe vir die komma wat op die verkeerde plek sit. Ek hoop nie ons gaan ’n denkbeeldige berg net langs Oos-Londen in die see klim nie.) Dis maklik om die groeplede orals uit te ken en dit werk baie goed.

1Time is toe glad nie sleg nie. Ons kom 08:40 op Johannesburg Lughawe aan en kry ons bagasie. Ons eet heerlik ontbyt by die SPUR by Binnelandse Aankomste. Almal doen hulle laaste dinge. Ons ontmoet vir Kallie, Barry, Willem en Alida daar. Nou nog net Magdel en Louis wat ons by Buitelande Vertrekke kry, dan is die groep voltallig.

Andries, Christa en Sunel kom vir my kuier op die lughawe. Dis heerlik om hulle weer te sien nadat ek hulle April 2004 laas met my verjaarsdag gesien het. Kallie se sussie en meisie kuier ook saam en ook familie en vriende van die Van der Merwes. Later groet ons die familie en vriende en beweeg deur na Internasionale Vertrekke. My bagasie weeg 28 kilogram. Ons vlug is vertraag en ons vertrek eers 15:00 in plaas van 14:25. Almal is in ’n goeie gees. Dis moeilik om te glo ons begin more al die berg klim. Daar is nog so baie wat moet gebeur.

Ek kan nie besluit waarna ek die meeste uitsien nie. Seker maar die “bo-op die top”-gevoel. Orals sien mense ons hemde en lewer kommentaar. Almal wat al daar was kom groet en gee raad. Ek voel skielik deel van iets groters. Ek gaan nou deel word van ’n klein groep mense oor die hele wêreld wat al hierdie berg aangedurf het.

Ons sukkel om te onthou watter pille ons wanneer moet drink. Ons moet mekaar maar help en probeer onthou. Ons drink ons eerste Kilimanjaro bier op die vliegtuig en identifiseer beide die Limpopo en die Zambesi riviere uit die lug uit. Dit werk soos volg: Hanlie sit by die venster en sien ’n groot rivier. Francois werk uit hoe lank ons al vlieg, hoe vinnig die vliegtuig beweeg, maak ’n sommetjie en verklaar watter rivier dit moet wees. Die Zambesi is geweldig groot.

Die “chicken of beef” aankondiging op die vlug was BAIE welkom en ons eet heerlik. Om oor Mosambiek te vlieg is interessant, want daar is net myle en myle se niks. Baie plat. Tanzanië is baie meer bergagtig met spitskoppies en ook baie groen met groot graniet rotse soos Paarlberg.

Ons land eers in Dar es Salaam om ongeveer 18:15 (Suid-Afrikaanse tyd) voordat ons sal vlieg na Kilimanjaro Internasionale Lughawe. Ons vlieg met dieselfde vliegtuig en moet bly sit. Die groep spot daaroor dat ons elkeen net vir hom/haarself het om voor uit te kyk in die volgende twee weke. Elkeen moet net hom/haarself bo kry. It’s all about me! Ek besluit dat hierdie my week is om selfsugtig te mag wees. Ek moet myself bo kry. Net myself. It’s all about me!

Francois sing ’n lied van Valiant Swart. “Daar is ’n lig aan die einde van alles. ’n Plek ver van hartseer of pyn ...” Mag daardie lig die volmaan op Kilimanjaro se Uhuru Peak wees die oggend as ons summit.

Die man van KPMG wat saam met ons vlieg sê Dar Es Salaam is net so groot soos Kaapstad, maar dit wil ek eers sien. Dit is nou 19:15 plaaslike tyd (Tanzanië is ’n uur voor Suid-Afrika) en dis reeds lankal donker hier. Die groep is onrustig. Gatvol gesit en ons oefen ons Swahili. Ons styg eers 20:15 op vanaf Dar es Salaam. Interessant genoeg is dit opmerklik dat Dar bitter min stadsbeplanning het. Die stad lyk baie deurmekaar vanuit die lug. Geen duidelike strate, woonbuurte, parke of rye liggies nie. Alle liggies rond en bont!

Almal is moeg na ’n baie lang dag op drie vlugte, lughawens en vliegtuigkos. Ons voel soos die deelnemers aan The Amazing Race. So tussendeur kuier ons lekker, leer mekaar beter ken en geniet die grappies van veral Kallie. Hy is só skerp. Hierdie vlug is net 55 minute lank en ons kry “refreshments”. Die van ons wat aan die regterkant van die vliegtuig sit, kan die buitelyne van Kilimanjaro en Berg Meru se silhoeëtte in die maanlig uitmaak. Meru is die tweede hoogste berg in Tanzanië en is 4600 m hoog. Hy staan met sy voete in Arusha Nasionale Park. Voordat ons weet land ons op Kilimanjaro lughawe. Dit is min of meer so groot soos Polokwane se lughawe in Limpopo.

Ons kry ons bagasie, gaan deur paspoortbeheer en soek ons drywer vanTribe Safari. Dis alles ingesluit by die pakketbewys wat ons van Dawie gekry het. Hier in Tanzanië is almal uiters rustig en ons besef vinnig dat ons ons Westerse tydswaardering sal moet los en saam met die stroom sal met swem. Miskien is swem selfs te veel van ’n aktiewe werkwoord in hierdie omstandighede en moet mens eerder praat van saam-float!

Ons drywer het aanvanklik net een missie en dit is om ook so ’n blou t-hemp in die hande te kry. Ek het moeite om hom van my hemp af te hou. Sy naam is “Slim” en hy is baie beïndruk toe ons hom vertel wat dit in Afrikaans beteken. Hy ruik na drank en ons bid hardop in Afrikaans vir ons veiligheid. Na ongeveer 5 kilometer besluit ons mens moet maar ’n bietjie dronk wees om op hierdie paaie te bestuur. Hy is ’n joviale mens en leer ons vinnig die belangrikste Swahili-woorde soos Jambo, Habari, Mazuri en Hakuna Matata. Daai een ken ons van die Lion King fliek af. Dis iets wat hulle baie hier gebruik. No problem! Slim wys ons waar ons môre-oggend gaan afdraai na Machame Hek toe en laat ons goed voel as hy sê dat die roete wat ons gekies het (by die swahili’s bekend as die whisky roete) die meer “adventurous” roete is in vergelyking met die Coca-Cola roete van Marangu.

Nog ’n woord wat hy ons leer is “pole-pole”. Dit beteken stadig-stadig en gaan nog gereeld deel van ons woordeskat word oor die volgende paar dae. Dis net jammer Slim bestuur nie so nie. Dit vat ons ’n redelike tydjie voordat ons kan besluit aan watter kant van die pad die Tanzaniërs nou eintlik ry, want Slim ry meestal in die middel en verder net waar daar nie "potholes" is nie. Snaaks genoeg sit hy kort-kort gou die bus se ligte aan en later besef ons dis elke keer dat hy verby polisie ry, om vir hulle te wys daar is toeriste in die bus.

Ons ry tot in Moshi (ongeveer 55 minute vanaf die lughawe). Dis ’n klein dorpie en Slim gaan wys ons eers waar hy en sy Tietie (Swahili vir Darling) bly. Sy kom uit om ons te groet. In die ry kan ons weer Kilimanjaro se silhoeët in die maanlig sien. Van hier onder af, is dit ’n monster!

Die Springlands Hotel is verrassend netjies na Moshi se straatjies. Ons gaan deur ontvangs en word vertel wat om te doen. Ons deel in 4 kamers (2 dubbels vir Hanlie, Magdel en die Van der Merwes en 2 trippels vir die ses ouens) en begin beweeg. Die porters staan reg om ons bagasie te dra vir 1 dollar. Daar is muskietnette oor die beddens en ook nette voor die vensters. Hier is maar baie muskiete. Ek en Magdel pak in en uit en oor en probeer alles regkry vir more-oggend. Ons slaap maar min.


Maandag 21 Februarie 2005 – 1ste dag van stap

Ek raak vroeg wakker en kan nie verder slaap nie. Onthou van nog goed wat ek uit my sak wil haal om hier te los. Ons kan alles wat ons nie wil saamvat nie, in ’n stoorkamer inteken. Ons mag net 15 kilogram per persoon vir die porters gee om te dra. Ek staan op en kry vir Herman en Ulie op die balkon. Pragtige uitsig op ’n oop berg. Ons eet vanaf 06:30. Ons is honger.

Die koffie lyk nie net verdag nie, dit is! Vir ‘n land wat reg langs Kenia lê, is dit ’n skande! Ontbyt bestaan uit vrugte, roosterbrood, roereier en worsies met "bake beans" vir die brawes. Die sap is ’n tipe clifton. Ons pak klaar en weeg ons sakke. Barry moet sy "bootse" versprei in ander se sakke om onder 15 kg in te kom. Op aanbeveling van Vic Brink, stap party van ons vandag met ons tekkies vir ingeval dit gaan reën in die reënwoud. Blykbaar sal dit sukkel om jou bootse weer droog te kry as hulle eers nat is. Dit lyk egter nie na reën nie. Ons ontmoet vir Tom en die ouens help dat alles in die bussie gelaai word dat ons kan vertrek.

Die rit in die bussie na Machame Hek is ’n belewenis! ’n Oorvol bus en baie bagasie, baie stof en ’n baie rowwe pad is ’n wenresep vir Ulie se oorvol blaas. By die beginpunt vat dit omtrent 30 minute vir Tom, ons guide, om alles uit te sorteer. Vir ons is dit die begin van ’n ongelooflike vakansie, vir hom is dit ’n gewone blou Maandag by die werk. Hy lyk egter agtermekaar en ons is in ons skik. Vanuit Moshi het die berg eintlik teleurstellend minder hoog gelyk as die prentjie in my geestesoog. Nou, 36 km nader aan hom, vertoon hy majestieus. Ek sien uit na die stap. Een dag op ’n slag en een tree op ’n slag. So eet mens ’n olifant, een happie op ’n slag.

Praat van happie – dit is nou 10:00 in die oggend en Magdel eet nou reeds haar "lunch" pakkie voordat ons nog ’n tree gestap het.

Op die ou end het ons eers 12:30 begin stap. Daar was baie goed wat Tom moes reël en ons moes lank in die ry by registrasie staan om onsself in te teken vir die stap. ’n Mens het jou paspoort nodig vir jou nommer en ek dink sommer een uit. Ons het weer geleer wat dit beteken om te wag. Later stuur hy ons vooruit saam met die een assistentgids, Bonivas. Die arme man is meer Bonnyvale en Kajafas genoem as op sy regte naam. Ons stap pole-pole. Dis eintlik lekker om gedwing te word om so stadig te stap. Maak mens minder moeg. Die reënwoud is pragtig met baie varings, mos en blommetjies. Net jammer mens kan so min opkyk om dit te waardeer, want die pad is grof met baie boomwortels en slote.

Ons eet middagete langs die pad (of te wel, die wat dit nog nie vanoggend opgeëet het nie). Die pakkie bestaan uit ’n stuk hoender, ’n vleisdingetjie wat soos ’n langwerpige frikkadel lyk, ’n broodjie, ’n poeding (stuk koek), ’n baie klein piesankie en ’n klein suur lemoen. O ja, en ’n pakkie grondboontjies. Nie dat Ulie en Herman dit nodig het om die wind van agter te hê nie.

Die paadjie is baie steil op plekke vandag en dit vat lank om bo uit te kom. Gelukkig is die weer wonderlik en is dit nie te warm of bedompig nie. Ons kom 16:15 by Machame Hut aan na die eerste dag se stap. Ons moet almal inteken in ’n register. Ons is te moeg en lui om ons paspoorte uit te haal en dink sommer nommers vir almal uit en beroepe vir elkeen. Enigiets van ’n model tot by ’n wedding planner! Die groep het goed gejel en ons het baie grappies. Sover lyk en klink almal goed en fiks.

Ons kry ons tente en bagasie en sit huis op. Ons slaap soos volg: Die Van der Merwes in een tent, Hanlie en Magdel in ’n ander, dan Francois en Herman, Louis en Ulrich en Barry en Kallie. Dag een is op sy rug en ons is dankbaar. Ons het meer as tien kilometer gestap (geklim) en 1200 meter gestyg.

Dit is ongelooflik om hierdie porters dop te hou. Hulle dra elkeen 25 kilogram op hul kop of nek/rug. Party met gewone werkskoene. Hulle trippel by jou verby terwyl jy en jou stapmaats die bulte uitstoom. Vanaand moes elkeen van hulle inweeg by Machame Hut. Tom vertel ons dat dit vir veiligheid is dat hulle presies dieselfde gewig moet hê as waarmee hulle die oggend vertrek het.

Ons het nie reën gehad in die reënwoud nie. Dis ’n goeie seisoen en ons is baie geseënd. Herman het ’n gebed gedoen voordat ons geloop het en ons besef almal watter goddelike geleentheid hierdie is.

Aandete was ’n totale verrassing, of nee wag, daar was eers tea-time waarvoor Simon ons kom roep het nadat ons ons almal heerlik kon was in ’n skotteltjie wat ons twee-twee moes deel met lekker warm water. Daar was ’n keuse van milo, koffie of tee met popcorn en koekies. (As Louis hierdie lees: daar was nie koekies nie!)

Aandete het begin met sop. Hulle noem dit komkommersop, maar dit smaak meer na hoender en mushroom. Ons het maar net gehoop dat die oorskiet hoender van vanmiddag nog olraait was voordat hulle dit begin afkook het vir die sop. Nietemin baie lekker met ’n sny brood by. Toe kom daar gebraaide aartappels met ’n beef sous (’n bredie met vleis). Baie lekker. Met piesangs vir poeding.
Ons hou saam huisgodsdiens uit Hebreërs 12 en gaan slaap vroeg. Dis baie koud en ons wonder of ons genoeg warm klere het vir summit-aand. Ons is nou op 3000 m bo seevlak en moet omtrent net soveel nog styg.

Dinsdag 22 Februarie 2005 – 2de dag van stap

Ons word wakker met ’n pragtige oop uitsig op Kibo Peak. Die son kom van agter die berg af op. Ons kry weer skotteltjies om in te was en pak in, want die porters wil 07:30 ons sakke hê om te begin stap. Van hulle stap vroeg want hulle moet gaan middagete voorberei en tafel dek vir ons langs die pad. Ons eet ’n heerlike ontbyt met papaja, toast, kaas, pap, worsies, eier en tamatie. Baie lekker. Dis lekker koud en ons kan nie besluit of ons met baadjies aan of baadjies af moet stap nie. Ons stap 08:30. Vandag stap Tom voor en hy stap heelwat stadiger as Bonivas. Ons sukkel aanvanklik om daarby aan te pas. Dis regtig STADIG maar vinnig is ons bly daaroor, want dis baie steil maar heerlik. Vandag is blatant FANTASTIES! Ons klim 800 meter op ’n riffie en kry heerlike middagete by ’n gedekte tafel op een van die plato’tjies. Ete bestaan uit eier, avokado, piesang, koekies, ’n muffin en tee. Regtig lekker. O ja, daar was hoender ook. Bietjie droog sonder die mayonnaise wat Ulie aanbied maar nie het nie. Orals het ons baie mooi uitsigte en veral Meru Berg is besonders.

Tom is ’n goeie leier. Hy sorg vir die tegniese en los die res vir onsself. Hy praat min genoeg maar is baie vriendelik. Elke keer as ons vra vir ’n kans om ’n foto te neem, is daar net een antwoord: Hakuna Matata: No problem!

Ons buurspan is baie uitputtend. Hulle kom van Amerika af met twee Kanadese en ons skinder lekker in Afrikaans as hulle verbykom. Ons noem hulle die Verenigdes sodat hulle nie moet weet dat ons van hulle skinder nie. Hulle praat onophoudelik kliphard. Very annoying!

Kallie is die snaaksste. Hy laat ons gedurig lag. Net hyself lag nie so baie nie, want dan sou sy lagspiere al sy maag kleiner gemaak het. Hy sê presies die regte ding op die regte tyd om ons almal op te beur! Viva Kallie!

Ons is vandag vroeg by die kampplek. Ongeveer 13:30. Dis Shira Kamp op die Shira Plato en dit lê op 3800 m. Ons het vandag net bietjie meer as 7 km gestap en dis die kortste dag. Ons was en maak ’n middagslapie en neem mooi foto’s van die Kibo Peak en die sonsondergang op Berg Meru. Ons het wonderlike weer en is opnuut weer vandag onder die indruk van presies hoe geseënd ons is. Dis voorwaar ’n voorreg om hier te wees.

As ek terugdink aan vandag is daar verskeie goed wat my altyd sal bybly: Ulie se blaas is baie klein. Tom het glad nie moeite om ons te laat pole-pole nie, want Ulie wil ongeveer elke 50 tree Piepie-Piepie en dan staan ons. Die Verenigdes dink ons stap baie stadig, maar dit is nie waar nie …! Ons piepie net so baie!

Hier waar ek nou sit en skryf kan ek die sneeubedekte pieke baie mooi sien. Ons kan egter nog nie vir Uhuru Peak sien nie, want die gletser wat ons nou sien is direk voor hom. Uhuru lê reg oos van die gletser en is tans nog buite sig. Die 3800 m bo seevlak waar ons nou is, is die hoogste wat ek nog was sonder beheerde lugdruk. Niemand van ons het nog koppyn nie en almal is nog gesond. Hier is ’n yswind wat waai en dis nou ongeveer 15:00 en ons het reeds “thermal” klere aan. Vannag gaan koud wees!

Nadat die meeste van ons middagslapies gemaak het, word daar rondgestaan en foto’s geneem. Simon kom soek vir Herman, wat op daardie stadium baie ver van ons af staan en foto’s neem. Ek probeer help en sê dat hy maar die boodskap vir my kan gee. Sy uitdrukking op sy gesig was ’n kodak-oomblik. Sy enigste reaksie: “No! I like to speak to Herman!” Women’s Lib is nog nie sterk in Tanzanië nie. Eintlik is dit dierbaar om te sien hoe al die porters jou aangluur. Hier is duidelik nie veel vrouens wat die berg klim nie en ook is die mans in ’n Moslemland nie gewoond om ’n vrou in shorts te sien nie.

Aandete is opnuut ’n verrassing met wortel- en selderysop met pannekoeke. Daarna volg ’n berg rys en lang boontjies met piesangkoekies en groentesous vir die rys. En twee bakke vleis ook. Ons eet regtig lekker. Kallie se maag is net nie lekker nie. Ons hou huisgodsdiens uit Psalm 121 en bid saam. Dis altyd lekker as ’n klomp Christene saam stap. Ons gaan slaap 19:30, nie omdat ons vaak is nie, maar ons voel sleg om te lank in die eet tent te sit en kuier, want die porters moet daar slaap. Verder is dit baie koud en die warmste plek is maar jou slaapsak in jou tent. Almal se grootste wens is dat dit nie vanaand nodig sal wees om op te staan om ’n draai te gaan loop nie. Min se droom het waar geword. Die diamox-pille wat ons drink teen hoogtesiekte maak dat mens baie meer moet piepie. Interessant genoeg het elkeen van ons ’n ander voorskrif en instruksies ontvang het oor die diamox. Ons het maar almal se raad in ag geneem en volg ’n veilige middeweg. Lala Salama!

23 Februarie 2005 – 3de dag van stap

Ons is vroeg op. Nie om enige ander rede as dat ons deurgelê is nie. Die dag skop af met ’n geskiedkundige oomblik: Die Van der Merwes se duffelsakke is eerste klaar gepak en reg vir wegvat deur die porters. Ons doen die nou al normale oggendroetine van was en eet (Kallie sit uit op hierdie een want sy maag loop vandag vinniger as hy).

Ons begin stiptelik 08:30 stap. Die grond is vasgevries soos ons loop. Vandag styg ons van 3800 m bo seevlak na 4600 m en dan weer af na 3950 meter in de Barranco Vallei by Barranco Kamp.

Die groep is aansienlik stiller. Die lug is dun en ons snak plek-plek na asem. Tom is op ’n missie en moes op een kol selfs hard met die groep praat omdat ons so baie wil stop. Eers wil ons meer klere aantrek, dan raak die yswind stil en wil ons weer van die warm klere ontslae raak. Tussen-in volg die P’s: Piepies en Pictures! Tom se geduld is merkwaardig. Ons eet net so ’n halfuur se stap onder die Lava Tower by 4400m. Die wind waai kwaai en hulle dek ons tafel in ’n tent. Ons kry dieselfde middagete as gister, behalwe vir suspisieuse vetkoeke wat vir party van die groep lekker was.

Tom gee instruksies dat ons nou warm langmougoed moet aantrek en ons vertrek na ’n hoogte van 4600 m by die voet van die Lava Tower. Sy bopunt is op 4800 m, maar Tom wil hê dat ons minstens 30 minute aan die voet moet sit om gewoond te raak aan hierdie hoogte, want môre-aand slaap ons by 4600 m. Hoe nader ons aan die berg kom, hoe meer kom ons onder die indruk van hoe groot God werklik is en hoe klein ons is. Dis prentjiemooi om op te kyk na die reuse stukke ys wat teen die berg vassit. Die hele gesig is effens meer as wat mens sommer so op ’n gewone Woensdagmiddag kan inneem. Ons sal die prentjie met ons saam moet neem en onsself gereeld moet herinner aan presies hoeveel van ’n “once-in-a-lifetime” geleentheid hierdie is.

Na 30 minute se akklimatisasie by Lava Tower kamp (daar is mense wat daar kamp om die Western Breach van hierdie punt af te begin klim) is dit tyd vir die afdraende. Ons moet 650 m sak. Die Barrancu Vallei is pragtig met interessante plante wat hulle senecio’s noem. Ons beleef verskillende ervarings van ysreën en reën tot baie koue!

Toe gebeur iets waarop nie een van ons ooit voorbereid kon wees nie. So byna-byna het ons ons eerste ernstige besering in die groep met Alida wat amper vir Willem reg agteroor poep. Herman, wat net voor haar in die ry geloop het, vlieg om en skud haar blad en bied ’n halfdosyn aandele vir haar aan in sy en Ulie se baie vooruitstrewende maatskappy. Hulle vervaardig wind op aanvraag. Alida, ons is trots op jou! Die eintlike rede vir hierdie gedrag is dat jou lyf begin de-flate van die hoogte.

Ons kom 16:30 by die kamp aan. Die uitsig op die berg is Mazuri-mooi! Ons stap vandag lang ente sonder die Amerikaners. Dis heerlik stil. Ons tente is op en ons neem ons intrek. Ons bad, drink tee met popcorn en grondboontjies en net toe ons trommeldik is, kom soek Simon vir Herman om aandete aan te kondig. Ons kan nie meer eet nie en Magdel probeer aandete skiep maar Simon het ander planne. Hy sorg dat ons genoeg en gereeld eet. Dis interessant hoe ons eetlus afgeneem het hoe hoër ons styg. Mens is ook niks lus vir soetgoed nie, maar gereeld baie dors en lus vir game.

Die groep “moan” definitief baie meer as twee dae gelede. Francois is die hoof “moaner”. Twee dae terug het ons soos ’n koor gesing: “Aaahhh! Matrasse!” Nou is hulle so dun soos papier. Die komkommersop was die eerste aand “uit die hemel uit”. Vanaand is die komkommer in die sop definitief bietjie af.

Ons het vroeër vandag vir Tom gevra om vir ons ’n Swahili liedjie te leer. Hy skryf vir ons die woorde neer:

JAMBO, JAMBO BWANA
HABARI GANI, NZURI SANA
WAGENI MWAKARIBISHWA
KILIMANJARO, HAKUNA MATATA

Vanaand oefen ons dit. Louis is vol inisiatief en neem vir Tom op ’n bandmasjientjie op toe hy vir ons kom instruksies gee oor môre. Later luister Louis daarna via oorfone en gee die regte ritme vir ons deur. Ons leer die vier reëls maklik danksy Kallie se kar wat ’n bus is. (Mwakaribishwa)

Vanaand se stiltetyd is great. Ons sing en loof net die Here dat Hy vir Kallie gesond gemaak het. “Our God is an awesome God! He reigns from heaven above.” Ons gaan slaap weer vroeg want môre moet ons 07:00 al stap.





24 Februarie 2005 – 4de dag van stap

Dis snaaks hoe nie een nag verbygaan sonder mannewales nie. Vannag het ons toilet se tent weggewaai die vlakte in en het die toilet “topless” gestaan. Alida het maar oë toegeknyp en die toilet dakloos aangedurf. Ulrich en Louis het dit ook ontdek en eers foto’s geneem van die affêre. Hanlie is later dieselfde rigting in en nadat sy die veld aangedurf het vir ’n draai, het sy die tent gaan haal en teruggesleep toilet toe en met klippe vasgepak. Ulie slaan hom later weer op.

Ons begin 07:00 stap en klim die Barranco Wall. Dis 250 m reguit die lug in op. Hanlie tel 2616 treë!

Vir die korrektheid van die anale en onder groot groepsdruk en dreigemente van dagboek-editing sal ek nou maar vertel wat vanoggend vroeg gebeur het. Ek het my oë oopgemaak in ’n vrolike luim en die eerste klank wat my regteroor opgetel het was Francois wat ons betower het met sy sangnommer: “Daar’s ’n lig aan die einde van alles! Daar’s ’n plek ver van hartseer en pyn!” Ek wou vir hom sê watse inspirasie hy vir almal van ons is, maar met ’n Freudian “slip of the tongue” kom dit toe per ongeluk uit as: “Ag Francois shut-up!” Die hele tent 1 was stomgeskok. Nodeloos om te sê moes ek ongeveer 300 allesomvattende komplimente uitdink voor middagete net om weer op “par” te kom. Nou is ons weer onafskeidbaar. Laasgenoemde is ’n term met ’n plofbare betekenis bo 3000 meter.

Dit was baie ure se intensiewe stap na die middagete plek toe. Francois wens vir slaptjips en niemand wat nie self daar was nie, sal ons nou glo dat ons toe op 4200 m bo seevlak slaptjips met tamatiesous kry vir middagete nie. Verder was daar nou al die alomteenwoordige sop. Die twee wat daarvan geëet het, het dit mushroomsop genoem, maar ons ander was net te moeg vir eet. Saam met dit was daar oliebolle met piesang en brood in.

Na middagete en ’n plassie of twee in die Kili-hokkie met die kleinste gaatjie denkbaar, klim ons verder. Ons mik vir 4600 m by die “base-camp” Barafu.

Ons stap deur ’n klip begraafplaas met ’n klokkespel van ysreën op leiklippe. Dis aandoenlik en ons voel baie spesiaal. Tom is weer op ’n missie en toe ons smeek vir ’n ruskansie is sy enigste kommentaar: “Too early to rest!”

Toe ons uiteindelik kan rus, kan mens vir die eerste keer Uhuru-peak net-net deur die wolke sien. Ons is opgewonde en neem foto’s maar Kallie is net te moeg en laat val: Uhuru se moer-u!

Ons bereik Barafu om 15:00. Ons het vandag ’n verplasing gehad van net 650 m. Vannag moet ons dubbel dit uit ons bene pers. Mag die Here vir ons vlerke soos arende gee. By 3800 m by die tweede nag se slaapplek by Shira Kamp was dit ’n fisieke uitdaging om van die eet-tent na die toilet te stap en terug. Hier by 4600 m is dit ’n geweldige fisieke inspanning om om te draai in jou slaapsak. Alles word pole-pole gedoen en selfs net om jou bootse aan te trek vat lank en maak mens uit asem.

Ons eet vroeg want ons moet vroeg gaan slaap. As gevolg van ’n water tekort op Barafu moet die hele groep uit een oranje skotteltjie was. Daar word nie veel gewas nie.
Tom se praatjie tydens aandete was short en sweet. Ons gaan nie meer 24:00 stap soos die gebruiklike is nie, maar wel 23:00. Dus moet ons 22:00 opstaan. Hy het die rede daarvoor baie diplomaties en met ’n groot smile gegee, maar dit kom basies daarop neer dat ons ’n pole-pole span is. Die slaap het die meeste van ons ontwyk. Ek het die stuk in die Kili-boek vir my en Magdel gelees en dit het ons goed opgesyc en gemaak dat ons nie kon slaap nie. Niks wat Tom gesê het kon ons voorberei op wat ons sou beleef nie. Van 22:00 af tot 22:30 het ons alles aangetrek wat ons saamgebring het vir summit-nag. Die lug hier is regtig dun en alles vat lank en maak jou moeg. Daarna het ons tee gedrink en ons flesse gekry en laaste voorbereidings getref om 23:00 te kan stap. Herman het vir ons en die vyf gidse (Tom, Bonivas, Simon, John en Stutten) ’n gebed in Engels gedoen en ons is daar weg! Pole-pole!


Vrydag 25 Februarie 2005 – 5de dag van stap


Dis onmoontlik vir een mens om ’n groep se belewing weer te gee. Ek kan maar net sê wat ek beleef het:

Dit was BAIE erger as wat enige iemand my vertel het. Van 23:00 Donderdagaand tot 05:30 Vrydagoggend het ons geklim en geklim en geklim. Reguit die lug in op. Tom voor met Magdel, Ek, Herman, Ulie, Kallie, Francois, Louis, Barry en die Van der Merwes. Aanvanklik het alles goedgegaan. Tot ons baie lang treë oor rotse moes gee. My bene doen nie daai nie en my hart het teen trippel-beat begin gons. Pole-pole! Toe wil Hanlie en Herman stop om lip-ice uit te haal en aan te sit, tot groot ontsteltenis van die vier assistant-gidse wat langs die paadjie loop weerskante van die ry om te kyk dat jy in jou ry en direk agter die een voor jou bly. Ons kry na twee ure se uitmergelende stap ons eerste kans om vinnig te sit en iets te drink. Die groep is stil. Miskien is almal net so geskok soos ek oor wat besig is om met ons te gebeur.

Ons beur voort! Die zig-zags met los gruis waarteen mens telkens terugsak, is hartbrekend en hou vir ure aan. Kap jou stok in, skuif jou voete tot by jou stok! Kap jou stok in, skuif jou voete tot by jou stok! Kap jou stok in, skuif jou voete tot by jou stok! Dit hou vir nog meer as vier ure aan. Die assistant-gidse hou jou met arendsoë dop en as jy stop om drie keer hard asem te haal, is Simon langs jou, skyn hy die lig in jou oë en vra met baie assertiwiteit: What is your problem? Tom stop nooit! In meer as ses ure se moordende opdraende in baie dun lug, het ons twee keer die luukse gehad om vinnig te sit. Met die tweede sitslag het ek begin verstaan hoekom ons MOET aan die beweeg bly: Dis só koud waar ons nou loop dat jou liggaams­temperatuur só vinnig sak as jy staan dat dit baie gou gevaarlik raak.

Stella’s Point wil net nie kom nie! My ervarings wissel tussen geïrriteerdheid met Tom wat net loop en loop en later ’n totale aanvaarding van alles wat kom. Ek sing oor en oor dieselfde versie: “Die Here my God gee vir my krag. Hy maak my voete soos dié van ’n ribbok. Op hoë plekke laat Hy my veilig loop.” Die volmaan is pragtig helder en ons sien dat die grond aan weerskante van die uitgetrapte paadjie vasgevries is. Ulie word verbygedra deur een van die gidse tot reg agter Tom. Hy het tekens van hoogtesiekte. Ek skrik! Here, sal U asseblief in u groot genade ons tien veilig bo uitbring! Uiteindelik om ongeveer 05:15 bereik ons Stella’s Point in die nek voor Uhuru Peak op ’n hoogte van 5755 m bo seevlak. Nou nog net 140 meter vertikaal styg na Uhuru Peak. Vryheid! Magdel wil ophou, maar Tom oorreed haar om aan te gaan. Ons kry kans om vinnig te sit, maar eintlik raak mens net lui en koud. Tom moet twee keer hard Herman se naam noem, want die groep beweeg nie. Eintlik is ons ook baie vaak en sit en slaap. Hoe graag wil ons hierdie doen? Genoeg om nog ’n uur of meer opdraende voort te beur? Ek het myself nie eens kans gegee om te antwoord nie. Het onder reeds besluit dat ek nie op die nek ’n keuse sou hê nie, want mens kan nie rasioneel daaroor dink nie. Beur op en beur voort. Daar is net een opsie en dis om bo te kom! Ons kry Krag van Iewers en begin stap. Die steilte is nou meer genadig en die paadjie stap beter, maar die hoogste punt in Afrika lê op die heel verste punt. As dit maklik was, was dit nie so ’n groot prestasie nie. Elkeen loop met sy eie gedagtes. Pragtige ysgletsers en yswalle verskyn aan ons linkerkant. Dis ontsettend koud. Ons moet aanhou beweeg. Daar kom mense van voor af wat jou moed inpraat. Hulle was reeds daar. Ons beur voort. Na nog ’n uur en ’n half se pole-pole en sweet bereik ons Uhuru-Peak op ’n hoogte van 5895 m bo seevlak om ongeveer 06:45 op Vrydagoggend, 26 Februarie 2005 op ons vyfde dag van stap.

Die hoogste punt in Afrika en die hoogste losstaande berg in die wêreld. Dankie, Here! Die weer is spesiaal vir ons gekies. Mens kan die ronding van die aarde sien op ’n pragtige sonsopkoms. Ons neem foto’s maar van die National Anthem sing is daar nie sprake nie. Die verkeer is bietjie dik en ander wil ook foto’s neem en ons moet so gou as moontlik berg afgaan om meer suurstof te kan kry.

Ons drink ons tee by Stella’s Point en begin die aftog. In die volgende paar uur van hierdie dag sal ons sak vanaf 5895 m tot op 3100 m by Mweka se oornagplek. ’n Ongelooflike 2795 m! Ons bene voel dit. Vanaf Stella’s Point tot terug by ons tente op Barafu vat ongeveer twee ure en dis baie vergelykbaar met ’n ski-ekspidisie in die Switserse Alpe. Die enigste verskille is dat hierdie ski-slope bestaan uit lava rotse van alle groottes en dat jy net een ski-pole in jou hand het. Party kry dit beter reg as ander. Herman, Willem en Barry doen goed. Een ding is seker en Willem verwoord dit seker die beste as hy vir Bun Booyens aanhaal uit Desember 2004 se Wegbreek: “Ons neuk van daai berg af!”

So kom ons groepie vir groepie terug by Barafu. Na ’n poging tot ’n slapie, pak ons in en eet middagete. Die koeldrank kry veel meer aftrek as die aartappel-stew. Alhoewel laasgenoemde baie lekker lyk, is ons net nie honger nie. Ons lywe is seer en nog in skok. Ons begin 13:00 stap na Mweka Kamp. Daar val swaar ysreën maar ons is in ’n goeie gees en is dankbaar dat ons nog almal in een stuk is nadat ons tot bo kon gaan. Ons vorder fluks met die afdraend. By Mlinga verkoop hulle Kilimanjaro bier en Coke teen 3 dollar vir die koeldrank en 4 dollar elk vir die bier, maar ons is lankal lus daarvoor en gee nie om om duur te betaal nie. Dis baie lekker en ons stap verder. Dis ongeveer vier ure se stap.

Die omgewing rondom en op pad na Mweka Kamp is baie mooi. Skielik lyk die natuur en plantegroei weer heel anders. Hier is blomme, fynbos (proteas, heide en elke ding) en baie mooi groen valleie. Teen Kilimanjaro van omtrent 4000 m af, groei daar niks. Daar is net klip, lawarotse en sneeugletsers. Ek het gisteraand herhaaldelik gedink hoe uit sy plek die mens daar bo teen die berg lyk.

Francois loop ’n draai in die veld voordat ons by die kamp aankom en los sy stapstok daar. Toe hy dit die volgende oggend ontdek, is dit net te ver om terug te stap om dit te gaan haal. By Mweka kry ons kans om ordentlik te bad en lekker te eet met rys, lang groenbone en ’n groente- en bone-sous. Die pannekoek by die sop omskep ons in poeding met gouestroop, milo en suiker bo-oor. Simon skud net sy kop. Ons sit later buite in ’n kring (dis veel warmer hier as wat ons die laaste paar aande gekry het) en hou saam huisgodsdiens. Willem lees een vers uit Ps 86:9. Hier word ons aangemoedig om dit wat ons baie graag wil hê, van God te smeek. Elkeen kry ’n kans om sy/haar belewing van die summit-nag in woorde om te sit. Dis ongelooflik lekker om elkeen se storie te hoor en heerlik om te hoor hoe die Here voorsien het, hoe wonderwerke gebeur het en elkeen op sy/haar eie manier sy/haar grense getoets het en oorwin het! Veni, vidi, vici! Ons het gekom, ons het die majestieuse berg gesien en ons het dit en baie ander aspekte van onsself, oorwin!

Sal ons weer gaan? Nooit nie! Soos Barry dit opsom: Hy sal dit nie eens vir sy grootste vyand toewens nie, maar ons is bly dat ons dit gedoen het. Baie bly oor die ongelooflike grootse ervaring wat ons kon meemaak.

Elke volgende berg in my lewe, sal ek beslis anders hanteer. Ons is almal anders as sewe dae terug!


Saterdag 26 Februarie 2005 – 6de en laaste dag van stap

Vandag is alles laid-back. Ons staan rustig op, eet 07:00 eers en Tom sê ons kan self besluit hoe laat ons wil stap. Miskien kry ons tot vandag ’n waterbreuk! Ons stap deur ’n reënwoud met pragtige tonele en blommetjies. Ons neem baie foto’s en neem ook die Impatiens Kilimanjari af. Dis ’n tipe impatiens wat mens net hier kry. Tom is hiper-rustig en wag geduldig dat ons elke blommetjie van naby afneem. Ons sak vandag ’n verdere 1600 m vanaf 3100 m tot op 1500 m by Mweka Hek by die eindpunt. Die einde vat lank om te kom. Ons teken uit by reception en Tom kry ons sertifikate wat hy later by Springlands Hotel aan Herman oorhandig. Ons stap van die einde af nog vyf minute na waar ons bus wag met ons eie “Slim” agter die stuur. Die plaaslike bevolking oorval ons om t-shirts, houtwerk, batikwerk en wat nog alles aan ons te verkoop. Hulle is eintlik lastig, verstaan nie nee vir ’n antwoord nie en Magdel se stapstok word uit haar rugsak gesteel.

Genadiglik begin dit reën om ’n einde te maak aan die verkoping en ons en BAIE porters spring in dieselfde bus met al ons bagasie op die dak. Ek weet nie wie van ons in die bus stink die meeste nie!

By Springlands Hotel kry ons heerlike middagete nadat ons skoongewas is. ’n Ongelooflike ervaring is verby. In die voorportaal kry ons nuwe groepe wat inkom om Kili te gaan stap. “There’s a sucker born every minute!” As hulle maar weet waarvoor hulle in is. Na alles moet ek sê dat ek gekom het vir “me-time”, maar dat hierdie baie ver daarvan verwyderd was. Sonder die hulp en ondersteuning van ’n fantastiese groep mense sou ek dit nie wou maak nie. Ons het in sewe dae meer gelag as in ’n lang tyd! Baie, baie, baie dankie aan elkeen wat dit meegemaak het, vir alles!!!! Julle is die tipe saam met wie mens kan oorlog toe gaan of sommer net saam vakansie kan hou. Mag ons die swaarkry altyd onthou, die lekker tye altyd koester en uitsien na nog baie sulkes!

Baie liefde

Hanlie