Thursday, May 7, 2009
Terug in redelike beskawing: Namche Bazar 3440m
Vanmiddag net na twee het ons in Namche Bazar aangekom waar ons sewe dae terug ook was. Toe het ons glad nie geweet wat voorle nie, nou wil ons graag elke prentjie perfek onthou van wat agter ons le. Ongelooflike tye: Moeilike tye, baie steil, baie dun lug, baie klim en klim, maar ongelooflike gesigte! Soos wat ek nog nooit gesien het nie. Ek wens so elkeen van julle wat hierdie lees kan sien wat ek kon sien die afgelope tien dae. Dis ongelooflik mooi en net mooi ongelooflik.
Maar ek weet nou waar die ou/vrou wat die bekende liedjie geskryf het "all I need is the air that I breath ..." sy/haar inspirasie vandaan gekry het. Dis so lekker om weer te kan asem haal. Op 5380m bo seevlak is daar net niks om in te neem en vir jou longe te gee nie.
Ek mis drie goed uit die beskawing en kan nie wag om dit weer te he nie: 1) Om te kan sit as jy toilet toe gaan. Verskoon die goary detail, maar hier is alle toilette net 'n gaatjie in die grond met hout oor en jy sit op jou hurke (met seer bene en al) 2) om 'n knoppie te kan druk nadat jy by die toilet was en woeps daar flush dit. Hier moet jy 'n beker water self agterna in die gaatjie gooi. en 3) ek mis dit dat mens 'n kraan kan oopdraai en daar kom water uit. Sjoe! Dis drie goed waaroor ek nooit eers in SA dink nie en hier is miljoene mense wat nooit eers daaraan dink dat daar so iets kan wees nie. Oja! En ek sou baie graag my hande wou was. Net een keer. Hier is drinkwater en warm water so skaars soos hoendertande. Alles word kilometers ver gedra en daarom is daar nie gas/brandstof om water warm te maak nie. Hulle enigste vorm van hitte is die Yak-dung wat hulle brand.
Verder gaan dit baie goed. More stap ons na Phakding en dan na Lukla en dan wag ons om te sien of die weer goed genoeg is om uit te vlieg vanaf Lukla na Kathmandu Sondagoggend. Bid asb saam met my vir mooi weer. So ver was die Here uiters getrou. Ons het vandag vanaf Tengboche die mooiste weer gehad en kon Everest vir oulaas van alle kante bekyk. Dit was voorwaar pragtig! Karma se woordeskat in Afrikaans groei. Hy kan nou al "pragtig" en "bakgat" se en 'n hele paar ander nie sulke mooi woorde nie wat die klomp op die span vir hom leer. Sy beste uitdrukking het hy by my geleer: "Jo! Baie mooi!"
Dis nogal interessant om te hoor hoe die klomp nie-christene na ons kyk. Hulle sien christene as uiters eng denkend en baie konserwatief. Ek bid maar net vir hulle en hou myself uit die argumente uit. Vanoggend vroeg stap Nikki langs my vir 'n hele ent en sy vra of sy vir my iets kan se, maar ek moet dit nie verkeerd opvat nie: Ek se toe: ja, go for it! Sy se sy kan Jesus in my sien! Wow! Ek was baie dankbaar en prys die Here dat Hy slegs mens se lewenswyse as getuienis kan gebruik.
Hoop dit gaan goed met almal. Dankie vir Corne, Jan, Barend en almal wat sms'e stuur. Dit help regtig!
Groete uit Namche Bazar, Nepal.

Tuesday, May 5, 2009
Everest Base Camp 5380m
Op 5 Mei 2009 om 11:15 plaaslike tyd het 18 van ons 19 in die groep Base Camp binnegestoom! Wat 'n belewenis. Ek het regtig nie woorde om dit te beskryf nie. Vandat ek laas geskryf het, het ek 'n ernstige griep opgedoen en my hartklop opgehad na 118 in plaas van 62. Te sleg vir loop. Ons was in Dingboche en moes vir 'n akklimatisasie stap van 4300m tot op 4900m gaan. Ek kon myself net nie die laaste 100m by die berg opkry nie en het omgedraai met een van die sherpas en dadelik in die bed gaan klim met 'n med-lemon. BAIE medisyne later en meer gebed as medikasie, is ek gesond genoeg om vanoggend in Base Camp te kon wees! Prys die Here! Dis 'n ongelooflike gevoel. Daar is 35 ekspidisies wat vanaf 5 Mei 2009 die weer sal dophou en sal poog om op te gaan. Een uit elke vier van die mense wat ek vanoggend ontmoet het, sal dit nie berg-op of berg-af maak nie. En ek bedoel nie hulle sal net omdraai nie, nee, hulle sal met hulle lewe betaal vir die avontuur wat hulle aangepak het. Terwyl ons in Base Camp is hoor ons dat David Tait en 'n paar sherpas die eerste ekspidisie geword het om in 2009 die top van die wereld te haal. Maar daar is ook slegte nuus. Daar is 'n avelanche in die khumbu icefall en drie mense is dood.
Hier is dit soos 'n begraafplaas. Orals is hope klippe gepak vir mense wat hul lewens hier verloor het. My suurstofverbrandingsvermoe is nog op 78%, maar dis werklik moeilik om asem te haal. Shelley moes omdraai vanoggend want haar telling was 50% en Sean wou nie kanse vat nie. Dit was so moeilik om haar te sien omdraai en te groet. Sy wag vir ons by Pheriche. Sy wou so graag saam Base Camp toe gaan.
Die res van ons is fine! Ek het 5 dae laas gebad, maar gaan definitief nou my half liter warm water vir R90 koop om my hare te was en die belangrikste plekkies af te vee. Dit net nadat ek die R45 se Coke gedrink het! Hier is alles peperduur, want alles moet baie ver gedra word. Ons het vanoggend vir Louis Carstens ontmoet. Hy is in die SAse span wat Everest gaan aandurf.
Ek hoop dit gaan goed met elkeen van julle! Ek leef! Ek het gekom, ek het gesien, en ek het oorwin! Dankie vir almal se gebede. Ek twyfel nie vir een oomblik waar my Krag vandaan kom nie.
Baie lief vir julle. Mis julle.
Hanlie

Friday, May 1, 2009
29 April 2009 - 1 Mei 2009
Ek skryf hierdie van 4358m bo seespieel. Dis nog nie te koud nie en ons haal nog asem. Sean het 'n apparaat wat die persentasie toets waarteen jou longe suurstof verwerk en myne is nog 93%. Op 65% moet jy ondertoe gaan, so ek is nog fine.
Toe ek laas geskryf het was ons in Namche Bazar. Intussen het ons in Khumjung geslaap en ook in Duboche en nou is ons in Dingboche. 'n Boche is 'n klein dorpie en elke klein dorpie het net 'n ander variasie vir 'n naam. Khumjung is een van die mooiste klein dorpies. Daar is die eerste Hillary skool gebou in 1961. Die kinders hier gaan skool van 10 - 4 in die middag. Dis 'n hoerskool en daar is baie kinders wat letterlik ure stap om daar uit te kom. Daar is ook 'n baie mooi standbeeld van Edmund Hillary. Hy het baie teruggeploeg in die vallei en is ietwat van 'n hero. Ons besoek ook die monesterie. Wat 'n belewenis. Daar sit ongeveer 100 rooigeklede monikke en prewel van stukke lap af. In die monesterie is ook 'n yeti kopbeen. Gaan kyk bietjie op google wat 'n yeti is. Dis baie funny. In ons groep is net twee christene. Baie dankie vir almal wat gebid het vir 'n geesgenoot vir my. Shelley is great en lid van die Every Nation Kerk in Pretoria. Ons is die enigstes tussen 19 mense wat glo daar is redding in Jesus Christus. Ons vermy tans nog die onderwerp, want dit het twee oggende terug 'n hewige debat uitgelok aan ontbyttafel. Bid asb saam met ons vir die groep. Hulle is almal ontnugterd deur christenskap op die een of ander manier en is so oop vir Boeddhisme, dis net nie snaaks nie. Hulle koop boeddha beelde en gebedstringe en laat die lama by Tengboche hul serpe seen en wat se funny goed nog alles. Ek hou my skaars. Ek gaan geen lama my laat seen nie. By elke monestry loop ek om die plek en bid kliphard en spreek die naam van Jesus Christus oor hulle uit. Bid asb saam met my. Die een baie oulike gids se naam is Dawa en hy is baie hoog op in Boeddhisme.
In Khumjung is ons by die hospitaal begroet deur die nuus dat 'n 29 jarige gids van Nepal oorlede is aan altitude siekte. Hy is dieselfde middag begrawe. Al ons gidse het hom goed geken. Dit was baie "sad". Vanaf Khumjung is ons na Duboche via Tengboche. Dit was baie ver opdraend en ons was baie moeg maar die staproete is prentjiemooi deur hul rhodadendrum woud. Dis hul nasionale blom. Vanaf Tengboche het ek gou vir Pappa kon bel van 'n satelietfoon af wat R20 per minuut vra. Ons het ook pizzas geeet by die bakkery en dit baie waardeer. Ons betaal R25 per aand vir warm water om in te stort. Om jou kamera se battery te herlaai kos R60 en ek het so pas vanmiddag 'n R30 se Coke gedrink, maar verder gaan dit met my baie goed. Hoe hoer mens opgaan in die vallei, hoe duurder word alles.
Ons weer is nog wonderlik. Die Here is regtig goed vir ons. Ons slaap nou twee aande in Dingboche en gaan vandaar na Loboche en dan na Kala Patar (dis die hoogste punt op 5600m) en dan na Base Camp. More is 'n akklimatisasie dag en ons gaan 'n berg hier by Dingboche uitklim en dan 90 minute bo bly en afkom. Ons uitsigte vandag was fantasties. Ek het al 4 gig se foto's geneem. Ek het omtrent die beste kamera in die groep en my bynaam het vandag gig geraak. Ek het al seker 400 foto's geneem, maar alles hier is net te mooi om nie foto's te neem nie.
Ek verlang na julle en sou graag wou hoor hoe dit gaan, maar ons sal eers weer selfoon ontvangs he in Namche Bazar op 8 Mei 2009. Aan Monica wat vandag verjaar: Baie gelukkige jaar word jou toegewens. Mag jy 'n heerlike dag he. Baie liefde
Groete van huis tot huis. Waardeer wat julle het.
NS: Ons het vandag twee van die baie skaars en bedreigde Mask Deers gesien. Dit was pragtig en ek kon 'n mooi foto neem. Ek is besig om vir Karma (die een gids) afrikaans te leer. Hy kom nou al om elke draai en wys na die naaste sneeu bedekte piek en se: Sjoe! Baie mooi!

Tuesday, April 28, 2009
28 April 2009: Namche Bazar na Syangboche
Eerste fantastiese uitsigte op Everest! Ek het geen woorde nie. Die van julle wat my goed ken sal weet ek huil nie maklik nie, maar vanoggend was anders. Die trane het net oor my wange gestroom want ek kon nie glo wat ek sien nie...
Vanoggend het ons 7 uur aangesit vir ontbyt en 8 uur vertrek na 'n hotel 400 meter hoer as wat ons geslaap het. Dis nodig vir akklimatisasie. Ons het baie stadig gestap want die lug is vrek dun. Dit het ons 1 uur en 45 minute gevat om die 400 vertikal meter (en seker maksimum twee tot drie kilometer in afstand) te klim. Dis koud, maar ons was so opgewonde om Everest vir die eerste keer volledig te sien, dat ons nie omgegee het nie. Ek toe is ons daar en sien drie van die agt hoogste pieke in die wereld. Die ander twee is Lotshe en Lotshe Shar. Hulle le regs van Everest van waar ons gestaan en direk Noord gekyk het. Ek het net gese: Here, ek is jammer dat ek soms so klein oor u dink. Die hotel is nog 50 km weg vanaf Everest en die top van Everest le ongeveer 5000 m hoer as die hotel. Dis 5 km! Net om julle wat in Stellenbosch bly in perspektief te bring... dis meer as drie keer die Pieke bo op mekaar!
Wat 'n gesig! Ek het dit laat inbrand in my geheue en hoop om dit nooit weer te vergeet nie. Die Here was ons baie genadig met die weer. Ons moes minstens 90 minute daar bly om ons longe te laat rek (eintlik is dit die rooibloedselle wat moet meer word) en ons het boulle gespeel en lemon tea gedrink. Die groep maak baie grappies en ons geniet nog almal mekaar se geselskap.
Wat ek die meeste geniet van alles is my nuwe kamera! Baie dankie Pappa! En Ilze, die gear wat ek by jou gekoop het werk baie goed. Gisteraand het ek my eerste 300 foto's op 'n CD laat laai by die Cyber Cafe in Namche Bazar en toe die ou my First Ascent baadjie sien is hy baie opgewonde en weet dadelik dit kom van SA af. Daar is 'n groep van SA in basecamp wat poog om te summit. Ons gaan hulle groet as ons daar kom. First Ascent borg hulle glo. Hier is die "gear" verspot goedkoop, maar definitief tuisgemaak. Hulle verstaan glad nie kopiereg nie en elke tweede jas hier is "The North Face", maar kos driehonderd rand en aan die stiksels kan mens sien dis tuisgemaak. Ek het vanmiddag twee langmou "quickwick" hemde gekoop vir R60 elk. Dis darem in Korea gemaak en 100% poliester. My kortmou hemde gaan dit nie maak in hierdie koue nie.
Ek geniet hierdie uitstappie baie meer as wat ek gedink het.
Dit wat ek die meeste bewonder van die Sherpa's is hulle eenvoud. Hier word niks as van selfsprekend aanvaar nie. Ons is op 3440 meter tans en alles wat hulle hier gebruik van 'n eier tot die rekenaar waarop ek tik, word deur porters hier in die vallei opgedra met hul lywe. Ons het gister 'n ou gesien wat 102kg se hout op sy rug, nek en kop dra. Hulle word betaal per kg. Ek het mooi foto's daarvan geneem, want dis ongelooflik. Ek is definitief besig om iets te leer oor eenvoud.
Verder is die kos iets om te aanskou. Dis heerlik. Ons menu bestaan uit veg fried rice, chips en eiers, toasted broodjies, gisteraand was daar hoender stew oor rys wat baie lekker was. Daar was tot groente in.
Sunday, April 26, 2009
Sondag 26 April 2009: Lukla en Phakding
"I am a Lukla airstrip survivor!!!" Ook maar net! Dit was onbeskryflik!. Die kortste aanloopbaan in die wereld en ons het vandag daar geland met 'n Twin Otter Vliegtuig. Die vlug van Kathmandu was ongeveer 45 minute lank en ek het groot stukke daarvan met my dvd kamera afgeneem. Ons was almal lekker senuagtig, maar geseend met die weer. Ons het die berge pragtig gesien uit die vliegtuig, maar dit skud so in die lugstrome dat dit feitlik onmoontlik is om af te neem. Ek was by 'n venster. Die vliegtuig het net 17 sitplekke. Die vlieeniers is 18 en 24 jaar oud en lyk soos vegvlieeniers sonder die "ray bans". Een van die meisies in ons groep het sommer begin huil na ons geland het en Mike het gese hy kon sweer die co-pilot het ook sy bene vas teen die voorkant geskop met die remtrapslag. Die aanloopbaan is net meer as 300 meter lank en dit lyk heeltemal onmoontlik om daar te land as mens op volspoed aankom in 'n vliegtuig. Ons het dit almal oorleef en hardop gejuig toe ons buite gevaar blyk te wees. Wow! Dis erg! Ek het nie foto's daarvan nie, want ek het dvd geneem, maar sal by die ander kry.
Ek sit ook nie foto's by hierdie blog nie. Die internet hier is soooooo stadig dat elke foto 10 minute vat om te laai. Ek hou dit as 'n verrassing. Maar glo my dit is hemels!!!
Lukla het heerlike gemmer suurlemoen tee (dink aan Med Lemon) opgelewer en toe vertrek ons. Ons het twintag porters wat alles dra. Hulle dra tussen 45 - 60 kg op hul nek, kop en skouers. Party so jonk soos 15 jaar. Ongelooflik om te sien. Ons dra ongeveer 6 - 10 kg elk. Vandag het ons net 7 km gestap maar in omtrent 4 ure. Ons moes baie stadig stap. Ons is nou op ongeveer 2600 meter bo seevlak en ons asems jaag.
Die mense van Nepal is great. Baie vriendelik. Ons hoof plaaslike gids is Lakpa. Hy is 'n oupa met 'n konstante glimlag. Dawa is die eerste hulp in bevel. Dan is daar baie ander wie se name ek nie ken nie. Hulle is baie besorg en dink seker ons het nog nooit gestap nie, want hulle gee raad van sokkies, tot om nie te naby aan die afgrond te stap nie. Hulle word meer betaal as ons almal veilig bo kom en hulle gaan dit regkry kom wat wil.
Ons kos is baie interessant. Hier in die Khumbu vallei (ek kan nog nie glo ek is regtig hier nie) is baie groente tuine en graan en rys. Ons het vanmiddag Dalbat gehad. Dis rys met 'n lensie sousie en groente. Baie min sout maar verder heel smaaklik. Vanaand is dit knoffelsop en nan. Dis brood wat gebraai word met 'n sousie.
Ek het nou heerlik warm gestort. Hier is wraggies solar heating. Nou gaan ons met die aandprogram begin. Dis kaartspeel, baie lag en gesels en aandete eet. Tussen-in vat ons 'n everest bier. Mens het nie eintlik 'n eetlus bo 3000m nie en Sean dwing ons om alles te eet wat ons kan afkry. Pas my!
Groete en liefde vir almal. Ek weet nie vir hoe lank ek nog internet toegang sal he nie. Dit raak baie duur soos mens opgaan in die vallei. More stap ons na Namche Bazar. Dis op 3440m. 'n Baie steil klim na middagete, maar ons sal daar kom. "The distance is nothing, it is only the first step that counts."
Dankie, Pappa, vir die verkiesingsuitslae. Ons hoor Angus Buchan het inmekaar gesak na sy praatjie Saterdag by Meighty Men. Laat weet asb of hy alraait is. (Comment op die blog.)
Bid asb vir mooi weer. Die gradient van hierdie berge is ongelooflik. Ek dink vanmiddag terwyl ek stap dat ek kan sien dat die mense wat die bybel geskryf het nie in die himalayas was nie, want dan sou die psalmdigter nie geskryf het : "ek slaan my oe op na die berge nie". As mens hier jou oe opslaan sien jy nog niks nie. Jy moet jou nek agteroor rol na die berge en dan jou oe opslaan. Uit die vallei waar ons nou is, is die eerste ry berge wat mens sien seker op 3500m. Dis hoer as Suidelike Afrika se hoogste Mount Auxsources in die Drakensberge. Ek verkyk my en is so dankbaar dat ek hierdie kan doen. Laat dit met elkeen van julle baie goedgaan. Liefde Hanlie

Friday, April 24, 2009
25 April 2009: Kathmandu
Wat kan ek se oor Kathmandu! Wow! Miljoene mense in baie vuil strate met geen verkeersreels of bouregulasies nie, maar 'n "vibe" wat vir niks skrik nie. Ons ry met 'n taxi na Tahmel. Dis die toeriste mecca van Kathmandu. Nou moet julle asb nie die waterfront voor julle geestesoe oproep nie... Dis iets soos 'n kruising tussen Kayamandi se Suqukulo Straat en die groentemarkplein in Kaapstad. Die mense is arm (60% werkloos) en toerisme is hulle enigste inkomste. Hulle oorval jou met aanbiedinge en almal wil jou vervoer. Die rygoed wissel van fietse, riksas, bromponies, motorfietse, baie ou karre en hier en daar 'n 16 sitplek taxi. Ek het reeds 50% van my lewensversekering opgebruik van na Tahmel en terug ry! Maar wat 'n belewenis. Ons eet in die Rum Doodle Restaurant. Almal wat al Everest tot bo geklim het mag daar verniet eet. Sean vat dus al sy toergroepe soontoe. Yak steak e Tandoori Hoender was op die spyskaart en jou doori was daai hoender sterk!
Vanoggend vroeg is ons na die tempel langs die hotel. (Foto aangeheg) Ek verkyk my aan die Hindu en Boeddhistiese gebruike. Almal is so bygelowig en daar is letterlik duisende mense reeds 06:00 by die tempel. Hulle stap om die tempel, prewel gebede, steek kerse op en gooi mieliepitte vir die duiwe. Maar almal se oe is leeg. Jy sien niemand glimlag nie.
Ons ontbyt was heerlik. Vandag "shop" ons in Kathmandu en kry al ons heel laaste goed. More-oggend baie vroeg vertrek ons na Lukla. Die weer is tans baie goed. Die stad is in mis gehul, maar dis eintlik stof en rook. Dis te snaaks om te sien dat die mense met stofmaskertjies in die strate loop. Ons stadsingenieur sal 'n hartaanval kry oor hierdie paaie en die rommel le orals. Miskien moet ek oorweeg om hier by die Munisipaliteit te werk. Ek sien vanoggend in hulle Kathmandu Post dat hulle 'n pos adverteer vir 'n bouinspekteur. Mens sal nooit aan die geboue se dat hier sulke poste is nie. :-)
Thursday, April 23, 2009
Vanaf Doha lughawe: 24 April 2009
Julle sal my nou nie glo nie, maar die keyboard waarop ek tik is in Arabies en ek moet blind tik. Daarom vat elke sinnetjie baie lank, maar tyd het ons. Ons het heerlik gevlieg. Qatar lugredery is werklik goed. Ek moet nou min skryf en vinnig baai se want die rekenaar gaan dood na tien minute. Gaan baie goed. Heerlike groep. Doha is langs Abu Dabi. Baie sand en sand. Ek het lekker geslaap op die vlug. Ons vlieg nou Kathmandu toe. Die rekenaar skerm werk van regs na links! Baie funny.
Lief vir julle almal. Groete
Hanlie
Lief vir julle almal. Groete
Hanlie
Nou is dit sulke tyd...
23 April 2009: Maande en maande se uitsien en oefen is skielik hier. Ek is vreemd senuweeagtig. Ek weet nie waarna sien ek die meeste uit nie. Ek moet myself telkens dwing om diep asem te haal en dag vir dag te dink. Ek sien so uit hierna dat ek alles gelyk wil inneem en doen.
Voor in my toerdagboek staan twee goed: 1) "Ek is tot alles in staat deur Christus wat vir my krag gee." Ek bid vanoggend saam met Abraham (ek dink dit was hy) wat gese het dat as die Here nie saam met hom en sy gesin trek nie, wil hy nie eers van daardie plek af begin trek nie.
2) Die tweede ding het ek gekry by die nuwe groenpunt stadium wat in aanbou is:
"Impossible is just a big word thrown around by small people who find it easier to live in a world they have been given than to explore the power they have to change it.
Impossible is not a fact. Its an opinion.
Impossible is not a declaration. It's a dare.
Impossible is potential.
Impossible is temporary.
Impossible is nothing!
Ek is diep onder die indruk van almal by die werk en vriende en familie wat bel om sterkte te se. Wow! Ek vat Stellenbosch se 2010 vlag saam Everest toe en sal dit daar plant en klomp foto's neem. Natuurlik die SAse vlag ook.

Tuesday, April 21, 2009
"Ready or not..."

Twee slapies... eintlik slaap ek nie meer nie. Ek is te opgewonde. My sak staan gepak op my rusbank en ek koop die laaste drie goed. Onder andere 'n pakkie "cable ties" want dit werk vir alles. Ek het ook "ducktape" ingepak. Mens weet nooit... Gisteraand vir oulaas al my 6 lae klere aangepas om te sien of dit werk. Gelukkig was Stellenbosch bietjie koeler, want mens sal beswyk. Vandag verras 'n klomp vriende en familie my met e-pos op e-pos waarin hulle ons toerplan aanvra. Hulle wil saam met my bid. Gisteraand by my bybelstudiegroep is almal dadelik reg om die Here se seen te smeek op hierdie lewensdroom van my. Hoe wonderlik is dit nie om sulke ondersteuningsnetwerke te he nie?
Ons het die naamlys ontvang van wie saamgaan. Ons is 19 in die groep en ek ken niemand nie. Dis nog net name vir my, maar ek weet dat binne drie weke ons lewenspelle sal wees, want as mens eers saam swaargekry het, kan niks mens se waardering vir mekaar keer nie.
Geniet die bergtop in jou eie lewe. Onthou: "The distance is nothing, it is only the first step that counts!"
Die foto is van Lukla Airstrip. Dis die kortste aanloopbaan in die wereld en ons moet Sondagoggend daar land om te begin stap.
Monday, April 20, 2009
18 April 2009: Stellenbosch Berg

Dis bykans ongelooflik dat ek al altesaam 16 jaar op Stellenbosch bly en nog nooit tot heel bo op Stellenboschberg was nie. Veral as jy weet dat ek spesiaal 'n paar jaar terug my kombuisvenster laat vergroot het sodat ek die berg kan sien terwyl ek skottelgoed was. Vandag kan ek die aantal dae voordat ek Nepal toe vertrek op my een hand tel. Ek is baie opgewonde, maar begin ook die senuwees voel wat knaag. My vriende en familie is ongelooflik ondersteunend en almal sal bid vir veiligheid en 'n opwindende trip. My verwagting is om oorweldig te word deur die almag van God. Agt van die tien hoogste pieke in die wereld is in die Himalayas en ek kan nie wag om dit te sien en te ervaar hoe dit my lewe verander nie.
Die stap vandag was besonders. Dit was heerlik koel en die top van Stellenbosch berg was heeltemal in mis gehul. Ons het lank daar bo tjoepstil gesit en net geluister. Ek kon die druppels op die klippe hoor val. Dit het gevoel of die Here self langs ons sit. Jan het maklik die pad op en af gekry en ek was dankbaar dat hy tyd en energie insit om saam met my te oefen. Dit help baie. As mens eers die dorp van bo af gesien het, dink mens anders oor die uitdagings in die elke dagse lewe. Die plantegroei op die berg het my beindruk. Dit het presies 'n maand gelede heeltemal afgebrand in een van die ergste brande wat Stellenbosch in 'n lang tyd beleef het en hier het die meeste protea en ander fynbos reeds weer uitgeloop en aangegaan asof niks fout is nie. Ons kan baie by die natuur leer van "resilience".
Monday, April 13, 2009
Slaap op Botmaskop: Wat 'n voorreg!

Dis my verjaarsdag en ek wou nerens anders wees as op 'n berg naby Stellenbosch nie. Ek het besluit die petrol (Staking in die transport sektor) en ekonomiese krisisse maak dit riskant om vir die Paasnaweek weg te gaan. Stellenbosch is in elk geval heerlik stil met die studente op vakansie en die res van die dorp by die KKNK op Oudtshoorn. Twee van my vriende, Jan Bierman en Monica Kirsten, het my kom help vier en ons is Botmaskop uit. Met rugsakke vol lekkernye vir die groot verjaarsdagpartytjie. En wat 'n aand was dit nie? Wow! Die mooiste weer, die beste uitsigte, wonderlike geselskap, 'n pragtige sonsondergang en sonsopkoms en boonop die mooiste wolkformasies reg deur die nag. Dis net verby volmaan en dis so helder daar bo.
Met sonsopkoms herdenk ons ook opstandings sondag. Hoe heerlik is die wete nie dat God reeds die dood oorwin het nie. Hy is gekruisig, maar het opgestaan. Hy leef! En ons met Hom!
Thursday, April 9, 2009
Stellenboschberg vir 'n verandering

Dis 4 April 2009. Teuns en Lizel is vanoggend getroud en dit was pragtig en baie geseend. Vanmiddag klim ek en Jan vir afwisseling Stellenboschberg. Die weer is pragtig en die uitsig asemrowend. Ons klim nie tot heel bo nie, want ons het laat begin en wil nie 'n onbekende pad in die donker doen nie. Dis goeie oefening vir my. Ek is besig met my heel laaste voorbereiding vir Everest Basecamp. Ek het 19 dae oor. Ek is so dankbaar vir my vriende wat my so ondersteun het en gereeld saamgestap het. Dis great!
Subscribe to:
Posts (Atom)