So roei die vriende lag lag so…
Hanlie se storie oor die Oranjerivier
29 Desember 2008 – 2 Januarie 2009
Oppad Stilbaai toe die volgende dag luister ek vir die soveelste keer na Theuns en Juanita wat sing: “Ken jy die pad na ‘n plek wat ‘n merk op jou hart laat…” en ek besef dat dit is wat in die afgelope week gebeur het: Ek het die pad leer ken na ‘n plek wat ‘n merk op my hart laat saam met ‘n groep vriende wat merkers in my lewe is.
Dit het alles begin toe Teuns na die Visrivier stap in Augustus “non-chalant” aankondig dat hy en Lizel ‘n groep vriende nooi om die Oranjerivier te gaan roei oor Nuwe Jaar. Die vriende was dadelik reg vir aksie want ons ken die Tier in Teuns en het al so baie gehoor van die aksie op die Oranje. Natuurlik is Du Toit die hulpgids en spoedig was daar 17 mense wat wou en kon.
By Abiqua is die onbekendes voorgestel aan almal en het die pret begin. Ons het die 30ste Desember 2008 ons eerste dag op die rivier gehad. Die bootindelings het min of meer vanself gebeur. Teuns roei alleen en vervoer die tafel, roosters, hout, kos en vele ander benodighede, ook later al die rommel. Lizel roei saam met Melanie, Hanlie saam met Johann, Barend saam met Magdel Combrinck, terwyl die Visagie susters, Annemarie en Rene, Charles en Julia, Chris en Monica en Toit en Marili die rivier saam aandurf. Elke boot moes een yskas inpak met drinkgoed en middagetes en twee emmers per persoon moes al jou slaapgoed, dragoed en speelgoed vervoer. Teuns se veiligheidslesing is met ‘n gebed en ‘n piepie afgesluit en ons is ter water gelaat. Die eerste wit watertjies is wankelrig en met min selfvertroue aangepak en almal kon hul roeivaardighede oefen deur agter die “frisbee” aan te roei as ‘n “shaky” gooier die pad beister geraak het. Ons stop langs die oewer om ‘n draai te loop, teetyd te vat, middagete te maak en na omtrent 22 km op die rivier kamp ons aan SA se kant op ‘n pragtige oewer. Die wind waai en ons skuif die bote op die oewer rond vir skuiling vir ons slaapplek. Lizel en Teuns braai hoender met heel gekookte aartappels en heerlike wortelslaai wat ons met die skillertjies rasper omdat die rasper vergete gebly het. Almal wat gelei voel om te help met die aandete het aangemeld. Ons sukkel om die verskil tussen “gelei” en “verlei” vir Toit te verduidelik. Ons gebruik die badtyd met grasie - stroomaf vir die girls en stroomop vir manne (is dit omdat dit tipes is vir mans of hoekom sou Teuns dit kies?)
Laat die aand gaan die wind le en ons vergaap ons aan die sterre en hoe naby hulle lyk. Ek sien ster formasies waarvan ek nog net gehoor en gelees het. Dis ‘n belewenis!
Dag 2 begin goed. Almal staan vroeg op en is in ‘n vrolike luim. Met eerste lig het Teuns klaar die vuur aan die gang en is daar spoedig kookwater vir koffie en beskuit. Ons sorg elkeen vir ons eie ontbyt maar die “leftover” hoender en aartappels gaan ook goed af. Vanmiddag moet ons die magtige shambok aandurf. Dis die grootste rapid op die trip en die meeste van ons weet nog nie waarvoor ons in is nie. Ons begin vroeg en dryf sommer eers ‘n bietjie. Op die manier kan mens baie naby aan voëls verby vaar. Ons sien die mooiste reiers, arende en vele meer. Die reuse reier is veral vir my pragtig. Ons sien ook ‘n king fisher wat ‘n vis vang!
Die eerste watergeveg het half onverwags op baie afgekom. Toit was aan die voorpunt met Marili wat so graag droog wil bly, maar geen kans het nie. Kort-kort hoor met net “Roei Marili! Roei!” en dan is Toit besig om met sy regterhand die bailer goed aan te wend om vreemde vyandige bote aan te val. Barend en Magdel en die Visagie sussies loop veral deur, maar Marili en Toit is nie te kieskeurig nie. Enige vyand sal doen. Soms kry Marili dit ook sommer van vriendelike vuur. Dit is dan wat sy so ‘n gilletjie los wat enige klein Visarend na sy Ma sal laat verlang en die res van ons hul koppe laat omruk om die roepende visarend van nader te beskou. Ons lag aanhoudend en die grappies raak al hoe spitsvondiger hoe langer ons mekaar ken. Verder speel ons frisbee en bats tussen die bote. Teuns roei rustig voor en laat enige stel “obstacles” soos ‘n kinderpartytjie lyk. As ons geweet het wat later vanoggend sou gebeur, sou ons moontlik minder vrolik gewees het. Dis ook maar goed dat mens nie weet nie…
Ons kry ‘n ander groep op die rivier en besluit om eers stil te hou langs die kant dat hulle kan verbykom. Ek sien my skoolvriendin, Fifi, wat ‘n hulpgids is by hulle groep en dis heerlik om mekaar weer te sien. Ons hou ‘n lang tee breuk by ‘n mooi baai en swem en speel bats en geniet net mekaar se geselskap en die pragtige natuur.
By die ou myn hou ons stil en klim die berg uit om floor-spar klippies op te tel om met die oujaar te kan vuurwerke maak. Ons bekyk shambok uit die lug en kyk hoe die groep van Bushwack die rapid aandurf. Teuns verduidelik hoe mens die s-vormige vinnige water moet benader. Ons neem talle foto’s en toe vertrek ons. Die nou reeds bekende oproep van “single file!” en “life jackets” weerklink in ons ore. Met vinnig kloppende harte en knaende senuwees dryf ons nader en nader en wag nog dat die laaste boot van die vorige groep afgaan. Teuns gaan rustig deur en toe volg die res van ons. Dis nie vir sissies (lees pissies) nie en wonder bo wonder bly ons boot met sy bo kant bo. Ons skep wel baie water en stop langs die kant om die boot leeg te skep. Teuns se boot begin afdryf en ek swem om dit te keer. Teuns help die mense wat omgeval het. Net toe kom Lizel en Melanie op die rapid af en kry nie hulle draai nie. Hulle pyl reg op ‘n rots af en tref die rots met mening. Die yskas skuif terug en kap Lizel baie hard op haar been. Lizel ervaar onmiddellik baie pyn, maar sou eers later sien dat sy ‘n yslike sny in haar linker onderbeen het. Barend help haar uit die water en Teuns besef dadelik dat die sny diep is en steke moet kry. Hy hou die sny bymekaar terwyl Toit sy noodhulpsak deursoek vir alkohol swaps. Daar is niks. Jana van Bushwack kom help en ons verbind die sny. Besluite word vinnig geneem en Lizel moet saam met Bushwack van die rivier af kom om by die kliniek in Noordoewer te kom. Later sou ons hoor dat sy Springbok toe was vir binne en buite steke. Deur die genade is Buschwack oppad uit en het hulle ‘n “raft” wat ses mense roei wat Lizel met grasie en gemak kan vervoer en genadiglik kan hulle haar vervoer na Abiqua. Die Here is goed vir ons.
Teuns slaag die toets met meer as vlieënde vaandels en neem die besluit met sy kop en nie sy hart nie. Hy bly by ons. Selfs nadat die groep hom probeer oortuig dat ons “fine” sal wees in Toit se hande! Dankie Teuns!
Dis ‘n redelike “shaky” groep wat saam middagete hou. Ons bespreek die rapid en almal lei bietjie aan skok na die ongeluk. Melanie sal nou saam met Magdel C roei en Barend roei die stukkende boot. Ons is almal net dankbaar dat Lizel okay sal wees. Van die res van die middag onthou ek nie veel nie. Ons ontmoet ‘n Pa en twee seuns op die rivier en Teuns nooi hulle om by ons te kamp en saam met ons aandete te maak. Hulle erken dat hulle “severely undercatered” is en kan een blikkie bier en ‘n pakkie “roamary creams” vir die ete skenk. Ons is vroeg aan wal en daar is baie tyd vir swem, bad, lees, vuur maak en lekker kuier. Teuns se spesialis dis is vanaand op die spyskaart. Hy maak ontbeende rib wat hy met chutney, knoffel en olyfolie vryf en in tin foelie toedraai en in die vuur sit. Daarby maak ons groente en knoffelbrode met sjokolade mousse as poeding. Ek het Lizel se kosrol oorgeneem. Ons spring popcorn op die vuur en die ouens maak baie hout bymekaar om 24:00 te kan haal.
Na ete begin ons wag en wag en wag vir nuwe jaar. Melanie probeer ons oortuig om nuwe jaar twee ure te vervroeg maar die grootste deel van die groep bly hardnekkig wakker om die nuwe jaar in te wag. Ons oefen om met starlights van die Visagie sussies die syfers van 2009 gekoordineerd te maak en Charles, Teuns en Monica lê dit op film vas. Barend hou vir ons ‘n oujaar diens en ons almal deel ons hoogtepunt saam met die Here in 2008. Dis opvallend hoe baie van ons geliefdes aan die dood afgestaan het in die afgelope jaar, maar bemoedigend om te hoor hoe die Here die verskillende families gedra het deur baie moeilike en hartseer tye.
Die wolkformasies wat ons inwag toe ons ons oë oopmaak op 1 Januarie 2009, is iets om regtig oor huis toe te skryf. Dis pienk en alle skakerings van blou en grys. Ons wens mekaar weereens voorspoed vir 2009 en klim vroeg op die rivier. Ons mis vir Lizel en bid dat sy okay sal wees. Na ‘n vinnige ontbyt en oppak is ons oppad. Vanoggend is lang gladde stukke en ons dryf en swem langs die bote. Ons speel lank in die water en hoef nie veel te roei nie. Dis heerlik. Later die middag kom die wind egter op en ons moet hard roei om verby Aussenkeer te kom. Dis harde werk en teen middagete onder ‘n doringboom slaap die meeste van ons terwyl Melanie hardnekkig gesels en min reaksie van die groep kry. Ons kom agter al die ouens behalwe Johann snork heerlik as hulle moeg is en op hul rug lê. Na ete roei ons weer wind-in en struggle tot by die laaste vinnige water wat ons na die kampplek vat.
Ons stop vir laat middag tee en Melanie se ma se koekies gaan baie goed af. Toit wen drie eerstejaars met ‘n kolskoot in frisbee gooi en die res van ons geniet die water voordat ons vir oulaas die bote bestyg vir die dag.
Ons kampplek is weer aan SA se kant. Daar is ‘n hele trop bokke op ons slaapplek en ons jaag hulle bietjie aan. Die bokwagters kom verby met drie pasgebore bokkies wat net te oulik is. Vannaand is dit tjops en butternut met vrugte en vla op die spyskaart. Die tjops smaak vorentoe gemarineer in die goedkoop soet rooiwyn wat Abiqua vir ons geskenk het vir die Oujaar. Dankie Johan! Ons kampvuur word voorafgegaan deur jogaklasse wat Melanie aanbied vir ‘n groot deel van die groep wat hou van strek en rek. Die res sit en lag van die vuur se kant af. Dit gaan goed af. Veral die boompie move prikkel almal se (lag)spiere.
Ons kuier lank en lekker langs die vuur en gaan slaap met die wete dat dit al weer ons laaste nag langs die rivier was.
Die volgende oggend kom kuier ons reisgenote vroeg vir ons en is verbaas oor die afstand wat ons nog die vorige dag geroei het na middagete. Ons is bly en kan vanoggend rustig roei. Ons moet vanoggend deur nog ‘n baie groot rapid gaan. Gamkap is self nie grappies nie en na ons ondervinding by Shambok is die meeste van ons maar skrikkerig. By die rapid stop ons eers en stap met ‘n paadjie langs die oewer om die rapid van nader te bekyk. Teuns gee raad en ons trek weg. Teuns roei deur soos iemand wat in die bad speel en daarna is dit Barend wat maklik deurgaan. Die meeste van ons kies die perfekte lyne en net die Visagie-sussies dop om nadat hulle ook ‘n pragtige lyn geroei het. Magdel Combrink eindig hul triomf met ‘n staande ovasie wat Barend en Monica pragtig op foto vaslê. Ons is erg verlig en vergeet skoon dat daar nog water wag. Ons ry die rapid nog ‘n paar keer met “life jackets” aan en kyk hoe almal wat wil op die brander speel met die rubberducks van ons reisgenote. Ons vergaap ons aan Teuns se skills. Dis goed om te sien. Hy is werklik ‘n tier.
Net daarna verras ‘n stuk vinnige water ons en my en Johann se kano skep baie water in die hoofbrander en tip om. Daarna sou ons hoor dat dit “surprize rapid” genoem word. No kidding!
Kort voor lank kan ons uitspan vir ons laaste middagete en dis toe dat die Visagie-sussies ons verras met ‘n heerlike grappie. Hierdie is my weergawe daarvan: Magdel en Glandy kom aangeroei na die uitklimplek vir middagete maar dis nie ‘n geleidelike wal nie mens kan nie daar uitklim nie. Glandy is later uit die boot en sleep die boot na vlakker water. Magdel sit steeds in die boot. Glandy wil graag hê dat Magdel haar moet help om die boot op die regte plek te kry en in haar moedeloosheid merk sy op: Jy sit net daar soos ‘n lady! Magdel is nie op haar mond geval nie en antwoord onmiddellik: “Nou hoe wil jy hê moet ek sit? Soos ‘n tert?” Ons het dit almal baie geniet. Middagete was lank en lekker en behalwe vir die veldbrand wat ons gestig en toe weer uitgesit het (met die enorme bydrae van Toit wat met ‘n baie klein stokkie die vlamme probeer doodslaan het), was dit insidentloos en baie lekker. Ons besef dis nou ons laaste 300 meter op die rivier en roei dit met traagheid. Ons laai die bote uit en maak vir oulaas sports voordat Johan en Lizel opdaag om ons op te laai. ‘n Heerlike trip op die rivier is verby en ons is spyt dit het so vinnig verby gegaan, maar ons het dit almal baie geniet. Dit was ‘n heerlike groep met goeie leierskap, wonderlike weer en omstandighede en overall ‘n baie lekker en geseënde trip.
Dis lekker om vir Lizel te sien en goed om te hoor hoe die Here haar geseën en bewaar het oor die drie dae wat sy op haar eie was.
Teuns maak vir ons heerlike potjiekos terug by Abiqua. Hanlie vermorsel vir Barend op die tafeltennisbaan (dit was my beurt om die storie te vertel) en wen ‘n pizza. Toit, Marili en Chris is oppad Vic Valle toe en ons gaan laai hulle op Noordoewer af om die bus te haal. Ons slaap ons laaste aand op Abiqua en vertrek vroeg terug Kaap toe. Ons eet ontbyt op Springbok en is dankbaar dat almal later veilig terug is in die Kaap.
As ek nou terugkyk was dit ‘n luilekker vakansie sonder selfoonontvangs, tussen great pelle en met wonderlike natuurskoon. Alles goeie bestanddele vir ‘n wenvakansie! Dankie aan Teuns, Lizel en elkeen wat deur hul daarwees deel was hiervan.
Ek het dit baie geniet!
Groete aan elkeen
Hanlie

No comments:
Post a Comment