Saturday, June 19, 2021

Pretoria hier kom ek











Dit is eers toe ek Cape Town International Airport op Iphone maps intik dat die gevoel my amper oorweldig. Ek het lanklaas gevlieg! Ek laat toe dat die elektroniese stem my lei. Blindelings deur onbekende woongebiede. Die sypaadjies is vuil en onversorg. Grief my. Die reuse bitcoin advertensiebord heeltemal uit sy plek uit. Ek laat my kar by een vd die parkering entrepreneurs. Eers raas Suzaan toe ek hulle bel. Mevrou is hopeloos te vroeg. Ja Suzaan dis wat opgewondenheid aan jou doen. Na ‘n bietjie redekawel stuur sy tog vir Dickens op die 1,2 km roete lughawe P2 toe. Hy is
vinnig daar. Ek gee my kar af en check vier vyf ses keer of ek alles gevat het by die voorste sitplek. Ek voel soos iemand wat die eerste keer ooit vlieg. Ek is senuagtig oor Covid, drie laag masker vir die vlug, en elke stukkie raad van mense wat probeer help om Covid vry deur my kort vakansie te kom. Later stap ek aan Terminaal toe. Ek voel ek het iets vergeet en kyk weer in my handsak. Beursie check, ID check, boarding pass uitdruk check. Dis toe ek my verkyker in my handsak gewaar en vies dink hoekom ek hom nie in my handbagasie gesit het nie, dat dit my vierkantig voor die kop slaan: MY BAGASIE! Beide my tasse lê nog knus agter in my ‘boot’. Ek vlieg om en hardloop terug. Dickens sien net arms swaai en vou hom dubbeld soos hy lag! Oak Madam, ek het gedink Madam travel darem lig!! Hanlie, jy sal moet kop hou suster, dink ek!


Die lughawe is besiger as wat ek gedink het. Die lounge is oop. Met Covid sit ons net een op ‘n slag in ‘n vierkant stoele en dis heerlik. Die gin en tonic ook.

Ek het nooit onveilig gevoel op die vlug nie. Almal se maskers is op en ons sit net een per ry. Daar is minder as die helfte van die vliegtuig se kapasiteit op die vlug. Ons verlaat die vliegtuig in klein groepies op ‘n keer. Ek is hier om my sussie te verras vir haar verjaarsdag Sondag. 


Sover ‘n baie lekker kuier...





‘n Sappige storie