Sunday, June 10, 2012

Oppad na Alaska


2 Junie 2012

Die goed gebeur nou so vinnig aan hierdie kant dat ek amper nie tyd kry om te skryf nie. Ons is by Monica Simmons in Seattle. Dis die vriendin wat ek verlede jaar by ‘n konferensie in SA ontmoet het. Sy is die Stadsklerk van Seattle en baie gasvry en gaaf. Ons kuier heerlik. Sy buig agteroor om ons alles te laat ervaar.

Maar laat ek begin waar ek laas opgehou het. Ons het toe middernag vir Hannalie op die lughawe gekry. Sy vlieg met Jet Blue. Dis ‘n binnelandse lugredery in die VSA. Hannalie kon die hele vlug (insluitend opstyg en land) skottel TV op die vlug kyk! Een van die dae hoef niemand in SA 7de Laan te mis nie. Hannalie is ‘n bondel vreugde en vertellings. My ma bring vir haar duisende drukke uit SA van al haar vriende en familie. Sy is ‘n arbeidsterapeut wat al haar groen kaart in Amerika het. Sy bly in Waterville in Maine aan die ooskus en het ‘n lang vlug gehad vanaf Boston. Ons klim eers na 01:15 in die bed en probeer bietjie later slaap, maar ons is by ‘n lughawe hotel en die mense beweeg vroeg, so 07:45 is ons wakker en gereed vir die dag.

Die winkels in Amerika maak meestal eers 10:00 oop, maar bly oop tot 20:00 of 21:00. Daar is heelwat wat ‘n 24 uur diens gee. So jy kan shop net wanneer jy wil. Vanoogend gaan ons na South Center. Dis ‘n baie groot Mall. Ons eerste lekkerte is om te gaan fliek. My ouers het ‘The best exotic Marygold Hotel’ gesien en wil dit vir ons ook wys. Dis ‘n baie goeie fliek. Gaan kyk dit asb. Julle almal, groot en klein, manlik en vroulik, sal daarvan hou. Dis diep, snaaks, goeie vermaak en sommer net ‘n lekker fliek. Die hero van Slumdog Millionnaire speel een van die hoofrolle.

By middagete eet ek Mexikaans, my Pa Amerikaans, Hannalie Indies en my ma Chinees. Ons doen ‘n wereldtoer net daar om die tafel en proe almal se alles. Die Amerikaners het lekker winkels en betaal oor die algemeen goedkoper vir goed as ons in SA (selfs al het die rand verswak van 8 na 8,60 in die laaste maand!) Hannalie het ‘n coupon vir Payless en wil ‘n paar skoene koop. Ek is onder instruksie van my sussie, Elna vir ‘n jean en ‘n paar bloese van hierdie kant af en ons takel die winkel. In een van die gange is ‘n klomp masseer stoele. Jy betaal 1 dollar vir 15 minute dan masseer die stoel jou.

Dis 16:00 voordat ons afskeid neem van die winkels en die pad vat na die Four Seasons in die hawe van Seattle om ons intrek by Monica te neem. Ons het baie bagasie tussen die 4 van ons, maar daar is genoeg fancy helpers om dit te hanteer. Ons gaan van ons goed by Monica los vir die week op die boot. Ons wil nou nie die boot laat sink as gevolg van wereldtoer aankope nie.

Monica treat ons met als wat lekker is. Ons begin sommer met ‘n Stella Bier van Belgie en Ina Garten Roast Nuts wat sy self gemaak het. Sy bly een blok van Pike’s Market af en koop baie interessante goed daar. Toe spring ons in haar ‘van’ en gaan verken die stad verder. Sy is ‘n nuwe ‘local’ hier en kom oorspronklik van Nevada (Las Vegas) af. Haar familie bly steeds daar. Ons eerste stop is Carrie Park in Queens. Toe ons stop sien ons daar is ‘n ‘camosion’ aan die gang. Dis ‘n klomp matrieks wat kom fotos neem vir die ‘prom’. Van hier af het mens ‘n baie mooi uitsig van die stad en die needle. Ons neem later meer matrieks af as die uitsig, want dis skreesnaaks. Ons sien nog vele plekke en toe laai sy vir my en Hannalie af by haar gunsteling pedicure plek “Seattle Nails’. Dis wonderlik om iets te kan doen aan my voete. 790 000 tree het hul tol geeis. Die plek gee vir ons sulke snaakse pienk skoentjies om na die tyd aan te trek en Hannalie moet die hele 10 blokke na Monica se woonstel terugstap op hulle, want sy het net toe skoene gebring en wil nie haar nuutgeverfde tone opmors nie. Ai, die prys van vanity! Maar as mens wil mooilyk moet jy uithou.

Ons sit aan vir ‘n heerlike aandete en toe gaan sit ons lekker by die swembad-area van die hotel. Dis eintlik al toe, maar Monica weet net hoe om ons daar in te kry. Daar is ‘n groot gas vuur waarrondom ons kan sit. Dis ‘n pragtige windstil aand en ons sit en kyk oor die hawe van Seattle met ‘n goeie glas rooiwyn in ons hand! Hoe onwerklik is dit!

Laat die aand loop ons rond in Seattle en Monica wys ons al haar gunsteling plekke. By die waterfront op Union Lake staan hierdie pragtige watermeul boot wat plesier-ritte op die meer doen. In die agtergrond is die Seattle Space Needle.


Ek en Hannelie wil ons voete laat doen voor die bootrit en Monica vat ons na haar voete plek toe. Chinese plek en natuurlik baie goedkoper as die res van Seattle se la-di-da plekke. Hulle gee vir ons hierdie pragtige pienk spons skoentjies om na die tyd aan te trek sodat ons eie skoene nie ons tone opmors nie. Viva China Viva. My voete is nou nog mooi!


Die uitsig vanuit Monica se woonstel. Sy bly in die residence gedeelte van die Four Seasons Hotel reg op die voorkant van Seattle Downtown. Dit was heerlik!!


Ons prop die oggend van 3 Junie nog vol aksie voordat ons 13:00 aanboord gaan vir die cruise. Monica wys ons vele plekke in en om Seattle. Monica wys ons hoe sy elke dag by Pike's Place inkopies doen en dit is 'n baie ander ervaring as om dit te sien as 'n toeris. Ons geniet dit gate uit. Hierdie is die vrugte mark waar sy haar vars vrugte en blomme koop.


By die flieks in Amerika kom die popcorn in drie grotes: Massief, belaglik groot en ondoenbaar! Ons het die middelste een tussen ons almal gedeel.


Die winkelsentrum bied masseerstoele vir groot en klein. Vir 1 dollar kan jy 'n paar minute in 'n stoel gepamperlang word. Daar is 'n ry!


Hannalie in die skoenwinkel. Ja, sy het die swartnommertjies gekoop.


Ons bagasie oppad na Monica se woonstel. Gelukkig kan ons drie van ons bagasiestukke by haar los terwyl ons op die boot is.


Monica Simmons. Gasvrou 1000!


Seattle se middestad vanaf Carry Park. Toe ons by die uitkykpunt aankom, is daar 'n hele bus van skoolkinders wat oppad is Prom toe. Hulle gebruik die sonsondergang en uitsig vir hul foto's. Ons het dit baie geniet om hul dop te hou.


Hierdie twee is darem nie oppad Prom toe nie. Wel Star Princess toe more!

Ons het ons verkyk aan die rokke en houdings!


Hoekom almal in een rytjie afgeneem moet word, is nou nog nie vir ons mooi duidelik nie. Kyk die wit pak en baseball cap!


Stadig sussie, jy gaan sy nek breek!

Die 'stretched' hummer wat prom-poppies vervoer.

Een van die interessantste plekke wat ons ook vanoggend besoek, is die Chittenden locks waar die groot bote trappe klim tussen die watervlak van Lake Union en die Puget Sound. (Dit is die seekanaal langs Seattle) Dis ongelooflik om dit te sien. Hulle gebruik swaartekrag en bewegende kanaalmure om die water van een lock na die ander te laat vloei. Die boot vaar in 'n geslote lock in en dan lig of laat sak hulle die water (wat ook al nodig is) totdat die watervlak dieselfde is as die plek waarnatoe die boot verder vaar. Dan maak hulle die lock oop en daar gaan hy.


Langs die locks is die pragtigste tuin. Ek het hierdie geneem vir die botaniste en tuinliefhebbers in my vriendekring. Tannie Sanette, Lizel, Merida en Tannie Jean: Enjoy!





Om 13:00 laai Monica ons af by ons boot! Ons bewe van opgewondenheid.


No comments:

Post a Comment