Wednesday, June 13, 2012

Bear encounters

Ek weet nie wie van julle al 'n beer in lewende lywe gesien het nie? Ek het al. So erg soos wat SA oor leeus is, is hierdie deel van Amerika oor bere. Daar is hoofsaaklik drie soorte bere om voor uit te kyk. Die kleiner swart beer, die groter bruin beer en die massiewe polar (ys) bere. Laasgenoemde kom natuurlik net in Alaska voor en nie waar ons nou is nie. Grizzlies en die Bruin Kodiak beer is onderafdelings van die bruin beer.

Ons soek nou al vir drie weke orals waar ons kom om 'n beer gesien te kry. Gister in die Glacier National Park was seker ons beste kans hier, maar niks!

Die swart beer se naam is uiters verwarrend want hy kan ook bruin of selfs blonde hare he. Hy word tot 500 pond groot en kan tot 7 voet wees as hy op sy agterpote staan. Ons het van hulle in Kanada gesien in die Rockies toe ons daar was in 2004.

Die bruin beer is heelwat groter en kan tot 1000 pond weeg. In Alaska waar hulle volop salmon kan eet, is hulle selfs groter. Die wit polar beer is die grootste en kan tot 2000 pond weeg. Daar is slegs 25 000 oor in die Arktiese Sirkel.  Ek wil vreeslik graag 'n grizzly sien (natuurlik terwyl ek veilig in die motor sit!)

Die feit dat ons nog nie een gesien het nie, beteken nie dat ons nog nie een gesien het nie! As julle verstaan wat ek bedoel. Orals waar jy gaan, is die mense beer-verskrik. Mens sou sweer mens kan hulle hier sien!

Hier is 'n paar van ons 'encounters':

Hierdie pragtige standbeel van 'n grizzly staan voor die regeringsgebou in Juneau Alaska.


Toe ons in Ketchican Alaska afklim, is hierdie een van die eerste winkeltjies wat ons gaan besoek het. Ek wonder hoeveel mense is al voor hierdie beer afgeneem?


'n Boekrak met beertjies op.


'n Warm mus in die vorm van 'n beer gesig.


Hierdie is 'n werklike weerspieeling (deur middel van 'n gipsafbeelding) van 'n bruin beer se poot. Dis massief!


'n Inskrywing op die blou bus waarmee ons Mendellhall Glacier toe is in Juneau.


Selfs klere van beer vel. Dis seker warmder om in 'n bikini te swem wat van beer vel gemaak is.


'n Boom wat soos 'n beer lyk.


Hierdie kennisgewingbord staan in Glacier National Park by Avalanche Creek Camping Ground.


'n Baie mooi standbeeld in Big Fork naby Kalispell.


Hierdie bruin beer staan in ons hotelkamer by die Hampton Inn in Kalispell.


Ek moes vanoggend eers vir hom 'n drukkie gaan gee voor ons weg is.


'n Hout beer by die hotel in Montana.


Ek weet regtig nie wat hierdie een moet wees nie. My Ma se dit lyk soos 'n bruin varkie.


Hierdie beer-poef sal so lekker werk voor die TV.



Ek het vir julle gese hulle is beer-bedinges.


Die dorpe in Amerika het regtig snaakse name. Ons praat vandag daaroor dat ons nooit in SA sulke name sal gee nie. Gister was ons by Hungry Horse, White Fish. Vandag by Big Fork. Ek is bly my adres is nie in Honger Perd nie.

Ons toer nog heerlik. Het vandag ons inkopies afgesluit en die skaal in die gym gaan leen om te sien of my Pa en Ma die tasse sal kan huis toe neem. Jip! Dit kan werk.

Lekker week vir julle. Mag die bere wat oor julle pad kom klein en swart en vriendelik wees.

No comments:

Post a Comment