Wednesday, June 20, 2012

Op berge en in dale!

Vanoggend word ek wakker met Darth Vader wat voor my bed staan. Vir die van julle wat soos ek nie Star Wars te gereeld kyk nie... Darth Vader is een van die hoofkarakters in Star Wars. Moenie sleg voel nie, ek moes ook gou op google gaan kyk hoe mens dit spel. Colin het 'n Darth Vader kostuum en vanoggend is hy Darth homself. Hy weet als van hom af en is erg gefrustreerd met my wat hom nie ken nie en wat nie eers kan se watse karakter in Star Wars ek wil wees nie.

Hy is net opvreetbaar oulik!


Die helmet is nog te groot en die oe sit waar sy neus is. Hy kan nie wag vir Halloween om dit op die buurt uit te probeer nie. Gister vertel hy vir my: I can count to 1000, but not in one day! It is tiring!


Cobus laai my af by die 11:30 ferry en ek vaar terug SF toe. Vandag doen ek downtown San Francisco! As jy ooit bagasie in SF downtown moet los, daar is net een plek en dit is die Visitor Center in Fisherman's Warf. Dit kos 5 dollar per stuk en vandag los ek my rugsak ook. Ek gaan ver stap. Ek is slimmer vandag en loop nie weer die afstand tussen die Ferry Building en Fisherman's Warf nie. Dis net te ver en vandag is warm. Ek ry met die Muni. Dis die Municipal Street Car en kos 2 dollar vir 5 ure se ry so veel soos jy wil. Die vrou by die Visitor Center ken my nou al en ons gesels lekker.

Ek begin by China Town en eet eers sushi vir middagete. Dis heerlik soos altyd. China Town vat my gedagtes baie ver terug en ek geniet dit vreeslik. Daar is iets van alles.



Die hoogste gebou in die SF skyline is die Transamerica Pyramid. Dis een van die eerste geboue wat mens sien van orals af. Dit is gebou in 1972 as die hoofkantoor van die Transamerica Corporation en is steeds op hulle logo. Dit is 260 meter hoog en toe dit gebou is was dit een van die vyf hoogste geboue in die wereld. Nou kom dit seker nie naby die hoogste 1000 nie. Dis net jammer dat die gebou geen publieke toegang het nie en mens kan nie opgaan om die stad te sien nie.


China Town

Aan die onderkant van China Town staan hierdie verwaarloosde gebou. Ek dog vir 'n oomblik ek is op die Kaapse Vlakte.



Ek loop soos my voete my vat met geen plan nie. Hannalie het my gewaarsku dat SF baie op en af is, maar ek het nie geweet dis so erg nie! Maggies straatskantore! Dis berge en dale.

In Washington Square gebruik die mense die son om bietjie te 'tan' voor die kerk. Ons het dit in Central Park in New York ook gesien.


Russian Hill in SF.


Op en af en op en af!


Daar le Alcatraz in die baai. Ons gaan die tronk Sondag besoek. Dan vertel ek meer daarvan.


In die steilste strate parkeer die motors 'side ways'. Dis net te steil. By party het ek gesukkel om selfs afdraend te stap. Dis regtig steil. Ons het 'n Krielstraat in Wellington wat ons moes uitstap na skool in die middag. Krielstraat is steil, maar hierdie in SF is nog veel steiler. Dit voel soos meer as 45 grade. Handrem wegtrekke moet baie moeilik wees!


Dis nie net die mense in SF wat skeef is nie. Hierdie staan bekend as die 'skeefste straat in die wereld'. Duidelik was hulle nog nie in Kayamandi of Smartie Town nie. Maar laat ons nou nie hare kloof nie.


Die bekende Lombard Straat. Ek was daar! My Seattle tone wat ek saam met Hannalie laat opsit het voor ons op die boot geklim het, hou nog!




SF is nog baie bekend vir hulle 'cable cars' wat die steil strate op en af ry. Ek het hulle vandag gery.


Die Golden Gate brug van ver af. Ek gaan dit besoek saam met Matthys, Elizan en Daniel so ek het nog nie soontoe gegaan nie. More gaan ek op die rooi bus ry en sal ons oor die brug ry.


Terug by Fisherman's Warf kry ek al my bagasie en koop 'n 48 uur kaartjie vir die rooi topless busse. More en oormore gaan ek dit doen. Ek stap met my bagasie tot oorkant die straat om die street car terug te vat na die BART stasie. BART is SF se treine. Dit staan vir Bay Area Rapid Transport. Hulle het ook gratis wifi op die treine. Dit kos 8 dollar 10 tot op die lughawe waar ek die gratis shuttle kry na my hotel. Ons wag en wag en wag vir die street car en niks kom nie. Later kom daar 'n ou op 'n pedi taxi (die fiets taxi's) en kom se vir ons daar was 'n brand by Pier 29 en die street cars gaan nie weer vandag ry nie. Hy bied aan om my te trap tot by die BART vir 20 dollar. Ek het dit vlugtig oorweeg, want my tas het twee ekstra bottels wyn in, maar dis darem net te veel geld. Ek stap!

By die brand is al wat 'n uniform eenheid is. Die pad is toe. Die pragtige ou gebou by Pier 29 is halfpad afgebrand.


My bagasie!




Ek is behoorlik OP vanaand en le en TV kyk. Nog net twee slapies dan sien ek vir Elizan. Sy het my nou net per e-pos laat weet dat ons probleme het. Haar seuntjie Daniel het my fotos gesien van die Dragon's Breath en reeds vir almal in sy klas vertel hy gaan dit doen as hy in SF is. Nou soek ons dit! Dringend! As iemand kan help, laat weet asb. Cobus, weet jy of daar so iets in SF ook is?

Groete uit 'n pragtige SF.

1 comment:

  1. Weet nou nie van SF nie, maar die eerste Dragons Breath wat ek en Hans gesien het, het Heston Boementhal gemaak. Hans droom nog daarvan om dit te maak, maar ons kry nie liquid nitrogen nie. Kyk op google, want hy wys om dit te maak. As julle die ln in die hande kry, kan jul dalk self probeer om dit te maak. Hy gee resep en alles. Soek vir sy "The best ... Ever" reeks.

    ReplyDelete