Tuesday, June 12, 2012

Fotos van Alaska

Hier is dit nou! Ek het nou deur al die fotos gewerk en die heel mooistes uitgesoek. Nou is daar 73 in die spesiale album op my rekenaar. Nou gaan ek lukraak vir julle 'n paar hier opsit en die res moet julle kom kyk as ek by die huis is. Dis nie meer lank nie. My sussie, Elna, se drie dogtertjies hou 'n plakkaat by met hoeveel slapies dit nog is voor ek terug is. Volgens hulle is dit nog 19! My toer het te vinnig verbygevlieg. Aan die anderkant voel dit al soos verlede jaar wat ek en Lean in China fietsgery het. Dis ongelooflik hoeveel nuwe goed 'n mens elke week kan beleef. Ek besef steeds elke dag dit is 'n reuse voorreg!

Alaska: Fotos deur H tot die 3de mag: Hans, Hannalie en Hanlie













Die laaste foto hierbo is van die 'outhouse' (toilet) bo op Klondyke in Skagway. Dis 'n gat toilet en die deur kan nie toemaak nie. Ek wil 'n draai loop en vra vir Hannalie om vir my kywie te hou. 'n Paar minute later stap ons toergids Paul by die toilet in en Hannalie sit reeds in die bus. Watse deel van kywie hou sy nie verstaan het nie, weet ek nie! :-) Sy woon al 16 jaar in die VSA en het bietjie vergeet van kywie hou.

Hierdie is maar net 'n paar van die fotos. Daar is vele meer. Mag elkeen van julle die voorreg he om eendag Alaska te toer. Dis definitief die moeite en geld werd.

No comments:

Post a Comment