Sunday, December 7, 2014

Arlington optrede 6 Desember 2014

Vanoggend het ek min woorde. My gemoed is net te vol. Dit voel of my gees net eers wil vashou aan als wat ons gisteraand beleef het voordat ek dit kan deel.


My faceboekinskrywing vanoggend.

Wat ek wel met julle moet deel is Pakamani se storie. Hier is hy:



Hy kom van Soweto in SA en bly al twee jaar in Boston. Hy is n begaafde violis en deel van Sharing a New Song. Hulle bestaan al 30 jaar en gebruik koormusiek om grense af te breek tussen mense. Gisteraand is Pakamani een van twee koorlede wat hul stories met ons deel. Hy vertel dat sy ma ook baie mooi sing en dat sy herinneringe aan sy eerste 7 jaar was dat sy Ma hom saamgeneem het. Dan stap hulle na die sopkombuise in Soweto en sy sing om die wat kos maak en die wat kos kry te bemoedig. Hy het daar besluit dat hy ook musiek wil gebruik om hoop te bring. 

Ek het so n liefde en deernis in my hart ervaar vir die pragtige begaafde kind. Ons dam se eende wat hier in die verte ons naam so hoog hou en hoop versprei, dat ek instinktief opgestaan het en my SA serp om sy nek gaan hang het. Hy het my vasgeklou in n omhelsing of dit sy Ma self is wat voor hom staan. Na die tyd gesels ons kopstukke. En ons besef dat in SA dink ons ons is baie verskillend, maar hier in die verte weet ek en hy oombliklik ons is mekaar se mense! Leef jou droom Pakamani! Gaan groot! Maar kom asb weer terug SA toe. Ons het mense soos jy nodig. 

As ek nou hier se dat dit die beste konsert-uitvoering was waarby ek nog ooit was, sal julle my nie glo nie. Want julle weet ek het 20 jaar op Stellenbosch gebly en vele internasionale en plaaslike kore in die Endler sien kom en gaan. Julle sal ook dink ek is nie objektief nie. Hoe kan ek wees? Maar glo my! Nerens het ek al ooit die passie en kinderlike naiewe rou talent gemeng met afgerondheid en energie gesien soos gisteraand nie. Dis te groot om hier te probeer verduidelik. Ek is uiters dankbaar en trots om n klein aandeel hierin te mag he en om bevoorreg genoeg te wees om dit te kan meemaak. Prys die Here!

No comments:

Post a Comment