Monday, October 3, 2016

Yuncipata met 'n fiets tot by San Sebastian

Om Cuzco vanaf 'n fiets te besigtig is net ongelooflik. Mens beleef alles. Veral die mooi uitsigte, rowwe los downhill op vreemde fietse sonder toe clips, die honde wat jou bestorm as jy deur die klein dorpies trap, hoenders, varke, alpakas, lamas en selfs 'n plaaslike sondagmiddag sokkerwedstryd in San Sebastian. Ons besoek ook oppad die Pumamarka. Dis reunes uit die pre-Inca tyd. Pragtig! Ons fietsgids vir die dag is Elias. Hy ry self saam. Dis regtig lekker om so 'n klein groepie te wees. Ons kan baie vrae vra en leer baie oor hierdie land en sy mense. Môre doen ons die lang verwagte Malaga Pas wat op 4200 meter bo seevlak begin langs n glasier. Daarna gaan ons af in die Sacret Valley om ons stap na Machu Picchu te begin. Ons gids vir hierdie deel is Alfredo en hy het 'n lang briefing met ons gehad. Dit klink ongelooflik. Maar ongelukkig is daar nie wifi nie en sal ek eers weer oor drie dae kan vertel. Geniet elke afdraend in jou eie lewe. Onthou om rond te kyk en baie herinneringe saam met jou te neem vir die toekoms.







No comments:

Post a Comment