Saturday, October 1, 2016

Oppad na Peru vir pret en plesier

En so sit ek en Lean op Johannesburg Internasionaal. Ons SAL vlug is vertraag en ons wag vir inligting. 'n Vurige rooikop het gaan aandring op beter kommunikasie en teruggekom met die nuus dat die personeel staak en daar nie 'n vlieënier en personeel is nie. Die vliegtuig staan verlate aan die anderkant van groot glasvensters en ons sit en wonder wanneer dit in Gauteng gaan reën. 15 jaar terug sou ek nou lankal in die CEO se kantoor gestaan het en aangedring het op diens. Ouderdom bring 'n gelatenheid. Lean lees Lust for Life van Irving Stone en is maar op bladsy 17, so daars genoeg om ons besig te hou. 

Ons is oppad Peru toe via Sao Paulo en Lima. Ons tyd is min op Sao Paulo en as Dudu en haar span nog langer voete sleep, gaan ons ons aansluitings mis. En wraggies hier roep hulle ons en kan ons begin board! Bon voyage!! Hier gaan ons. Macchu Pichu hier kom ons!!!


No comments:

Post a Comment