Monday, October 3, 2016

Tot in Cuzco, Peru

Omdat SAL meer as n uur en 'n kwart laat uit Johannesburg gevlieg het, is ons tyd op Sao Paulo in Brazilie net te kort om gemaklik te wees. Ons besef dit en hardloop soos gesoute Amazing Race deelnemers deur die onbekende lughawe. Ons spanwerk sou Alister Coetzee tot vreugdetrane kon dryf. Ons moet ons bagasie kry (dis net hoe hulle dit hier doen en ons vra nie te veel vrae nie - hoofsaaklik omdat alle antwoorde in Portugees is). Ons hardloop met ons groot en klein tasse na Latam Air om te gaan inboek vir 'n vyf ure vlug na Lima in Peru. Dit is op die Weskus van Suid-Amerika. Die personeel by Latam is nie lam of tam nie en ons vorder goed. Ons storm deur die hekke en is net betyds om heel agter in ons boarding ry in te val. Ons het dit gemaak! Moet nie dat Latam Aur se naam julle flous om aan lam en tam te dink nie. Hulle het ons net beindruk. Ons sit heel agter op bree gemaklike stoele wat amper heeltemal kan terugslaan. So begin 'n vyf uur vlug waarvan ek 4:45 slaap en Lean selfs meer.

Op Lima luggawe het ons baie tyd en poog eers om op 'n vervalde Priority Pass by die VIP lounge in te kom. Natuurlik sonder sukses. Toe drink ons maar 'n earl grey teetjie by Starbucks en val plat op lughawe banke vir nog 'n slapie totdat die tannie oor die lughawe interkom vier keer aankondig dat Lima lughawe geen aankondigings maak nie en jy self by jou hek moet kom. Ons doen dit en bestyg ons vieede vlug vir die dag om vir 75 minute Cuzco toe te vlieg. Cuzco lê in die Andesgebergtes op 3400 meter bo seevlak. Ons is nou 31 uur in transit en hou uit. Die vlig is sonder opwinding en om 05:04 plaaslike tyd (SA monus 7 ure) stryk ons neer op die enigste kort stukkie gelykte vanwaar ons avonture begin.

Cuzco is iets tussen derdewêrelds en ouwêrelds. Moeilik om te beskryf. Die lug is dun, die mense is vriendelik (hoofsaaklik as gevolg van die hoeveelhede coca-tee wat hulle verorber. Ja dit is presies wat julle dink).

Ons kry ons hotel en spring deur die stort en dadelik in die bed. 'n Sagte spierwit kussing en dik matras gaan baie goed af. Later stap ons treetjie vir treetjie deur die dorp om iets te soek om te eet en te akklimatiseer. Pole Pole.






Vir ons eerste fietry ekskursie kry

No comments:

Post a Comment