Tuesday, May 5, 2009

Everest Base Camp 5380m




Op 5 Mei 2009 om 11:15 plaaslike tyd het 18 van ons 19 in die groep Base Camp binnegestoom! Wat 'n belewenis. Ek het regtig nie woorde om dit te beskryf nie. Vandat ek laas geskryf het, het ek 'n ernstige griep opgedoen en my hartklop opgehad na 118 in plaas van 62. Te sleg vir loop. Ons was in Dingboche en moes vir 'n akklimatisasie stap van 4300m tot op 4900m gaan. Ek kon myself net nie die laaste 100m by die berg opkry nie en het omgedraai met een van die sherpas en dadelik in die bed gaan klim met 'n med-lemon. BAIE medisyne later en meer gebed as medikasie, is ek gesond genoeg om vanoggend in Base Camp te kon wees! Prys die Here! Dis 'n ongelooflike gevoel. Daar is 35 ekspidisies wat vanaf 5 Mei 2009 die weer sal dophou en sal poog om op te gaan. Een uit elke vier van die mense wat ek vanoggend ontmoet het, sal dit nie berg-op of berg-af maak nie. En ek bedoel nie hulle sal net omdraai nie, nee, hulle sal met hulle lewe betaal vir die avontuur wat hulle aangepak het. Terwyl ons in Base Camp is hoor ons dat David Tait en 'n paar sherpas die eerste ekspidisie geword het om in 2009 die top van die wereld te haal. Maar daar is ook slegte nuus. Daar is 'n avelanche in die khumbu icefall en drie mense is dood.

Hier is dit soos 'n begraafplaas. Orals is hope klippe gepak vir mense wat hul lewens hier verloor het. My suurstofverbrandingsvermoe is nog op 78%, maar dis werklik moeilik om asem te haal. Shelley moes omdraai vanoggend want haar telling was 50% en Sean wou nie kanse vat nie. Dit was so moeilik om haar te sien omdraai en te groet. Sy wag vir ons by Pheriche. Sy wou so graag saam Base Camp toe gaan.

Die res van ons is fine! Ek het 5 dae laas gebad, maar gaan definitief nou my half liter warm water vir R90 koop om my hare te was en die belangrikste plekkies af te vee. Dit net nadat ek die R45 se Coke gedrink het! Hier is alles peperduur, want alles moet baie ver gedra word. Ons het vanoggend vir Louis Carstens ontmoet. Hy is in die SAse span wat Everest gaan aandurf.

Ek hoop dit gaan goed met elkeen van julle! Ek leef! Ek het gekom, ek het gesien, en ek het oorwin! Dankie vir almal se gebede. Ek twyfel nie vir een oomblik waar my Krag vandaan kom nie.

Baie lief vir julle. Mis julle.

Hanlie

3 comments:

  1. GREAT GREAT!!! PRYS DIE HERE!!
    sjoe Hanlie ek is sommer in trane, mag jy elke sekonde geniet en in die wete wees dat ek aan jou dink en vir jou bid, mag die gesondheid nou hou!!!
    liefde esme

    ReplyDelete
  2. Fantasies!! Baie geluk! Ek sal nou nie sê ek beny jou nie, maar "You Go Girl"! Jy moet ietsie van my en Michelle (sommer 'n klippie met ons name op) daar bo los (nie by die ander stapels nie, asb!!) sodat ander wat gaan kom, dink ons was ook daar!! Sien jou een van die dae en baie sterkte vir die terugvlug van Lukla af! Madeleine

    ReplyDelete
  3. Wow Hanlie, dis groot!! baie groter as wat ek besef het. Dink aan jou en bid vir jou! Dis great om hier te lees, laat mens besef om die lewe voluit te leef!
    liefde-groet uit SA ~Magdel

    ReplyDelete