Saturday, April 26, 2025

Eerste indrukke van Malta

 



Op Dubai-lughawe kry ons die res van ons stapgroep. Nes ek verwag het: goeie lekker mense! Ons vlug land eers op Siprus (‘n eerste vir my). Daar vertoef ons 90 min en gesels met ons lugwaardin wat van Malta af kom. Sy moet die Maltese aankondiging in die vliegtuig lees oor die luidspreker, maar sê sy sukkel want Maltees bestaan eintlik nie meer nie. Of is sy nou soos Charlize Theron? Haar aanbeveling is om haas te eet en al wat seekos is. So gesê, so gemaak. 




My kamermaat vir die staptoer is Ronel van Tonder. Sy is van Reitz.  Ek het gevra Mamma, dis nie familie van ons Van Tonders nie. Maar sy trek op Lizelle, so dalk. ‘n Pragtige kind van die Here uit ‘n groot gelukkige gesin. Wat meer kan mens vra? Ons kliek soos kerrie en rys. 






My henna kunswerk uit Dubai het nou mooi gesettle. Ek skrik nog elke keer as ek afkyk. 

Malta Internasionale lughawe. Malta bestaan uit drie eilande. Malta, Gozo en Comino. Ons staptoer begin in Gozo. Ons slaap drie nagte in die Calypso Hotel in Malferform. Daarna skuif ons Valletta toe. Dit is die hoofstad (grootste bedrywigheid) in Malta. 


Die ferrie vat ons tussen die eilande. Ons bus ry tot in die ferrie se maag en ons klim tot op die dek. Kry tot ‘n bier vir die fantastiese prys van net R120 elk. Smaak vorentoe!







Die Paulus kerk in Malferforn. Ek en Ronel hoor die klokke lui gisteraand en gaan kyk en woon ‘n stukkie by van die Pous se begrafnis. 









No comments:

Post a Comment