Nee, kyk hier julle! Die Arabiere speel nie as dit by ‘n woestyn kom nie. Die Desert Safari wat ons vanmiddag en vanaand beleef het, was puik!
14:30 was opteltyd by ons hotel. Inan is ons gids. Hy is 34 jaar oud en verjaar vandag. Ons sing vir hom in Afrikaans. Ons ry noordwes van Dubai die woestyn in. 7000 voertuie per dag. Ja, die nulle is reg! En tog voel dit nie oorvol of ingedruk nie. Elke maatskappy het hul eie stukkie sand. Ons ry eers pypkar (die ander 4) en quadbike (ek) en sit dan af vir dune bashing (hoofsaaklik Inan). Dis rof! Ek het net my veiligheidsgordel vaster getrek, my linkerhand om die ekstra staalversterking binne gesit, my regterhand om die handvatsel uit die dak, my oë toegemaak en gebid. Alles het goedgegaan totdat daar sand tot halfpad teen my venster is en die regter agter band se rubber die spoor byster raak en van die rim afklim. En daar staan ons. Inan het dit goed en kalm hanteer. ‘n Ander voertuig het kom help en so 15 min later was ons weer al springende oor die sand. Toyota Land Cruiser. Krag galore! Jinne! Dit was ‘n ondervinding!
Toe sit ons af na hulle kamp waar ‘n buffet tradisionele ete, sterre kyk deur teleskope, vuurdansers, henna kunswerke en so baie meer op ons wag. Ek het vir die eerste keer in my lewe Jupiter en vier van sy mane gesien deur die teleskoop.
n Ander wêreld 🤗
ReplyDelete