Bo in die hoogste gebou in die wêreld!
Ek weet nie eers waar om te begin nie! Dubai is iets heel anders. Amper ‘n mengsel van Hong Kong, Singapore en bietjie Las Vegas. Jinne, dis aangrypend! Ons het meer as 25 000 treë gestap in 18 ure en vandat ons 05:50 in Dubai geland het, was ons twee ure later op die 124ste vloer van die Burj Kalifa. Die hoogste gebou in die wêreld.
Ons besoek die Dubai Mall, verkyk ons aan die tekstiel, goud en speserye markte. Vang ‘n middagslapie en sit af Dubai Marina toe vir aandete en ‘n seiljagvaart. Wat ‘n voorreg!
Dis asof die argitekte hier nie kan wag om te beindruk nie.
Dubai is hoofsaaklik alkohol vry (en daarom silwerskoon), maar vanaand klink ons ‘n glasie Marakesh oh Marakesh met Pistachio Whiskey. Heerlik!
Dubai is werklik die rykmense se agterplaas.
Hierdie stukkie strand is reg langs een van die bekende palm-uitbreiding van Dubai. Met ons voete in die Persiese Golf.
My voete in die Arabiese Gholf.
Ons bly in die LEVA Hotel.
Burj Kalifa in agtergrond.
Nou ja toe. Laat ek hardloop. Daars nuwe plekke om te sien!
Wow wat n voorreg pragtige plek
ReplyDelete