Friday, May 2, 2025

Swem in die Mediterreënse See in kobalt blou water

 



Vandag was fantasties! Ons vaar met ‘n seiljag na Comino Eiland se Blue Lagoon en Crystal Pool en snorkel, swem en hang in die water rond. Wat ‘n voorreg! 

Comino eiland het sy naam gekry omdat die spesery Cumin baie algemeen groei op die eiland. 

Dankie vir almal wat saamgetoer het. Ek deel nog ‘n paar van my gunsteling fotos. Ons vlieg vanmiddag terug via Dubai met weer ‘n stop in Siprus.



Pastinni is ‘n baie gewilde pasteitjie in Malta. Gevul met Ricotta kaas of fyn ertjies. Ons het dit by ontbyt gekry in die hotelle. 





Malta is aan te bevele!!

No comments:

Post a Comment