Vandag ry ek die rooi bus en kry die groep net voor 14:00 in Mosta. Ek sien so baie stunning goed. Sal probeer vertel, maar laat ek by gisteraand se Turkse ete begin.
Ek stap niksvermoedend 18:00 se kant (spanvergadering was eers 20:00) by ‘n klein restaurantjie verby en sien een oop tafel. Ek sit en die vriendelike familiesjef kan duidelik sien ek is ver uit my gemaksone van gewone kos van ‘n spyskaart af bestel en kom sit hand by. Altyd opwindend as jy nie een gereg al ooit voorheen geëet het nie.
Ek bestel ‘n lamsvleisgereg vir 16 euro en skrik my morsdood oor wat alles by die tafel opdaag!
Die brood lyk soos ‘n ballon en is heeltemal hol aan die binnekant. Die lamsvleis kom met 5 bygeregte! Was heerlik. Ek het net halfpad gekom. Vanaand gaan drie vriendinne in die groep saam en sal ons deel en minder los. Die sjef het drie keer gevra of ek seker is ek het dit geniet, want hoekom eet ek dit nie op nie.
Die MSC Europa lê in Valletta Waterfront. Malta se hoofstad.
Mosta se Parish is in 1833 begin bou en voltooi in 1860. Werklik indrukwekkend!
Vanmiddag se medetereense slaai. Natuurlik met ‘n suurlemoen cisk.
Die interessantste gesig vandag was Mdina. Dit is ‘n geskiedkundige stad met mure omring. Tot 500 jaar gelede was dit die hoofstad van Malta, maar het toe in onbruik verval en heeltemal verwaarloos geraak toe die Knights in 1530 eerder ‘n kusdorp as hoofdorp wou gebruik. Nou is dit opgeknap (sedert 18:00’s meer en meer gebruik) en ‘n toeriste attraksie. Daar bly 250 mense in Mdina.
Die hoofingang.
Daar word VERSKIKLIK gebou op die eiland. Ek het meer van Gozo gehou.
Elke dorpsgedeelte het hul eie kerk. Ek lees vandag dat daar 359 kerke in Malta is. Van hulle is 46 in Gozo. Ek het die eerste keer van Malta gehoor in die Bybel met Paulus se 3de sendingreis. Gelukkig nog nie soos hy ‘n slang hier teëgekom nie.
Vanaand is dit die finaal van die Internasionale Vuurwerkvertoning Kompetisie in Valletta. Ons gaan kyk hoeveel ons daarvan van hierdie kant (Sliema) af gesien kan kry. Dit begin 21:00.