Friday, November 27, 2009

As ek hulle weer moes kies...



Daar is nie baie van my vriende wat mal is oor hulle familie nie. Hulle sal eerder grond eet as om 'n naweek saam met familie te kuier...

My familie is anders... Ons "like" mekaar kwaai. Natuurlik is te veel van 'n goeie ding nooit goed nie en dis juis hoe ons resep werk. Ons hou ons genoeg uit mekaar se sake om mekaar se geselskap ten volle te geniet as ons saam kuier.

Verlede naweek was dit weer so. My Pa het by Goudini Spa (met moeite) vir ons ingekry met tente en ons het die beste staanplekke in Goudini gehad. Ek hou maar die nommers geheim, sodat dit weer beskikbaar sal wees in die toekoms. Ons was almal daar behalwe Christa en haar familie in Pretoria en Braam wat 'n begrafnis van sy Ouma bygewoon het in Kimberley.

Daar is baie om te doen in Goudini en ons het hoofsaaklik tussen die verskillende swembaddens roteer. Die kinders het dit veral gate uit geniet. Handre en Lounet was braaf genoeg vir die water-wurm en die res het die koudste warm bad die meeste geniet. Veral die wat "goggles" het. Melindie het leer spring van die rand af en ons moes net keer want sy is baie braaf en onverskrokke. Die drie H's het die berg geklim na die Goudini Spa letters toe. Dis nou Hans, Handre en Hanlie. Ons het mooi voels, 'n bokkie en 'n skilpad gesien.

As ons saam kamp is elkeen verantwoordelik vir een ete vir die naweek en dit werk baie goed. Pa en Ma het afgeskop Vrydagaand met 'n pastapot uit die boonste rakke, met Elna en Santie wat Saterdag se etes verskaf het. Die middag met heerlike kouevleis broodjies en slaai en die aand met braaivleis en slaaie. Ek en Corne het Sondag se brunch gemaak.

Ek is lief vir my familie en as ek hulle weer moet kies, kies ek hulle enige dag! Die beste!

2 comments:

  1. Dis ‘n wonderlike verhaal en jy is inderdaad bevoorregd.

    Ons Pa is in 1897 gebore en ek was die tweede seun van drie. Jy kan ons almal in hierdie Webwerf sien.

    http://ikejakson.wordpress.com/2012/05/03/three-of-a-kind/

    Oktober 2001 to Mei 2010 was die beste jare van my lewe toe ek teruggekom het van Transvaal af en vir die eerse jaar in ons volwasse lewens vir al drie ons verjaardae saamgekom het en omtrent elke twee maande vir ‘n paar dae kon gesels en inhaal maar toe is Ouboet in Augustus 2009 oor die rivier en een dag kort van nege maande later is Boetie skielik heen. Maar ons twee het agt jaar van vreugde gehad en die kinder kaalvoetspore teruggeloop na ons jeugtye; ek mis him nog elke dag. Ouboet was ‘n reus in gestalte en formaat [dis nie asof hy weg is nie] maar Boetie was die een met die liefde en die glimlag.

    Ek het die ander artikel in Fin24 vir my Pa geskryf maar die Redakteur het die boodskap in my opskrif gemis en is ‘n stukkie van my bedoeling weggelaat; met drie geslagte was my bedoeling op Pa se geslag, ons [sy] kinders, en dan ons kinders wat nou almal volwasse is [synde ongeveer 40 en bietjie ouer of net jonger.

    http://www.fin24.com/Special-Reports/Heritage-Month/Three-generations-to-build-a-heritage-20120918

    Ousus Ellie van Bloemfontein [sy is nou Bartheil en was eerste weduwee] sal die boodskap dra as ek oor die rivier gaan. Haar dierbare man [amper ‘n vierde broer] se mense was almal uit Wellington kontrei.

    Skuus dat ek afgedwaal het maar dis jou skuld; jy het die goete van ouds laat herleef. Dankie daarvoor. Geniet hulle terwyl en vir solank jy kan.

    ReplyDelete
  2. Na 5 jaar in die huwelik met my man met 2 kinders, het my man vreemd begin optree en met ander dames uitgegaan en my koue liefde getoon. By verskeie geleenthede dreig hy om van my te skei as ek hom durf ondervra oor sy verhouding met ander dames, ek was heeltemal verwoes en verward totdat 'n ou vriend van my my vertel het van 'n spelmeester op die internet genaamd Dr.Wealthy wat mense met verhoudings- en huweliksprobleme help deur die magte van liefdesspreuke, ek het aanvanklik getwyfel of so iets ooit bestaan, maar besluit het om dit te probeer, toe ek kontak met hom het, het hy my gehelp om 'n liefde te speel, en binne 48 uur het my man na my toe teruggekeer en om verskoning gevra. Nou het hy opgehou om saam met ander dames en sy vrouens saam met my te gaan . Kontak hierdie wonderlike liefdesverwyderaar vir u verhoudings- of huweliksprobleem wat vandag opgelos kan word via: wealthylovespell@gmail.com of direk WhatsApp: +2348105150446.

    ReplyDelete