Friday, February 27, 2009

Besig met voorbereiding vir Everest Basecamp



Op 23 April 2009 gaan ek saam met 16 ander vreemde mense Khatmandu toe in Nepal om Everest Basecamp toe te klim. Ek gaan saam met Sean Wisedale. Hy is die eerste Suid Afrikaner wat al sewe hoogste pieke op die sewe kontinente kon klim. Ek ken niemand in die groep nie, maar dit maak my eerder opgewonde as bekommerd. Ek het nog altyd maklik met nuwe mense om gegaan. Op die oomblik lees ek alles wat ek in die hande kan kry oor Nepal en die Everest Berge. Ek soek goeie "bargains" vir al die klere en toerusting wat nodig is en pas my geleende donsbaadjie aan in 40 grade celsuis in Stellenbosch! Ek kan amper nie glo dat ek iewers binnekort koud genoeg sal kry om hierdie en veel ander lae klere aan te trek nie.

Vir oefening klim ek drie keer per week Botmaskop in Stellenbosch saam met vriende en loop oor naweke 'n langer ent. More-aand wil ek en 'n pel weer Botmaskop uit.


Verlede naweek het ek saam met die Bergklub in Stellenbosch (Teuns Kok as leier) en nege wonderlike en interessante mense gaan disas soek in Jonkershoekberge. Ons is die Panorama roete uit en het afgedraai Victoria Peak toe. Teuns ken die berg baie goed en ons het "bundu bashing" gedoen in 'n rivierloop af en die mooiste en meeste disa's gesien wat ek nog ooit in my hele lewe aanskou het. Daar was aangrypende koningsprotea's ook op die spyskaart. Dit was 'n fees.

No comments:

Post a Comment