Friday, February 27, 2009

Amper reg vir die Argus

Hierdie is my 13de jaar wat ek die Argus gaan ry. Wat begin het as 'n "dare' tussen pelle het 'n instelling geword. Ek het al twaalf keer op my eie nommer gery met my beste tyd van 3:39 met 'n bergfiets. maar toe was ek baie fikser as nou. Hierdie jaar gaan ek gelukkige 13 doen. En as dit my meer as 5 ure vat, is dit ook goed. Ek gaan die pad geniet en veral Chapman's Peak. Dis 'n voorreg om hierdie pragtige roete saam met 40 000 mede-fietsryers met 'n fiets te kan ry. Ek het vandag, as deel van my werk, met 76 fisiese gestremdes gesels. Ek was opnuut dankbaar dat ek gesond is en kan fietsry. Dit het my laat dink aan die spreekwoord: "Ek het gehuil omdat ek nie skoene het nie, toe sien ek iemand wat nie voete het nie." Ek sal volgende Sondag op my fiets sit en net wanneer ek wil begin kla (gewoonlik nog lank voor Smitswinkel) sal ek onthou van die 76 mense wat alles sou gee om nou hier te kan sit. En ek sal glimlag en my gate uit geniet! Vir elkeen wat gaan saamry... geniet elke oomblik.

No comments:

Post a Comment