Tuesday, July 1, 2014

Eerste ordentlike wifi in Rusland

Hallo julle!

Julle dink seker al ons het nooit in Rusland aangekom nie! Maar ons het. En wat n fees is dit nie? Ons voete raak nie grond nie. Letterlik natuurlik omdat ons op n boot vaar, maar ook figuurlik omdat ons nog elke oomblik van elke dag besig was om nuwe horisonne te ontgin. Rusland is vir my splinternuut. En heel anders as wat ek myself voorgestel het. Omdat hulle ook deel is van die BRICS saam met Indie en China het ek half n kombinasie daarvan verwag. Maar moenie jouself flous nie.
Rutland is 'n groot verrassing. Dis lekker om hier saam met n groep te toer, want ons sal baie lank vat om oor die weg te kom met die russies. My Pa is al baie goed met die taal. Deels omdat hy die russiese alfabet opgeswot het voor die tyd en deels omdat hy uitstekend is met tale en grieks en hebreeuse agtergrond het.

Gister was ons eerste vol dag in St Petersburg. En het ons nie baie goed gesien nie! Van St Catherines Palace tot die paleis van Peter the Great. Gistermiddag het hulle ons ure rondgery in n luukse bus en al die besienswaardighede gewys. Vandag was ons by die Hermitage. Julle! Wat sal ek se? Ongelooflik! Meer as drie miljoen besienswaardighede wat deur die Russiese Staat by die tjars en emporers afgevat is tydens die soviet regering en bewaar word vir die publiek. Ons het ure en ure net gestap en als gekyk. My mond het letterlik oopgehang. Ek tik nou op 'n mede toeris se ipad, want my foon wil nie wifi opvang hier nie. Ek weet ook nie hoeveel wifi ons sal he as ons vanaand uitvaar nie. Hier gaan die son eers half twaalf onder en kom half vyf op!

Ek moet nou eers fancy gaan aantrek vir die kapteinsverwelkomingsete. Ek skryf later weer. Sodra ek kan, maar ek belowe ek hou boek en sal dit opsit sodra ek kan. Goeie vakansie vir almal.

Baie liefde

Hanlie

1 comment:

  1. Geniet dit! Dis grappig om van Peter die Grote en die ander in "het Engels" te hoor, want ek was gewoond om dit in "Het Nederlands" te hoor van die Russe wat ons in Holland geken het.
    Ek moes wonder wat sal alles in 'n museum kom staan as byvoorbeeld (vul baie lande in) die goed van hul rykste heersers en presidente sou afvat en vir die volk uitstal, wie se belasting tog daarvoor betaal het...

    ReplyDelete